25. Antieke Vertalings en die Kerkvaders.

Antieke Vertalings en Kerkvaders.

Baie van die eerste Christene was nie Grieke nie, of het nie ‘n voldoende kennis van Grieks gehad nie. Gevolglik is die dokumente van die Nuwe Testament gedurende die tweede en derde eeue vertaal in tale soos: Siries, Latyn en Kopties. Die waarde van hierdie vertalings lê daarin dat hulle die teks bewaar wat op die spesifieke tyd en plek beskikbaar was toe hulle ontstaan het. Nadere tekskritiese afleidings is dikwels nie moontlik nie vanweë die besondere eienaardighede of uniekhede van die betrokke taal.

Lindesfarne Gospels. Begin van Markus. Afbeelding Britse Biblioteek.

Antieke Vertalings.

1. Vyf verskillende Siriese vertalings wat tussen die vierde tot die twaalfde eeue ontstaan het, kan onderskei word. Nie minder nie as 357 getuies is beskikbaar.

2. Talle verskillende Latynse vertalings is gemaak, die eerste gedurende die tweede eeu in Kartago, Noord-Afrika. In die derde eeu het Latynse vertalings in Italië, Gallië en Spanje die rondte gedoen.  Elkeen het sy eie vertaling gemaak, met die gevolg dat daar feitlik net soveel weergawes as Bybels was. As gevolg van hierdie chaotiese situasie het Pous Damasus in 382 vir Hieronimus opdrag gegee om ‘n hersiening van die Latynse Bybel te onderneem. Hy het ‘n ou Latynse teks geneem en dit met ou Griekse manuskripte van die Aleksandrynse tekstipe vergelyk. Die resultaat staan bekend as die Vulgaat waarvan meer as 8000 manuskripte nog bestaan, maar weereens met talle variasies en korrupsies wat deur die jare ontstaan het.

3. In Egipte was hoofsaaklik twee dialekte van die Koptiese taal, ‘n laat vorm van antieke Egipties in algemene gebruik. Boharies in die Noorde gepraat en Sahidies in die Suide. Gedurende die derde en vierde eeue het ‘n Sahidiese vertaling, geskryf in aangepaste Griekse unsiale letters, gesirkuleer. Dit was in die Aleksandrynse tekstipe. In die vierde eeu is die NT. ook in Boharies vertaal, weereens met Griekse letters en ‘n Aleksandrynse bronteks as basis. Vertalings in twee ander Koptiese dialekte van die vierde eeu, vertoon ook ‘n Aleksandrynse Bronteks.

4. Aan die einde van die vierde eeu het Ulfilas die Griekse Bybel in Goties vertaal. Hy moes ‘n Gotiese alfabet skep, aangesien sy vertaling die eerste literêre dokument in ‘n Germaanse taal was. Die bronteks was geskryf in ‘n vroeë vorm van die Bisantynse tekstipe.

5. Die Armeense vertaling word gereken as een van die mees akkurate van vroeë vertalings en dateer uit ongeveer 420 nC. Dit was die amptelike vertaling van die Russiese Ortodokse Kerk. Meer as 1250 eksemplare bestaan nog, wat dit naas die Latynse Vulgaat die talrykste vertaling maak. Dit vertoon die Sesareaanse tekstipe.

6. Die Georgiese vertaling vir die koukasiërs van Georgië, tussen die Swartsee en die Kaspiese see, is gedurende die eerste helfte van die vierde eeu voltooi. Dit vertoon ook die Sesareaanse tekstipe.

7. Uit die vierde òf die sesde eeu kom die Etiopiese vertaling wat van òf ‘n Griekse òf ‘n Siriese bronteks gemaak is. Dit vertoon hoofsaaklik die Bisantynse tekstipe maar stem soms ooreen met Vaticanus en p46, wat weer Alexandryns is.

8. Gedurende die negende eeu het die Bulgare hulle Slawiese vertaling ontvang.

Linderfarne Gospels vergroot. Anglo-Saksies tussen die Latyn. Afbeelding: Britse Biblioteek.

9. Die vroegste vertaling in Anglo-Saksies, die voorvader van Engels, is ‘n vertaling wat in die tiende eeu tussen die reëls van die sewende eeuse Latynse Vulgaat ingeskryf is. Diè kodeks is bekend as die “Lindisfarne Gospels”, vernoem na die dorp Lindisfarne in die noord-ooste van Engeland waar hierdie vertaling ontstaan het.

Hierdie pragtige manuskrip kan aanlyn bestudeer word by:

http://www.bl.uk/onlinegallery/sacredtexts/ttpbooks.html

 

Kerkvaders.

‘n Verdere groep getuienisse van die Nuwe Testament is die aanhalings deur die vroeë Kerkvaders. Baie hiervan is ook in Grieks. Hierdie aanhalings is meestal nie woord vir woord nie, maar ‘n persoonlike parafrase uit die geheue. Uitsonderings hier is Origenus (†254), Chrysostomus (†407) en Nonnus (†431) wat ‘n vers vir vers kommentaar op die Nuwe Testament geskrywe het. Die aanhalings van die Kerkvaders bied ‘n belangrike aanduiding van die tipe teks wat teenwoordig was in die gebied en tyd toe daardie Kerkvader geleef het. Dertig van die meer belangrike Kerkvaders dateer van Marsion wat in 150 nC. gesterf het tot Pseudo-Hieronimus wat in die vyfde eeu gesterf het. Aanhalings van nie minder as 220 Kerkvaders is bygewerk in die kritiese apparaat van die Griekse Nuwe Testament van die Verenigde Bybelgenootskappe.

Hiermee is die agtergrond vir die ontstaan van die Nuwe Testamentiese Geskrifte asook die oorsake vir verskille afgehandel. Vervolgens sal ons na direkte verskille in detail kyk en terug verwys na hierdie bladsye.

Dit is absoluut ‘n voorreg om al die kennis tot ons beskikking te he met net die druk van ‘n knoppie op ‘n sleutelbord!

Mag jy geseend wees!

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Antieke Vertalings, Kerkvaders. Bookmark the permalink.

14 Responses to 25. Antieke Vertalings en die Kerkvaders.

  1. Pingback: 38. Jesus tussen die Misdadigers! | Bybelverskille

  2. Pingback: 33 Unieke vertalingsprobleme | Bybelverskille

  3. Pingback: 28. Uitdagings in Vertaaltegniek | Bybelverskille

  4. Pingback: 13. Vasstel van die Teks. | Bybelverskille

  5. Pingback: 21.2 Leerstellige Oorwegings | Bybelverskille

  6. Pingback: 23.2 Siseriaanse Tekstipe | Bybelverskille

  7. Pingback: 16. Foute in die geheue. | Bybelverskille

  8. Pingback: 12. Kopieer Metodes. | Bybelverskille

  9. Pingback: 2. Dinamies Ekwivalente Vertaling | Bybelverskille

  10. Pingback: 48. ‘n Onwaarskynlike Getuie | Bybelverskille

  11. Pingback: 50 Vrou in die Amp: Is 1Kor.14:34-35 ‘n Glos? | Bybelverskille

  12. Pingback: 50. Vrou in die Amp. | Bybelverskille

  13. Pingback: 51. Comma Johanneum. 1Johannes 5:7-8 | Bybelverskille

  14. Pingback: 63. Is Matteus 17:21 later ingevoeg? | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s