Welkom! Begin hier.

Kyk wat hierdie blog “Bybelverskille” jou bied, en hoe jy dit kan gebruik. Ek konsentreer op die NT maar hanteer ook enkele OT verskille, en bly by die 1933/53 Ou Afrikaanse Vertaling teenoor die 1983 Nuwe Vertaling met enkele verwysings na die “Bybel vir Almal”, die NLV en die verwagte “Nuwe Kerkbybel” van 2016. Aflaaibare pdf’s van laasgenoemde is beskikbaar by: http://www.nuwekerkbybel.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=48&Itemid=55

Continue reading

Posted in Uncategorized | 1 Comment

81 Tekens van die Tye, “Hy” of “dit”?

Tekens van die Tye.
In Markus 13:29 het ons ‘n interessante geval waar die Grieks op twee maniere vertaal kan word. Die geslag van die onderwerp van ‘n sin word in die derde persoon enkelvoud werkwoord-vorm nie aangedui nie. Indien daar meer as een onderwerp vir die betrokke werkwoord moontlik is, moet die Bybelvertaler kies wat die onderwerp van die betrokke werkwoord sou wees. In hierdie vers kan die onderwerp òf die vernietiging van die Tempel wees, òf die wederkoms van Jesus. Dit is wat ons vandag ondersoek. Continue reading

Posted in Betroubaarheid van Teks, Dinamies Ekwivalente Vertaling, Hantering van Verskille, Konteks, Verstaanbaarheid van Vertalings | 1 Comment

80 Genade uit Lukas uitvertaal?

Genade uit Lukas uitvertaal?

In Lukas 9:53-56 vind ons ‘n insident waar dit lyk of die moderne vertalings die genade uit die Bybel uitvertaal het. Wanneer hierdie weergawe egter so algemeen in moderne vertalings voorkom, noodsaak dit ons om deeglik ondersoek in te stel na die redes daarvoor.

Die gedeeltes in donker gedruk kom nie in moderne vertalings voor nie.

1933/53 Ou Afirikaanse Vertaling: “En hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem op reis was. En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het? Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ‘n ander dorp vertrek.” Continue reading

Posted in Betroubaarheid van Teks, Interne Maatstawwe (Gegewens), Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Kerkvaders | Leave a comment

79 Ontmoeting oppad, Mat. 28:9

Ontmoeting oppad, Mat. 28:9

Wanneer mens hoor van hoeveel verskille daar tussen die ouer vertalings en die nuwer vertalings bestaan, kan dit mens ontstel. Wanneer iemand daarop wys dat soveel woorde in die nuwer vertalings weggelaat is, en dit dan gekoppel word aan een of ander gnostiese komplot teen die Christendom, kan die nuwer vertalings asook die vertalers self maklik onder verdenking kom. Dis eers wanneer ons die werklike feite eerlik ondersoek, dat ons die saak objektief kan beoordeel. Dan vind ons dat heelwat van die verskille ‘n logiese verklaring het, en in werklikheid niks seggende verskille verteenwoordig. So kan ons die onnodige angel uit die redenasie haal. Een so ‘n geval is Mat.28:9 waar dertien woorde (in donker gedruk) uitgelaat is. (Let op die getal 13!) Continue reading

Posted in Antieke Vertalings, Diatessaron, Dittografie, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Maatstawwe (Gegewens), Oorspronklike Outografie, Verskille: Geheue | Leave a comment

78 Ons oudste getuienis van die Nuwe Testament, Papirus 52

 Rylands Library Papyrus P52
  • Tim Challies
  • 03/21/13
  • 7

Ek plaas hierdie uitstekende artikel oor die oudste getuienis van die Nuwe Testament, Papirus 52 vanaf Tim Challies se blog (www.challies.com )

Nie alleen gee hy ‘n uitstekende beskrywing van hierdie fragment nie, maar ook ‘n duidelike beskrywing van hoe sommige variasies in manuskripte kon ontstaan.

In this series we are tracing the history of Christianity in 25 objects, 25 relics of the past that survive today. Having visited the Vatican Museum to look at Augustus of Prima Porta, we travel now to England, to the University of Manchester, to peer at a tiny fragment of papyrus. Carefully encased within a climate-controlled cabinet in the John Rylands Library is Rylands Library Papyrus P52, the St. John’s fragment. Continue reading

Posted in Ontstaan van NT, Oorspronklike Outografie, Papirus | Leave a comment

77 Klere verdeel, Mat.27:35

Klere verdeel Mat. 27:35

In Psalm 22:19 lees ons: “Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.” (OAV) Hierdie vers word vervul wanneer die soldate die lot werp oor wie Jesus se onderkleed sou ontvang, want dit was in een stuk geweef, en hulle wou dit nie skeur nie. Die King James Version en die Ou Afrikaanse Vertaling verwys na die vervulling van hierdie vers in Matteus 27:35.

1933/53 OAV: ”En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.”

Moderne vertalings soos die New International Version en die 1983 Nuwe Afrikaanse Vertaling laat dit egter uit: “Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot.”

Waarom sou moderne vertalings hierdie uiters belangrike verwysing uit Matteus weglaat? Beteken dit dat die moderne vertalings die vervulling van Psalm 22:19 ontken? Continue reading

Posted in Meerderheidsteks, Textus Receptus | Leave a comment

76 Nuwe Nuwe Testament?

Ek het van hierdie skokkende nuwe publikasie kennis geneem op Prof. Dan Wallace se blog. Ek plaas sy kommentaar daarop hieronder.

A New New Testament: Are You Serious?

Just released from the giant publishing firm, Houghton Miflin Harcourt: A New New Testament: A Bible for the 21st Century Combining Traditional and Newly Discovered Texts, edited by Hal Taussig.

The advertisement from HMH distributed widely via email last week was not shy in its claims for the 600-page volume. The subject line read, “It is time for a new New Testament.” In the email blast are strong endorsements by Marcus Borg, Karen King, and Barbara Brown Taylor. Borg and King, like Taussig, were members of the Jesus Seminar (a group headed up by the late Robert W. Funk, which determined which words and deeds of Jesus recorded in the Gospels were authentic). King and Taylor are on the Council for A New New Testament. All of them share a viewpoint which seems to be decidedly outside that of the historic Christian faith, regardless of whether it is Catholic, Orthodox, or Protestant. Continue reading

Posted in Apokriewe, Inspirasie deur Heilige Gees, Kanon | 1 Comment

75. Agape- of fileo-liefde Joh.21:15-17

Agape-liefde. Joh. 21:15-17

Is ‘n sinoniem ‘n sinoniem?

Dit is die vraag waarmee die Bybelvertaler gekonfronteer word wanneer hy Johannes 21:15-17 moet vertaal. Johannes gebruik twee woorde “agape” en “fileo” in hierdie intieme gesprek tussen Jesus en Petrus.

Die woord “agape” word normaalweg gebruik om opofferende of verbintenis-liefde mee aan te dui. Dit lê myns insiens meer op ‘n geestelike vlak en kan in ‘n oomblik ontstaan as gevolg van ‘n diep oortuiging. Dit veronderstel ‘n verbintenis wat selfs die hoogste offer sal bied. (Joh. 3:16)

“Fileo” het myns insiens meer te doen met ‘n vriendskap-liefde, iets meer op ‘n psigologiese vlak; iets wat oor tyd deur interaksie in ‘n voortgaande verhouding onstaan en ontwikkel. Dit is ‘n liefde wat so diep kan ontwikkel dat iemand sy lewe vir sy vriend sal gee.(Joh. 3:37, 1 Joh. 3:16, Rom. 5:7-8)

Na my opinie is die een nie “beter” of op ‘n hoër vlak as die ander nie, maar fokus op ‘n ander aspek van die liefde. Continue reading

Posted in Betroubaarheid van Teks, Evaluering: maatstawwe, Konteks | 2 Comments

74. Verkeerd hoor Op.1:5

Verkeerd hoor, Op 1;5

250px-Papyrus_18_POxy1079Het jy al verkeerd gehoor?
Gestel jy moet vertaal en een kopie sê: “Jan was vir die ou digter ‘n ware seën.” en die ander: “Jan was vir die die ou digter ‘n ware seun.” Hoe sou jy besluit? Albei maak sin, maar albei kan tog nie reg wees nie! Kan jy glo dat in ‘n enkele vers in Openbaring, nie minder as drie variasies voorkom wat waarskynlik ontstaan het as gevolg van verkeerd hoor? En al drie maak sin!

Papirus Nr.18 (±220 n.C.) met “verlos” in vs.5. Fotokrediet, Wikipedia.
Wanneer ‘n groot aantal kopieë bestel is, is so ‘n opdrag in ‘n skriptorium of kopieersentrum uitgevoer. Konstantyn die Grote het ongeveer 331 n.C. ‘n bestelling by Eusebius van Sisarea geplaas vir “vyftig perkament kodekse van hoë gehalte” vir sy nuutgestigte gemeentes. In ‘n skriptorium het die voorleser gelees terwyl ‘n hele aantal kopieerders dit neergeskryf het. Woorde wat dieselfde klink, kon maklik verwar word en so kon ‘n variasie ontstaan wat soms moeilik uitkenbaar is, veral wanneer albei sin maak.
Dit is die logiese verklaring vir die drie variasies wat in Openbaring 1:5 in manuskripte voorkom. Continue reading

Posted in Antieke Vertalings, Hantering van Verskille, Interne Maatstawwe (Gegewens), Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Oorspronklike Outografie, Textus Receptus, United Bible Societies Teks, Verskille: Gehoor | 1 Comment

73 Genade of Geloof? Hand 6:8.

Hand 6;8. Genade of Geloof?

In Hand. 6-7 word die martelaarskap van Stefanus vertel. Vers vyf waar gemeld word dat Stefanus as diaken gekies is, sê dat hy “…’n man vol van geloof en van die Heilige Gees…” was. In vers agt verskil die ouer vertalings egter van die moderne vertalings.
1933/53 Ou Afrikaanse Vertaling: “En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.”
1983 Nuwe Afrikaanse Vertaling: “Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.” Continue reading

Posted in Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Maatstawwe (Gegewens), Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Verskille: Geheue | Leave a comment

72 Die “doding” van Jesus

Die “doding” van Jesus. 2Kor4;10

Op die plaas is daar boorde en saailande. Die een word elke jaar gesnoei, bemes en die oes afgehaal; Die ander word elke jaar omgeploeg gesaai bemes en die oes afgehaal. Die boord lewer elke jaar sy oes as ‘n voortgaande proses, die saailand lewer elke jaar sy oes as ‘n proses wat  van vooraf begin het. Maar albei het deurlopend aandag nodig om sy jaarlikse oes te lewer. Dit is vir my ‘n beeld om te verduidelik waarmee ons te doen het met moontlike vertaling van die woord “nekrōsin” (dood) in 2Kor. 4:10. Continue reading

Posted in Dinamies Ekwivalente Vertaling, Direkte Vertaling, Verstaanbaarheid van Vertalings, Vertalings Uitdagings | 2 Comments