13. Vasstel van die Teks.

Die betroubaarheid van die Nuwe Testament.

Wanneer mens die betroubaarheid van enige antieke manuskrip wil beoordeel, is daar veral drie aspekte waarna gekyk moet word. 1) Hoe kort die tyd is wat verloop het tussen die fisiese gebeurtenis en die ontstaan van die dokument wat daaroor rapporteer. Hoe langer die tydperk, hoe groter die moontlikheid dat onakkurate gegewens nie deur die mense wat dit beleef het, uitgewys en gekorregeer kan word nie. 2) Hoe kort die tyd is wat verloop het tussen die ontstaan van die oorspronklike dokument en die oudste kopie wat ons tot ons beskikking het. Met die kopiëring van dokumente tree veranderinge, wysigings, en foute onvermydelik in. Daarom bied ‘n korter tydspan, ‘n groter moontlikheid dat die kopie die oorspronklike meer korrek kan weergee. 3) Die derde aspek is die aantal manuskripte of afskrifte van die dokument tot ons beskikking. Hoe meer dokumente ons tot ons beskikking het, hoe groter die moontlikheid om die oorspronklike te bepaal. Hier moet ‘n direkte diskrepansie verduidelik word. In alle handgeskrewe kopieë kom foute en afwykings voor. Dit kan onbedoeld en onopgemerk, of doelbewuste korreksies en aanpassings wees. Die gevolg is dat met min afskrifte tot ons beskikking, daar min verskille uitgewys kan word. Besit ons net een afskrif, kan ons wel geen afwyking aandui nie, maar het ons ook geen versekering dat enige bewoording van die dokument ’n ware weergawe van die oorspronklike is nie. Met baie afskrifte neem die aantal variasies uiteraard toe, maar dit stel ons instaat om met groter sekerheid die oorspronklike bewoording vas te stel.

Ons kan die Nuwe Testament met enkele ander antieke dokumente vergelyk ten opsigte van die volgende kreteria:

  1. Die tydperk tussen die gebeure en die ontstaan van die oorspronklike outografie. Volgens berekening is Jesus tussen 30 en 33 n.C. gekruisig. Die Pauliniese briewe het ongeveer 65 n.C. ontstaan. Dit beteken dat hierdie briewe ongeveer dertig jaar nà die kruisiging geskryf is, die evangelies tien jaar later en die hele Nuwe Testament is in ±95 n.C. afgehandel, sowat sestig of vyf en sestig jaar nà die kruisiging. Gevolglik was daar baie getuies teenwoordig wat self Jesus persoonlik geken het en kon korrigeer indien iets verkeerd gerapporteer is of uit verband geruk is. Verder is dit belangrik dat die NT. feite nie deur enige van die geskiedskrywers van daardie tyd betwis of bevraagteken word nie. Daar is in teendeel talle argeologiese bewyse asook geskrifte van geskiedskrywers uit daardie tyd wat die korrektheid van die Bybelskrywers bevestig.
  2. Die tweede aspek is die tydperk wat verloop het tussen die ontstaan van die outografie in die oudste dokumentêre bewys wat tot ons beskikking is. Weereens staan die Nuwe Testament ver bo meeste antieke dokumente uit. ‘n Papirus fragment van die John Rylands versameling wat enkele verse uit die evangelie van Johannes bevat, genoem p52 dateer uit die jaar ±125 n.C. As ons in ag neem dat die Johannes Evangelie ongeveer 95 n.C. geskryf is nie, beteken dit dat hierdie fragment slegs dertig jaar nà die ontstaan van die evangelie geskrywe is. Dit is feitlik ongehoord in die kopieë van antieke dokumente. Van die meeste ander boeke van die Nuwe Testament het ons afskrifte van ongeveer 150 jaar na die outografie. Die tydspan vir Markus is ±200 jr. Die briewe van Jakobus, Petrus en Johannes is ongeveer 250jr. en Timoteus en 3 Johannes het die grootste tydsverloop van ongeveer 300 jaar. Die naaste hieraan in ander antieke geskrifte is Homeros se Iliad met ±500 jaar. By die meeste ander antieke geskrifte is hierdie tydperk ±1000 – 1500 jaar!
  3. Die derde aspek is die aantal kopieë tot ons beskikking. Weereens is daar geen antieke geskrif wat naby die Nuwe Testament kom nie. Let op die volgende tabel :
Dokument Tyd geskryf Oudste kopie Tyd verloop Aantal kopieë
Homeros, Iliad ±900 v.C. ±400 v.C. ±500 jr. 643
Sofocles ±496-406 v.C. ±1000 n.C. ±1400 jr. 193
Herodotus ±480-425 v.C. ±900 n.C. ±1300 jr. 8
Euripides ±480-406 v.C. ±1100 n.C. ±1300 jr. 9
Aristofanus ±450-385 v.C. ±900 n.C. ±1200 jr. 10
Plato ±427-347 v.C. ±900 n.C. ±1200 jr. 7
Aristoteles ±348-322 v.C. ±1100 n.C. ±1400 jr. 49
Caesar ±100-44 v.C. ±900 n.C. ±1000 jr. 10
Tacitus ±100 n.C. ±1100 n.C. ±1000 jr. 20
Nuwe Testament ±50-96 n.C. ±125-350 n.C. ±30-300 jr. 5600
Koptiese, Aramese, Siries, Latynse NT ±200-300 n.C. ±250-500 n.C. ±50-200 jr. 19000

Geleerdes bereken dat hulle met 95% sekerheid die oorspronlike bewoording van Homeros se Iliad kan bepaal.

Afgesien van die 5600 manuskripte van die Griekse Nuwe Testament het die tekskritikus ‘n verdere 19000 manuskripte van antieke vertalings van die Nuwe Testament tot sy beskikking. Hierdie korpus van byna 25000 manuskripte word verder aangevul met honderde aanhalings van die vroeë kerkvaders. Met hierdie magdom inligting tot hul beskikking kan Bybelgeleerdes elke woord van die oorspronklike outografie van elke boek van die Nuwe Testament met 99.5% sekerheid bepaal.

Wanneer ons hierdie feite in ag neem, behoort daar geen onsekerheid te wees nie. Maar wanneer ons die dokumente van die Nuwe Testament wil herkonstrueer, is daar ander sake wat ook op die voorgrond tree. Die Nuwe Testament is nie die een of ander Illiad-storietjie nie. Ook nie die dooie geskiedenis van ‘n Caesar nie. Die Nuwe Testament is ‘n bundel dokumente waarop ons geloof gefundeer en begrond is! Dit is nie die skepping van ‘n antieke historikus of van ‘n begaafde skrywer nie!

DIT IS DIE WOORD VAN DIE LEWENDE GOD!!!

Met nederige ontsag moet ons ons hoof voor God buig en ernstig bid: “Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie, en lei my op die beproefde pad.” (Ps.139:24)

Met nederigheid moet ons die volgende in ag neem:

1. Maak jou gedagtes oop en kyk die feite reguit in die oë. As daar meer as 5000 Griekse manuskripte beskikbaar is, mag ons nie vassteek by slegs ‘n handjie manuskripte net omdat ‘n drukker ‘n paar eeue gelede slegs hierdie manuskripte gebruik het nie! God het nie sonder rede al daardie ander manuskripte deur al die eeue vir ons bewaar nie!

2. Breek die bande wat jou verstand bind! Nie elke ding wat my pa en oupa geglo het, is waar net omdat hulle dit geglo het nie! Hulle moes werk met wat hulle tot hulle beskikking gehad het, en so moet ons gebruik en hanteer wat tot ons beskikking is. God het nie die moderne tegnologie laat ontwikkel slegs vir die sekulêre wêreld nie!

3. Gebruik jou gesonde verstand! As die een of ander monnik in die middeleeue iets tot die Skrif bygevoeg, of iets daar uit weggelaat het, probeer verstaan waarom hy dit nodig geag het, maar moenie dat dit jou op ‘n dwaalspoor bring nie. God het nie die spasie tussen ons ore sonder rede met grysstof opgevul nie.

4. Kry jou feite agter mekaar! Ons moet die Bybel rekonstrueer ooreenkomstig die feitelike stof in die manuskripte tot ons beskikking, en nie ooreenkomstig ons dogma’s of wat ons glo nie. God het nie nodig dat ons die Bybel rekonstrueer sodat ons dogma’s korrek bewyskanword nie!

5. Aanvaar dat daar werklik iets soos konteks is! Lees die Bybel in onmiddelike konteks asook in die groter konteks as geheel. God het lank voor Genesis 1:1 reeds bestaan en Josef en Elia was werklike mense van vlees en bloed; so ook Agas!

Hierdie is maar enkele aanduiders wat ons in gedagte moet hou wanneer ons God se woord in ons hand neem. Ook wanneer ons die uitdaging wil aanvaar om regtig objektief God se woord te rekonstrueer. Ons wil weet wat Hy nodig geag het om aan ons te laat skrywe, niks meer of niks minder nie!

Alles gaan om die eer van God alleen!!!

Wees geseënd!

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Betroubaarheid van Teks. Bookmark the permalink.

11 Responses to 13. Vasstel van die Teks.

  1. Pingback: 14.1 Sinaitikus; Regstelling | Bybelverskille

  2. Pingback: Bybelverskille

  3. Pingback: 30 Soek die Here, ten spyte van. | Bybelverskille

  4. Pingback: 26. Die Beoordeling van Variasies. | Bybelverskille

  5. Pingback: 25. Antieke Vertalings en die Kerkvaders. | Bybelverskille

  6. Pingback: 17. Gehoor- en beoordelingsfoute. | Bybelverskille

  7. Pingback: 9. Die Kanon. | Bybelverskille

  8. Pingback: 1. Direkte Vertaling | Bybelverskille

  9. Pingback: 2. Dinamies Ekwivalente Vertaling | Bybelverskille

  10. Pingback: 27.1 Intrinsieke kriteria | Bybelverskille

  11. Pingback: 21.1 Uitbreiding van die Teks | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s