8. Die eerste eeu in oënskou.

Die eerste eeu in oënskou:

Ons weet nie presies wanneer Jesus gebore is nie.

In die jaar 525 het Pous Johannes 1 vir Dionysius Exiguus, ‘n Russiese monnik gevra om die datums vir die paasfeeste vir die volgende 100 jaar vas te stel.  Dionysius het die Juliaanse kalender as basis gebruik en bereken dat Jesus 753 jaar nà die ontstaan van Rome gebore is. Hy het die geboortejaar van Jesus jaar 0 geneem. Hy het egter ‘n berekeningsfout gemaak wat daarop sou neerkom dat Jesus in 4vC. gebore moes wees. Volgens Flavius Josefus, ‘n geskiedskrywer uit die eerste eeu, is Herodes die Grote in 4v.Chr. dood. Volgens Mat.2:16 het Herodus al die baba seuntjies twee jaar en jonger in Betlehem laat vermoor. Gevolglik kon Jesus toe ongeveer twee jaar oud gewees het terwyl Herodus nog gelewe het. Hy is waarskynlik eerder in 7 of 6 v.C. gebore. Kyk ons na die verskyning van die ster wat deur die sterrekykers gevolg is (Mat.2:2, 9) vind ons ‘n konjunksie van Jupiter (die konings-ster) en Saturnus (die ster van die Jode) gedurende April, en weer in Oktober en Desember van die jaar 7vC.

Jesus is waarskynlik in 7 of 6 vC. gebore, en is ongeveer in 30-33 nC. gekruisig. Ná die kruisiging, opstanding en hemelvaart, is die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort. (±30/33nC.) Die eerste volgelinge van Jesus Christus het verwag dat Hy binne ‘n baie kort tyd sou terugkom, nog tydens hulle eie lewe. (Joh.21:22, Hand.4:32, 1Kor.15:51-52, Op.3:11, 22:7,20.) Die Heilige Gees het die apostels toegerus om die wêreld in te gaan en dissipels van Jesus te maak en hulle dan in gemeentes te organiseer. (Hand.8:4, 28, 11:19,) Nadat Paulus tot bekering gekom het, (±34 nC.) was dit veral hý wat met groot ywer gemeentes gestig het. (Hand.14:23, 20:28, 1Kor.4:17)  Paulus het hom egter telkens na ‘n volgende plek gehaas en dan die pas gestigte gemeente in die sorg van een van die nuwe bekeerlinge as ouderling gelaat. Hou in gedagte dat so ‘n nuwe gemeente soms nie eens ‘n volledige afskrif van die woord van God van destyds, die Ou Testament, gehad het nie!

Vrae, kwellinge en onsekerhede aangaande die geloof asook die Christelike beginsels is persoonlik, of per brief of deur ‘n afvaardiging aan die apostels gerig. (1Kor.7:1, 8:1) Paulus meld in 1Kor.1:11 dat hy besoek is deur Chloë se mense wat vertel het van die verdeeldheid in hulle gemeente. In 1Kor.11:18 meld hy dat hy hoor van die verdeeldheid in die eredienste, en in 1Kor.16:17 meld Paulus ook van drie manne wat hom kom besoek het. Sake wat op hierdie wyse onder hulle aandag gekom het, is ook beantwoord. Hierdie vrae is dan, onder die inspirasie van die Heilige Gees, in briewe deur Paulus beantwoord. Op dieselfde wyse het die briewe deur Jakobus, Petrus en Johannes ontstaan. (±50-64 nC.) In hierdie briewe is die beginsels en oortuigings van die Christelike geloof uiteengesit en skriftelik neergelê. Verder is kwelvrae rondom die praktiese reëls en organisasie van ‘n gemeente uitleeen gesit. Hierdie briewe is nie net in die gemeentes gelees waarheen dit gestuur is nie, maar ook in ander gemeentes. (Kol.4:16)

Die leier van elke gemeente wou uiter aard‘n versameling van al die briewe van die apostels hê. Dit verduidelik immers die kern van die Christelike geloof. Gevolglik is die briewe in bundels versamel en dan gekopieer. Hierdie briewe-bundels het in werklikheid die eerste deel van die Nuwe Testament geword. Alhoewel hierdie skrywers vervul was met die Heilige Gees, en onder Sy inspirasie geskryf het, was hulle heel moontlik self nie bewus dat hulle besig was om die eerste deel van die Nuwe Testament as woord van God neer te skryf nie. Toe Paulus vir Timoteus geskryf het: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,” (2Tim.3:16) het hy na die Ou Testament verwys. Vir hulle was hul werk slegs ‘n verduideliking van die toepassing daarvan binne die Christelike geloof en gemeente.

Later, toe baie van die eerste ooggetuies van die lewe van Jesus gearresteer is, of terreggestel is, of op natuurlike wyse gesterf het, het mense begin om die getuienisse neer te skryf van dié apostels wat toe nog gelewe het. Hulle wou ‘n betroubare getuienis hê van Jesus se leer en lewe. So het eers Markus ontstaan. Daar is duidelike bewyse dat Matteus en Lukas van Markus gebruik gemaak het, maar hulle het ook elk hul eie bronne benut. Verder is daar ook ‘n bron genoem “Q” waarin beide Matteus en Lukas ooreenkom, maar wat nie in Markus voorkom nie. Lukas meld aan Theofelus dat hy deeglik navorsing gedoen het om sodoende “…die verhaal noukeurig en in die regte volgorde vir u neer te skryf.” (Luk.1:1-4) Hierdie drie evangelies word die “Sinoptiese (saamsien) evangelies” genoem, en het ±70-75nC. ontstaan. Johannes se evangelie verskil baie van die ander, beide in inhoud en benadering.

Lukas het later (±80nC.) die geskiedenis van die uitbreiding van die Christelike geloof neergeskryf as die Handelinge van die Apostels. (Hand 1:1)

Die skrywer van Hebreërs het weer ‘n teologie van die Christelike Geloof opgestel.(±85nC.) Hy bestudeer veral Christus se hoogheid in die lig van die Ou-Testamentiese priester-, konings- en profete-ampte. Christus is die vervulling van die Ou Testament.

Die evangelie van Johannes en die Johannesbriewe is ±90 nC. geskryf.

Heel laaste (±95 of 96 nC.) het Johannes die Openbaring ontvang en dit aan die gemeentes van Klein Asië gestuur.

Die eerste eeu in oënskou.

Die eerste eeu kan as volg gesien word:

6-7vC.        Geboorte van Christus

27-30nC.        Jesus se openbare bediening

30/33nC.        Kruisiging, Opstanding, Hemelvaart

34nC.         Paulus se bekering

50-64nC.        Paulus- en die Algemene briewe

70-75nC.        Die evangelies van Markus, Matteus en Lukas

±80nC.        Die Handelinge van die Apostels

±85nC.        Die brief aan die Hebreërs

90nC.       Evangelie van Johannes en die Johannesbriewe

95/96nC.       Openbaring aan Johannes

Die Nuwe Testament het nie as een dokument ontstaan nie. Omdat die Evangelies die geskiedenis van Jesus op aarde beskrywe, is dit gepas om hulle eerste in die Nuwe Testament te plaas, maar in ons bestudering van veral die ontstaan van die Nuwe Testamentiese geskrifte moet ons in gedagte hou dat hulle van die laatste dokumente was wat geskrywe is.
Wees geseënd!
Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Inspirasie deur Heilige Gees, Ontstaan van NT, Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to 8. Die eerste eeu in oënskou.

  1. Pingback: 39. Gebed en vas? Markus 9:29 | Bybelverskille

  2. Pingback: 35 Apokriewe | Bybelverskille

  3. Pingback: 30 Soek die Here, ten spyte van. | Bybelverskille

  4. Pingback: 25. Antieke Vertalings en die Kerkvaders. | Bybelverskille

  5. Pingback: 19 Harmoniëring met OT en binne Evangelies | Bybelverskille

  6. Pingback: 10. Duplisering van Manuskripte. | Bybelverskille

  7. Pingback: 2. Dinamies Ekwivalente Vertaling | Bybelverskille

  8. Pingback: 6. Hoe verstaanbaar is die vertaling regtig? | Bybelverskille

  9. Pingback: 27.1 Intrinsieke kriteria | Bybelverskille

  10. Pingback: 21.2 Leerstellige Oorwegings | Bybelverskille

  11. Pingback: 23.4 Bisantynse Tekstipe | Bybelverskille

  12. Pingback: 21.3 Diverse detail | Bybelverskille

  13. Pingback: 23. Tekstipes. | Bybelverskille

  14. Jaco says:

    Interessante stavros-vorm…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s