39. Gebed en vas? Markus 9:29

39 Markus 9:29: Is “vas” deur Jesus as vereiste gestel?
Die Here het in 2000 my vrou geroep om ‘n gebeds-bediening te begin waar ons die ouers bystaan wie se kinders vasgevang is in die okkulte en/of dwelm- of ander afhanklikheid. Ons begelei die ouers om in gebed vir hulle eie en ander soortgelyke kinders voor God in die bres te tree. Deur die jare het ons talle wonderwerke voor ons oë sien gebeur.
Een van die Ouers kom na my toe met die vraag: “Herman, watter tipe vas moet ek volg en vir hoe lank sodat ons die demone uit my kind kan drywe? In Markus 9:29 sê Jesus tog duidelik: ’Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.’ Sal ‘n Daniël-vas voldoende wees? Ek is ‘n diabeet en kan nie volledig vas nie!”
Die 1983-vertaling noem net “gebed”.
Meteens is die direkte woorde van Jesus op die voorgrond. Het Jesus vas as ‘n vereiste gestel, of is vas opsioneel?
In dieselfde gedeelte in Matteus 17 meld die 1983-vertaling dat “in die gebruikte grondteks kom nie ‘n vers 21 voor nie”!
Nou gaan dit nie meer oor my persoonlike voorkeur of wat ek self graag sou wou voorskryf nie.

Dit gaan nou nie om die vraag of vas goed is nie. Ook nie of ons behoort te vas nie. Ook nie of Jesus self of sy dissipels gevas het nie.

Het Jesus self vas as bepalende voorvereiste vir die verlossing uit demoonbesetenheid gestel, of het iemand dit later bygevoeg?
Wat sou jy antwoord?
My bron is die “Greek New Testament” van die United Bible Societies waar al die variasies wat in alle manuskripte voorkom, aangedui word:

Markus 9:29, “gebed en vas”:

Moontlikheid Uitgelaat: Ingevoeg:
Getuies Grieks: Vertalings Kerkvaders Grieks Vertalings Kerkvader
101-200 Clementus Diatessaron
201-300 p45 Sahidies
301-400 א, B 1 Oud Latyn W Vulgaat, Boharies, Goties Basilianus
401-500 A, C, D 5 Oud Latyn, Siries, Georgiaans
501-600 Siries
601-700 3 Oud Latyn, Siries
701-800 L, Ψ 1 Oud Latyn
801-900 1 Georgiaans K, X, Δ, Θ, Π 1 Oud Latyn
901-1600 f1, f13, 21 Minuskules 1 Oud Latyn

Op die oog af lyk die insluiting van die vers oorweldigend. Nogtans is die United Bible Societies oortuig dat hierdie vereiste nie deur Jesus gestel is nie. Die manuskripbewyse dat Matteus 17:21 juis vanuit Markus 9:29 daar ingeplaas is, het baie sterker gronde. Daarom hanteer ek die vraag slegs vanuit Markus, maar dis ook op Matteus van toepassing.
‘n Manuskrip wat onmiddelik my oog vang is die Diatessaron van Tatianus uit Sirië. Hy het ongeveer 170 n.C. die vier Evangelies tot een verhaal saamgevoeg en ingesluit of uitgelaat soos hy goed gedink het. Sy geskrif was aanvanklik baie populêr en het wyd versprei. Hou in gedagte dat die kanon op daardie stadium nog nie vasgestel was nie. Toe die Evangelies weer afsonderlik gedupliseer is, is talle van die invoegings van Tatianus ingesluit. Daarom is diè manuskripte wat die invloed van die Diatessaron vrygespring het, uiters belangrik om die oorspronklike bewoording vas te stel.
‘n Verdere norm is dat kopieerders eerder iets sou byvoeg as om iets uit te laat. Ons beleef daardie selfde gevoel en sal ook eerder ‘n saak byvoeg, as om dit uit te laat, en so moontlik iets wat Jesus beveel het, verlore laat gaan!
‘n Derde saak is dat Kopieerders graag iets sou byvoeg wat vir hulle of vir hul geloofsgemeenskap belangrik was. Ons weet dat veral die katolieke in die kloosters oormatige vas en kastyding van die liggaam beoefen en beveel het. Dis juis in die kloosters dat baie van die duplisering van manuskripte gedoen is.
Dink jy dat hierdie sake moontlik ‘n toevallige of selfs ‘n doelbewuste ingoeging van “vas” kan verklaar?
Bogenoemde kriteria het te doen met die manuskripte en die duplisering daarvan. ‘n Volgende norm wat uiters delikaat hanteer moet word, is die intrinsieke kriteria. Hier vra ons wat Jesus tipies sou sê. Ons bepaal dit deur sy uitsprake in al die Evangelies te vergelyk.
1. Jesus het net drie keer oor vas gepraat. Die eerste keer was om nie aandag daarmee te trek nie, maar dit ‘n innerlike saak tussen jouself en God te hou. (Mat.6:16-18) Die tweede keer oor die feit dat sy dissipels nie soos Johannes die Doper, of die Fariseërs se dissipels vas nie. Hulle kan nie vas terwyl Hy nog by hulle is nie. (Mat.9:14-15, Mar.2:18-20, Luk.5:33-35) In Lukas 18:12 vertel hy ook van die Fariseër wat in sy gebed op sy goeie dade en ook sy vas geroem het. Hier is nie enige aspek wat ons nader aan ‘n antwoord bring nie.

2. Jesus het wel gevas, maar die Evangelies meld net die keer aan die begin van sy bediening, toe Hy deur die Satan versoek is. (Mat.4:1-11, Mark.1:12-13, Luk.4:1-13.) Nie een keer word vermeld dat Jesus self gevas het voordat Hy duiwels uitgedryf het nie!

3.Buiten vir hierdie saak wat onder bespreking is, het Jesus nie een keer in die 52 verse in die 1933/53-vertaling waar “bid” in voorkom, “vas” saam hanteer nie. Selfs nie in die gelykenis in Lukas 18 waar dit juis oor volharding in gebed gaan terwyl dit lyk of God die gebed nie verhoor nie!

4. Nie een keer het Jesus persoonlik gevas voordat hy duiwels uitgedryf het nie. Sou Hy iets as vereiste stel wat Hy self nie doen nie?

5. Toe Jesus sy dissipels uitgestuur het, het Hy duidelike voorskrifte gegee, maar vas was nie een daarvan nie. Hy het o.a. aan hulle die mag gegee om duiwels uit te dryf, maar nie vas as vereiste gestel nie. (Mat.10:5-15, Mark.6:7-13, Luk.9:1-6)
As jy na Jesus se optrede en uitsprake in die Evangelies kyk, dink jy dat dit tipies van Jesus sou wees om hierdie twee sake saam te vereis as voorwaarde vir die uitdryf van duiwels?

As jy na die eksterne en die intrinsieke kreteria kyk, wat sal jy daardie ouer antwoord? Het Jesus self vas as voorwaarde gestel, of het iemand anders dit moontlik later in die Bybel bygevoeg?

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Diatessaron, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Evaluering: maatstawwe, Interne Kriteria, Kanon, United Bible Societies Teks. Bookmark the permalink.

18 Responses to 39. Gebed en vas? Markus 9:29

  1. Pingback: 27 Maatstawwe vir die Evaluering van Variante | Bybelverskille

  2. Pingback: 21. Doelbewuste veranderings | Bybelverskille

  3. Pingback: 8. Die eerste eeu in oënskou. | Bybelverskille

  4. Pingback: 1. Direkte Vertaling | Bybelverskille

  5. Pingback: 4. Soorte Vertalings. | Bybelverskille

  6. Pingback: 27.1 Intrinsieke kriteria | Bybelverskille

  7. Pingback: 23.3 Westerse Tekstipe | Bybelverskille

  8. Pingback: 20 Doelbewuste Veranderings 3. | Bybelverskille

  9. Pingback: 43. Die Einde van Romeine | Bybelverskille

  10. Pingback: 45. Die Eerste Beginsels van die Wêreld. | Bybelverskille

  11. Pingback: 45. Die Eerste Beginsels van die Wêreld | Bybelverskille

  12. Pingback: 46. Die Engelekoor (Lukas 2:14) | Bybelverskille

  13. Pingback: 21.2 Leerstellige Oorwegings | Bybelverskille

  14. Pingback: 55 Oop of Geslote Kànon. | Bybelverskille

  15. Pingback: 63. Is Matteus 17:21 later ingevoeg? | Bybelverskille

  16. Pingback: vuur | Bybelverskille

  17. Pingback: Hy;dit | Bybelverskille

  18. Pingback: 82 Komme | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s