Welkom! Begin hier.

Kyk wat hierdie blog “Bybelverskille” jou bied, en hoe jy dit kan gebruik. Ek konsentreer op die NT maar hanteer ook enkele OT verskille soos Ps. 7:13. Ek fokus op die 1933/53 Ou Afrikaanse Vertaling teenoor die 1983 Nuwe Vertaling met enkele verwysings na die “Bybel vir Almal”, die NLV en die verwagte “Die Bybel, ‘n Direkte Vertaling”. Aflaaibare pdf’s van laasgenoemde is beskikbaar by: http://www.nuwekerkbybel.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=48&Itemid=55

Continue reading

Posted in Uncategorized | 3 Comments

114 Het Jesus gesê dat Hy in die “dinge” of in die “huis” van sy Vader moes wees?

In Lukas 2:49 het ons ‘n baie interessante situasie. Die verskillende vertalings maak dit duidelik dat hier twee verskillende vertalingsmoontlikhede is. “Het u nie geweet dat ek in die dinge van my Vader moet wees nie?” of: “het julle nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?” In hierdie geval is daar geen verskil in die Griekse brontekste wat gebruik word nie. Om die waarheid te sê, dit waarmee Jesus sê dat Hy Hom mee moes besighou, ontbreek totaal in die Grieks! Dit bestaan net doodeenvoudig nie.

Ons let eers op na die wyse waarop die verskillende vertalings dit hanteer het. Continue reading

Posted in Direkte Vertaling, Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Konteks | Leave a comment

113 “Volgens die orde van Melgisédek” uit Hebreërs 7:21 uitgelaat.

Waarom is “Volgens die orde van Melgisédek” uitgelaat?

In die ou Afrikaanse vertaling vind ons in Hebreërs sewe vers een en twintig ‘n belangrike aanduiding dat Jesus ‘n priester geword het “volgens die orde van Melgisédek”. Die meeste moderne vertalings laat egter hierdie aanduiding uit. Wat sou die rede daarvoor wees? In die 1933/53 – Vertaling lees ons: “…maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.” Continue reading

Posted in Eerste Gedrukte Griekse NT, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Evaluering: maatstawwe, Harmoniëring, Interne Maatstawwe (Gegewens), Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Konteks | Leave a comment

112. My liggaam oorgee om verbrand te word, of om oor te roem? (1Kor.13:3)

‘n Bybelvers wat uit my kinderjare my gefasineer het, was 1 Korintiërs 13:3. Die voorafgaande twee verse noem duidelik hoë mylpale wat in die geloofslewe bereik kon word. Om ‘n engeletaal te kan praat, of te profeteer, of kennis en geloof te besit – dit is alles wat op geestelike groei kon dui. Ook selfs om van jou besittings afstand te doen ter wille van minder bevoorregtes. Maar watter geestelike hoogtepunt sou dit nou wees om jou liggaam te laat verbrand? Ek kon geen sin daarin sien nie – of dit nou met liefde sou wees, of daar sonder! En in my geesteoog het ek gewonder of daar mense was wat in Paulus se tyd vorentoe sou tree, en dan sou aankondig: “hier is ek; julle kan my maar verbrand!” Om wat te bereik? Dit maak net nie sin nie!
En toe kom die 1983 – vertaling en ek het die vraag opsy gesit. Want iemand kon tog wel eie roem probeer verwerf deur jou liggaam, dus jou lewe oor te gee as getuienis. Maar met hierdie studie is die vers weer op die tafel. Continue reading

Posted in Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Intrinsieke maatstawwe (kriteria), Konteks, United Bible Societies Teks | Leave a comment

111. Moet ons ons van moeilike mense onttrek? 1Tim. 6:5

Volgens die 1933 – Vertaling (OAV) van die Bybel gee Paulus die direkte raad aan Timoteus om hom van moeilike mense te onttrek. (1Tim. 6:5) Die moderne vertalings laat hierdie opdrag egter uit. Waarom sou dit wees?

OAV 1Tim. 6:3-5:” As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.” Continue reading

Posted in Konteks, Verskille: Beoordelingsfoute | Leave a comment

110. Waarom word “deur die bloed” uit Kolossense 1:14 uitgelaat?

Kolossense 1:14 Harmoniëring met Ef. 1:7

In Kolossense 1:14 word “…deur sy bloed…” nie in moderne vertalings aangetref nie. Wat sou die rede wees dat hierdie spesifieke verwysing uitgelaat word?

1933 Ou Afrikaanse Vertaling: “…in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.”

Nuwe Lewende Vertaling en 1983 – Vertaling: “Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergifnis van ons sondes.”

Afrikaanse Standaard Vertaling en Bybel, ‘n Direkte Vertaling: “…deur wie ons bevryding, die vergifnis van ons sondes ontvang het.”

Die woorde “…deur sy bloed” word die eerste keer in ‘n Griekse Manuskrip (Ms.1912) van ±950 n.C. aangetref, en dan weer in Ms.35 van ±1050 n.C. Van daar af kom dit in die meeste Griekse minuskule manuskripte voor. Continue reading

Posted in Antieke Vertalings, Eerste Gedrukte Griekse NT, Harmoniëring, Inspirasie deur Heilige Gees | 1 Comment

109 Andreas in die Evangelie van Johannes

Ek was baie geseënd met die lees van hierdie plasing op Phillip Lang se blog “Reading Acts” (http://readingacts.wordpress.com/)

Daarom plaas ek dit hier en bid dat dit ook vir my lesers van

geestelike seën sal wees.

The Gospel of John and the “Other Disciples” – Andrew

December 2, 2014 in Gospels | Tags: AndrewApostle Andrew

 

We know far less about Andrew than Peter, James and John, although he is often listed along with these three in the gospels.  Andrew and Peter were brothers, as were James and John, working in the same fishing village in Galilee when they are called to be followers of Jesus.  But all four seem to have been looking for the coming of the Messiah, as we see from reading John 1.

When John the Baptist was still baptizing in the Jordan, Andrew is following him.  They encounter the Lord and John the Baptist announce that Jesus is the Messiah.  In John’s gospel, this is the third day, usually significant in the Bible!  The witness of John starts a “chain reaction” as Jesus is followed by Andrew and another disciple of John the Baptist (1:35-39). Continue reading

Posted in Konteks | Leave a comment

108 Die hewige stryery tussen die Fariseërs en die Sadduseërs. Hand 23:9

In Handelinge 23:1 – 10 vertel Lukas van die keer toe Paulus voor die Joodse Raad verskyn het, en rusie tussen hulle laat ontstaan het. In vers agt noem Lukas drie sake waaroor die Fariseërs en die Sadduseërs verskil het. Eerstens die opstanding van die dode, en dan ook die bestaan van engele en geeste. Paulus roep die eerste op as die rede vir sy inhegtenisneming en veroorsaak daarmee ‘n verdeeldheid in die Joodse Raad.

In die manuskripte vind ons twee weergawes. Een groep manuskripte vermeld net hierdie drie sake wat Lukas spesifiek noem. ‘n Ander groep manuskripte het ‘n vierde saak, waaroor die Fariseërs en Sadduseërs juis sou saamstem by, naamlik “laat ons nie teen God te stry nie.” Continue reading

Posted in Glos, Harmoniëring, Konteks | Leave a comment

107. Waarom mense God so maklik verwerp met die geringste twyfel by ‘n Christen.

Waarom mense so maklik God se bestaan en Jesus se opstanding met 100% sekerheid verwerp wanneer daar die geringste twyfel by ‘n gelowige bestaan. Maar so baie dinge word 100% aanvaar met die geringste bewyse!

William Lane Craig deel ‘n paar kosbare gedagtes. Mag dit vir jou van waarde wees.

Seën,

Herman.

William Lane Craig on Information Overload

Here is William Lane Craig’s response to a relevant issue.

I also have noted that there are 6 things that impact discussions on the existence of God.

1. Proofs and evidence are person-relative. While one proof or a line of evidence  may be a home run for one person, it may result in little more than contempt  for someone else. How may times have both sides looked at the other and said “Don’t you think that is a convincing argument?” ” How can you reject such a sound argument?”

2. An individual’s presuppositions play a large role in how they evaluate the evidence for God. A presupposition is something assumed or supposed in advance. If someone presupposes that God must not exist or that miracles are not possible, in many cases they will seek out evidence that confirms their hypothesis, and dismiss evidence that might challenge or overturn their position.  Likewise, if someone presupposes that God does exist, they will seek evidence to support such a claim as well. This does not mean there is no objectivity involved here. But in many cases, we can’t avoid presuppositions. They are not going away!

3. Humans are not only intellectual beings, but emotional and volitional (involving the will) creatures as well.  Hence, it is folly to divorce the objective and subjective nature of evaluating the evidence for God’s existence.

4. If the God of the Bible does exist (and I am not dealing with evidence and arguments here), we can’t overlook the fact that sin and a hardened heart can dampen a person’s receptivity to the evidence that is already available to them.

5. Some people haven’t  had the time to develop their intellectual virtues to the place where they are in a position to understand and evaluate the evidence for the existence of God.  This doesn’t mean some people are stupid and some people are just really smart! The reality is that many people don’t have the time or resources that is needed to evaluate the arguments for and against the existence of God.  I am not advocating laziness! But in reality, does someone need to  master philosophy, theology, history, science, or linguistics to find a relationship with God? No!

6. The Issue of Certainty: Humans are knowers. Many people are looking for confidence about why they believe. But the question becomes how certain can we be about what we believe. I don’t have any need for absolute or exhaustive knowledge. As Paul Copan says here:

“We do not need 100 percent certainty to truly know. After all, we cannot show with 100 percent certainty that our knowledge must have 100 percent certainty. We believe lots of things with confidence even though we do not have absolute certainty. In fact, if most people followed the “100 percent rule” for knowledge, we would know precious little. But no one really believes that.

Now, if our only options were either 100 percent certainty or skepticism, then we would not be able to differentiate between views that are highly plausible, on the one hand, and completely ridiculous, on the other. They would both fall short of the 100 percent certainty standard and so both should be readily dismissed. But that is clearly silly. We know the difference. And what about those who seem to know with 100 percent certainty that we cannot know with 100 percent certainty. Interestingly, skeptics about knowledge typically seem quite convinced — absolutely convinced — that we cannot know.”- see the entire article here:

A similar approach to this issue is seen in Mortimer J. Adler’s Six Great Ideaswhere he has a chapter called The Realm of Doubt. The problem we meet is when we attempt to decide which of our judgments belong in the realm of certitude. In order for a judgment to belong in the realm of certitude, it must meet the following criteria: (1) it cannot be challenged by the consideration of new evidence that results from improved observation, nor can it be criticized by improved reasoning or the detection of inadequacies or errors in the reasoning we have done. Beyond such challenge or criticism, such judgments are indubitable, or beyond doubt.

A judgment is subject to doubt if there is any possibility at all (1) of its being challenged in the light of additional or more acute observations or (2) of its being criticized by more cogent or more comprehensive reasoning.

So in looking at some of the discussion points above (the universe, first life etc.), how many theists and atheists would be silly enough to admit that we have arrived to certitude? Are the claims that both parties are making beyond such a challenge or criticism? Are such judgments indubitable, or beyond doubt? No, I’m afraid not.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

106 Het God die nasies uit een bloed of uit een mens geskep? (Handelinge 17:26)

Soms vind ons verskille wat moontlik ‘n grondbeginsel van die geloof kan aanraak. Het God al die nasies uit een bloed, of uit een mens geskep? Ons moet elke verskil met erns benader sodat ons by die wese van die oorsaak vir die variasie kan uitkom.

OAV: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het”

BDV: “Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vaste tye bepaal en die grense van hulle woongebied, …” Continue reading

Posted in Direkte Vertaling, Konteks | Leave a comment

105. Was Paulus ‘n babatjie, of vriendelik/sag by die Tessalonisense? 1Tes. 2:7

105. Babatjies of vriendelik/sag? 1Thes. 2:7

In 1 Tessalonisense 2:7 vind ons ‘n besondere variasie wat deur net een letter veroorsaak is. En boonop het beide variasies grammatikaal ewe sterk moontlikhede. Ons kyk na enkele vertalings:

1933/53 – Ou Afrikaanse Vertaling: “…al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.
Maar ons was vriendelik onder julle soos ‘n pleegmoeder haar kinders koester.”

1983 – Nuwe Afrikaanse Vertaling: “… al kon ons as apostels van Christus allerhande eise gestel het. Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ‘n ma wat haar kinders vertroetel.”

Die Bybel, ‘n Direkte Vertaling: “Alhoewel ons as apostels van Christus eise kon stel, het ons sag soos babatjies in julle midde geword.”

Die Nuwe Lewende Vertaling speel liewer veilig en gee albei moontlikhede: “Al kon ons as apostels van Christus allerhande eise gestel het, was ons soos babatjies teenoor julle. Of soos ‘n ma wat haar eie kinders aan haar laat drink, só het ons oor julle gevoel.”

Dit is interessant dat die twee hoof Griekse tekste wat vandag algemeen deur Bybelvertalers gebruik word, van mekaar verskil wat hul keuse van die betrokke woord betref. Die Nestle Aland – teks verkies ēpioi (sag) en nie nēpioi (babatjies) soos die United Bible Societies – teks nie. Continue reading

Posted in Aleksandrynse Tekstipe, Antieke Vertalings, Konteks | Leave a comment