10. Duplisering van Manuskripte.

Duplisering van Geskrifte.

1) Skryfmateriaal.

Perkament, wat van dierevelle gemaak is, is reeds so lank terug as 2600vC. in Egipte tydens die vierde Dinastie gebruik. Papirus het egter die meer algemene skryfmateriaal geword. Teen ongeveer 200vC. is die uitvoer van papirus na die Griekse wêreld tydelik verhinder, en het ‘n groot perkament bedryf in Pergamum ontstaan, vanwaar ons ook die naam perkament kry. Perkament is steeds vir boekrolle gebruik, maar omdat dit heelwat duurder as papirus was, is dit hoofsaaklik vir dokumente wat vir baie lank moes hou, gebruik. So is die Septuagint, ‘n Griekse vertaling van die Ou Testamentiese geskrifte hoofsaaklik op perkamentrolle gekopieer. Dis na alle verwagting waarna Paulus in 2Tim.4:13 verwys wanneer hy Timoteus versoek om die (boeke of boekrolle), “…veral die perkamente” saam te bring.

Aan die begin van die Christelike era was die papirus- asook perkamentrol algemeen as skryfmateriaal gebruik. Elke rol was gewoonlik ongeveer 10m. (±35 vt.) lank en kon ‘n dokument van die lengte van ‘n evangelie bevat. Dis waarom die evangelie van Lukas en die Handelinge van die Apostels as twee afsonderlike dokumente geskryf is, en nie as een nie. Op dieselfde wyse is die briewe van Paulus in een boekrol versamel, so ook die algemene briewe en die brief aan die Hebreërs. Die Openbaring van Johannes is as een enkele dokument neergeskrywe.

Aan die begin was die betrokke evangelie gebruik in die streek waarvoor dit geskryf is. Waarskynlik was Markus aanvanklik in Rome, Italië gebruik; Matteus in die groter Sirië deur die Griekssprekende Jode; Lukas en Handelinge in Griekeland en Klein-Asië; en Johannes in die Johannese gemeentes.

Teen die einde van die eerste eeu, of vroeg in die tweede eeu, is die kodeks of boek uitgevind wat tot ‘n groot mate die papirus- en perkament rolle vervang het. Baie gou het die Christene die kodeks bo die boekrol verkies vir o.a. die volgende redes: 1) Hoewel dit moeilik was om op die agterkant van papirus te skrywe vanweë die vertikale grein, kon beide kante nogtans benut word. Dit was ‘n groot finansiële voordeel. 2) Die kodeks was meer kompak. Gevolglik kon al die evangelies of selfs die hele Bybel in een volume oorgeskryf word in plaas van ‘n groot aantal boekrolle. 3) Dit was makliker om verskillende geskrifte te vergelyk of te raadpleeg omdat dit nie nodig was om die hele rol tot by die ter saaklike skrif af te rol nie. 4) Dit het ook hul outonomiteit, los van die Jodendom, konkreet bevestig.

Met verloop van tyd is die verskillende boeke van die Nuwe Testament versamel en as ‘n geheel in een kodeks of boek gedupliseer. Dit het tot gevolg gehad dat die verskillende boeke wat in een kodeks versamel is, kenmerke vertoon wat van mekaar verskil. So toon kodeks Koridethi uit die negende eeu tipiese kenmerke in Markus van die teks bekend in Sesarea. Die ander evangelies is kenmerkend van Antiochië se teks.

Omdat papirus aan die begin as die meer algemene skryfmateriaal gebruik is vir afskrifte van die Nuwe Testament, is die papirus dokumente wat behoue gebly het, van besondere waarde. Dit verteenwoordig immers van ons oudste getuies van die Nuwe Testament. Meer as 81 papirus getuienisse van die Nuwe Testament is tans aan ons bekend. Hulle dateer meestal uit die tweede tot vyfde eeue.

Die oudste (p52) kan gedateer word tydens die tyd van Trajanus. (98-117 nC.) Hoewel hierdie fragment net Joh.18:31-33 en 37-38 bevat, is dit onweerlegbare bewys dat Johannes nie eers nà 160 ontstaan het, soos sommige navorsers vroeër beweer het nie.

Vanweë die verganklike aard van papirus, het ons nie een volledige getuienis van die Nuwe Testament op papirus nie. Van die meeste het slegs fragmente behoue gebly. Hul waarde as die oudste en daarom die naaste aan die oorspronklike manuskripte, is egter onberekenbaar. Hulle dien as getuies om latere, meer volledige tekste aan te vergelyk, en so diè se korrektheid te bepaal.

Teen ongeveer 200 n.C. het perkament, (en die duurder fyner vorm wat vellum of velyn genoem is) feitlik volledig papirus as skryfmateriaal vir die kopieer van die Bybel vervang. Dit was meer duursaam en beide kante van die bladsy was meer geskik om op te skryf. Die meeste getuienisse van die Nuwe Testament is op perkament geskrywe, sommige bevat ook die Ou Testament en sommige ook apokriewe boeke.

Tot die tiende eeu is alle belangrike geskrifte in die unsiale lettertipe, vergelykbaar met ons hoofletters, geskrywe. Ongeveer 200 unsiale getuienisse is volledig bestudeer en geëvalueer. Dit vorm die hoof korpus waaruit ‘n basiese Griekse teks saamgestel is. Hierdie teks word tans deur die meeste Bybelgenootskappe vir moderne vertalings gebruik.

Omdat perkament so duur was, is dit nie weggegooi wanneer ‘n nuwe afskrif van die ouer dokument gemaak is nie. Die ou perkament is meestal skoongeskraap en gewas en dan gebruik om ‘n ander dokument daaroor te skrywe. Soms is dit gebruik in die bind van ‘n volgende kodeks. Gelukkig kan ons vandag hierdie perkament met bepaalde chemikalië behandel, en versigtig onder ultra-fioletlig bestudeer, en dan kan ons die oorspronklike dokument ontsyfer. So ‘n dokument word ‘n Palimses (Engels Palimpsest, ‘herskraap’) genoem. Nie minder nie as 52 Palimpses-getuies van die Nuwe Testament behoue gebly het.

Wees geseënd!

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Kodeks, Minuskule, Palimpses, Papirus, Perkament, Unsiale. Bookmark the permalink.

13 Responses to 10. Duplisering van Manuskripte.

  1. Pingback: 41. 1Johannes2:23 Wie die Seun erken… | Bybelverskille

  2. Pingback: 14.1 Sinaitikus; Regstelling | Bybelverskille

  3. Pingback: Bybelverskille

  4. Pingback: 38. Jesus tussen die Misdadigers! | Bybelverskille

  5. Pingback: 36 Beskrywing van die hel afgewater?. | Bybelverskille

  6. Pingback: 31 Einde van die “Ons Vader-gebed” | Bybelverskille

  7. Pingback: 24. Griekse Manuskripte | Bybelverskille

  8. Pingback: 21. Doelbewuste veranderings | Bybelverskille

  9. Pingback: 8. Die eerste eeu in oënskou. | Bybelverskille

  10. Pingback: 4. Soorte Vertalings. | Bybelverskille

  11. Pingback: 23.2 Siseriaanse Tekstipe | Bybelverskille

  12. Pingback: 23.4 Bisantynse Tekstipe | Bybelverskille

  13. Pingback: vuur | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s