22 Die Eerste Gedrukte Griekse NT.

Die gedrukte Griekse Teks.

Een van die belangrikste ontwikkelinge om die Nuwe Testament in die gewone gebruikte tale van Europa beskikbaar te stel, was die druk van ‘n Griekse Nuwe Testament.

Gutenberg Drukkery. Skets van Wikipedia

Na die uitvinding van die boekdrukkuns deur Johannes Gutenberg in 1450, was die eerste groot projek natuurlik die Bybel. ‘n Pragtige uitgawe van die Latynse Vulgaat is tussen 1450 en 1456 gedruk, met ten minste 100 uitgawes deur verskeie drukkerye binne die volgende 50 jaar. Bybels in die meeste volkstale van Wes-Europa, soos Boheems (Tsjeggies), Frans, Duits en Italiaans is ook gedruk. Feitlik al hierdie vertalings is uit die Latynse Vulgaat gedoen omdat dit die amptelike Bybel van die Rooms Katolieke Kerk was.

In 1488 is ‘n volledige Hebreeuse Ou Testament deur die Soncino Drukkery in Lombardye gedruk.

‘n Griekse nuwe Testament is egter eers in 1514 gedruk, hoofsaaklik vanweë twee redes. (1) Die prestige en oorheersende belang van Heronimus se Latynse Vulgaat. ‘n Griekse gedrukte teks het die gevaar ingehou dat enigeen met kennis van beide Grieks en Latyn, die Roomse Kerk se amptelike Bybel sou kon kritiseer. (2) Die minuskel Griekse skrif het meer as 200 letters en letter-kombinasies bevat. Dit sou drukwerk uiteraard baie duur en tydrowend maak. Mettertyd is die letters verminder sodat tans slegs die 24 letters van die alfabet gebruik word met net een wisselvorm nl. die “s”. Aan begin en in die middel van ‘n woord word  “σ” gebruik, en aan die einde “ς”.

‘n Spaanse kardinaal, Ximines het ‘n Poliglot Bybel met Hebreeuse, Aramese, Griekse en Latynse tekste in 1514 begin druk. Dit was gebaseer op uitstekende brontekste. Hierdie Bybel in 6 lywige volumes het die eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament bevat. As ‘n toegewyde katoliek, het hy egter vir die toestemming van Pous Leo X gewag voordat hy dit beskikbaar gestel het. Hierdie toestemming is eers in 1520 gegee. Die Poligpot is toe in 1522 uitgegee.

Matt mc. Mains het ‘n uitstekende artikel oor hierdie Poliglot op sy blog by: http://mattmcmains82.wordpress.com/2014/02/25/happy-500th-to-the-1st-printed-greek-new-testament/

Desiderius Erasmus. Wikipedia

Desiderius Erasmus, ook ‘n katoliek en kenner van Latyn, wou ‘n Griekse Teks druk. Hy het die projek in 1514 met ‘n drukker in Basel, Johann Frobenius bespreek. Toe Frobenius van Ximines se Poliglot verneem, het hy besluit om hom voor te spring met die eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament. Daar sou groot prestige aan verbonde wees, en ekonomies het dit baie belofte ingehou. Toe Erasmus in 1515 in Basel kom om vir Frobenius ‘n Griekse teks beskikbaar te stel, kon hy tot sy teleurstelling slegs twee manuskripte daar vind wat hy kon gebruik. Albei dateer uit die 12 eeu, een met die evangelies en een met die Briewe. Die werk is begin en hy het dit met ‘n paar ander manuskripte en met die Vulgaat vergelyk. Later het hy nog ‘n paar manuskripte bekom.

Erasmus Greek New Testament

‘n Bladsy uit die oorspronklike 1516-uitgawe van Erasmus se teks met die Grieks links en die Latyn regs. (www.challies.com)

Ek plaas ‘n aanhaling uit die Wikipedia, met byvoeging van die eeu van die manuskripte in hakies:

“Erasmus used manuscripts No.1: Gospels (XII), No.1: Revelation (XII), No.2: Gospels, Acts, and Epistles of Paul (XII), No.4: Acts and Epistles of Paul (XV), No.7: Epistles of Paul (XI) and No.817: Gospels (XV). The second edition … eventually became a major source for Luther’s German translation. In the second edition (1519) Erasmus used also Minuscule No.3: Gospels, Acts and Epistles of Paul (XII). Typographical errors (attributed to the rush to complete the work) abounded in the published text. Erasmus also lacked a complete copy of the book of Revelation and was forced to translate the last six verses back into Greek from the Latin Vulgate in order to finish his edition. Erasmus adjusted the text in many places to correspond with readings found in the Vulgate, or as quoted in the Church Fathers; consequently, although the Textus Receptus is classified by scholars as a late Byzantine text, it differs in nearly two thousand readings from the standard form of that text-type…

Unfortunately, his manuscript on Revelation was not complete, it lacked the final leaf, which contained the last six verses of the book. Instead of delaying the publication, on account of the search for another manuscript, he decided to translate the missing verses from the Latin Vulgate into Greek. He used a corrupted manuscript of Vulgate with textual variant libro vitae (book of life) instead ligno vitae (tree of life) in Rev 22:14. Even in other parts of the Book of Revelation and other books of the New Testament Erasmus occasionally introduced self-created Greek text material taken from the Vulgate. F. H. A. Scrivener remarked, that in Rev 17:4 he created a new Greek word: ακαθαρτητος (instead τα ακαθαρτα). There is no such word in the Greek language as ακαθαρτητος. In Rev 17:8 he used καιπερ εστιν (and yet is) instead of και παρεσται (and shall come).”

In his dedication to Pope Leo X, Erasmus says: “I perceived that that teaching which is our salvation was to be had in a much purer and more lively form if sought at the fountain-head and drown from the actual sources than from pools and runnels. And so I have revised the whole New Testament (as they call it) against the standard of the Greek original… WWI I have added annotations of my own, in order in the first place to show the reader what changes I have made, and why; second, to disentangle and explain anything that may be complicated, ambiguous, or obscure.(My beklemtoning.)

In net 5 maande is Erasmus se teks voorberei, die drukletters gefabriseer en op 1 Maart 1516 gepubliseer. Met sy tweede uitgawe in 1519 het hy sowat 400 veranderinge aangebring. In sy derde uitgawe van1522 het hy 1Joh.5:7-8 aangepas met die uitgebreide bewoording soos ons dit in die AOV 1933 en die King James vertaling vind. Erasmus kon hierdie bewoording in geen Griekse manuskrip vind nie, en het belowe om dit in te voeg indien hy ‘n Griekse manuskrip kon vind. Kodeks Montfortianus, wat in daardie tyd gekopieer is, is aan hom gegee met die bewoording in. Erasmus self het die egtheid van hierdie manuskrip betwyfel, en die vermoede uitgespreek dat die betrokke kodeks spesiaal vir hom voorberei is. Hy het sy belofte gehou en die uitgebreide verse toe wel ingevoeg. Montfortianus is die enigste manuskrip wat die betrokke bewoording tot op daardie datum in het. Dit is wel later, ooglopend uit die gedrukte teks, in ‘n paar ander manuskripte bygeskryf. Erasmus het ook ‘n verdere 117 veranderinge op die vorige teks aangebring. Met sy vierde uitgawe in 1527 het hy 90 veranderinge nèt in Openbaring aangebring! Sy laaste uitgawe was in 1535, ‘n jaar voor sy dood.

Verskeie ander drukkerye het Erasmus se teks uitgegee.

In die voorwoord vir Bonaventure en Abraham Elzevir se tweede uitgawe van Erasmus se teks in 1633, noem hulle dit die “Textus Receptus” (TR) (teks wat ontvang is). Vanuit hierdie bewoording wat as advertensie bedoel was, het mense Erasmus se teks só begin noem.  Vir die meeste ouer vertalings is die TR as basis gebruik, o.a. die King James Version asook die Nederlandse Statevertaling en die 1933 Afrikaanse Bybel.

Hoe beoordeel mens die Textus Receptus?

Erasmus het baie laat manuskripte, uit die 11de tot die 16e eeue, almal van die Bisantynse tekstipe, gebruik om sy teks saam te stel.

Erasmus het aan Pous Leo X geskryf dat hy die Griekse teks “verbeter” het!

Hy het op sy eie die laaste 6 verse van Openbaring uit die Latyn in Grieks terugvertaal en selfs ‘n nuwe woord in Grieks geskep!

Hy het in sy eie latere uitgawes talle veranderinge aangebring.

Ander uitgewerye het ook talle veranderinge in hul uitgawes aangebring.

Omdat ‘n gedrukte teks beskikbaar was, en maklik leesbaar is, het ouer vertalings, sonder om dit te bevraagteken, dit eenvoudig as basis gebruik.

Vir my is die woord van God te kosbaar om alleenlik op so ‘n teks te vertrou!

MAAR, die waarheid oor die geloof, of oor God Drie-Enig, of oor die Godheid van Jesus Christus, of oor die opdrag en werking van die Heilige Gees word nêrens deur die verskille tussen die Textus Receptus en die saamgestelde teks van die Bybelgenoodskappe in gedrang gebring nie.

Wanneer ons na die twee brontekste en hul oorsprong kyk, kom die vraag na vore watter een die grootste moontlikheid het om die oorspronklike woorde wat God vir ons laat neerskryf het, bevat. ‘n Feit wat ons nie onder die tafel kan vee nie, is dat die betrokkenheid van die Mens in God se plan, noodwendig foute en variasies veroorsaak het. Die bewyse is daar. Moet ons blindelings ‘n voortvarende katoliek wat wou geldmaak en selfs sy eie konkoksies in die Griekse taal geprakseer het net om eerste te wees navolg, of moet ons biddend soek na die waarheid?

Mag die Here jou seën in jou soeke na Sy Waarheid.

Seën!

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Bisantynse Tekstipe, Desiderius Erasmus, Eerste Gedrukte Griekse NT, Meerderheidsteks, Minuskule, Textus Receptus. Bookmark the permalink.

12 Responses to 22 Die Eerste Gedrukte Griekse NT.

  1. Pingback: 41. 1Johannes2:23 Wie die Seun erken… | Bybelverskille

  2. Pingback: 39. Gebed en vas? Markus 9:29 | Bybelverskille

  3. Pingback: 37 Vergifnis. Markus 11:26 | Bybelverskille

  4. Pingback: 36 Beskrywing van die hel afgewater?. | Bybelverskille

  5. Pingback: 34 Jesaja 9:5; Die Ster van Betlehem | Bybelverskille

  6. Pingback: 19 Harmoniëring met OT en binne Evangelies | Bybelverskille

  7. Pingback: 17. Gehoor- en beoordelingsfoute. | Bybelverskille

  8. Pingback: 15. Foutiewe sien, 2: Haplografie en Dittografie. | Bybelverskille

  9. Pingback: 23.4 Bisantynse Tekstipe | Bybelverskille

  10. Pingback: 51. Comma Johanneum. 1Johannes 5:7-8 | Bybelverskille

  11. Pingback: 66 Handelinge 28:29 | Bybelverskille

  12. Pingback: 71 Is die Textus Receptus onfeilbaar? | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s