41. 1Johannes2:23 Wie die Seun erken…

1Joh.2:23 …wie die Seun erken, erken ook die Vader.

Ploegvoor. Foto van Flickr

Toe ek nog ‘n seun was, staan ek eendag en kyk terwyl my pa ploeg. Agter die ploeg stap twee van ‘n plaaswerker se seuns in die ploegvoor agterna. Die jongste, seker sowat vier jaar oud, steek vas by ‘n yslike spinnekop wat dreigend in die ploegvoor lê. Hy kyk op na sy ouboet wat hande agter die rug met groot treë in die voor aanstap en in die verte staar. Hy het sekerlik nooit die spinnekop raakgesien nie. Die mannetjie vat sy hande styf agter sy rug vas, kyk met gedetermineerde gesig ook in die verte en stap met groot treë bo-oor die spinnekop aan. “As ouboet so maak, dan ek ook!”
Iets van dié aard moes met die 1933/53- vertaling gebeur het toe 1Johannes 2:23 vertaal is. Daar staan : “Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.” Die tweede gedeelte van die sin: “…wie die Seun erken, erken ook die Vader…”, is uitgelaat, net soos in die Nederlandse Statevertaling en sommige Engelse vertalings soos: The Analytical-Literal Translation en die 1587 Geneva vertaling. Volgens e-sword het die 1611- King James Version reeds die regstelling gemaak maar in die meeste uitgawes is dit kursief gedruk.
Adam Clarke, LL.D., F.S.A., (1715-1832) het reeds daarop gewys dat Coverdale se Bybel, gedruk in 1535; Tindall se teks van 1548 en Richard Cardmarden se Engelse Bybel wat vòòr 1566 gedruk is, almal hierdie teks volledig in gehad het, en dat dit nie soos in die King James kursief gedruk moes wees nie. Mens kan byna nie glo dat ons vertalers nie van hierdie fout bewus was nie, “maar as die Statevertaling so maak, dan ons ook!”
Waar kom hierdie fout vandaan?
Dit is ‘n tipiese voorbeeld van wat Haplografie genoem word. Wanneer twee sinne met dieselfde woorde begin of eindig, kan die oog van die een na die ander spring en so kan mens ‘n gedeelte uitlaat.
Dit is presies wat in 1Johannes 2:23 gebeur het toe Erasmus die eerste Griekse teks gedruk het. Dit het gebeur omdat die twee opvolgende sinne met dieselfde woorde eindig, nl. “…ook die Vader.”
Op dieselfde wyse kan ‘n sin gedupliseer word, Dittografie genoem.

Hierdie tipe fout word maklik raakgesien en verklaar. Die ontbrekende woorde kan dan uit ander manuskripte aangevul word. So ontstaan ‘n saamgestelde teks. Bybelgenootskappe gebruik ‘n saamgestelde teks wat meer as 5000 Griekse manuskripte en talle ander bronne in ag neem. Hulle maak nie op ‘n enkele manuskrip as bronteks staat nie.
Een van ons belangrikste kodekse uit die jaar ±350, die kodeks Sinaïtikus het heelwat gevalle van haplografie. Nogtans is die res van die teks van uiterste belang en kom ooreen met fragmente uit die eerste en tweede eeue.
Wanneer daar foute soos spelfoute, omruiling van letters, haplografie of dittografie in ‘n dokument voorkom, kan dit maklik geïdentifiseer word. So ‘n fout moet doodeenvoudig reggestel word sodat ons kan lees wat God aanvanklik vir ons laat neerskryf het.

Wees geseënd.

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Desiderius Erasmus, Eerste Gedrukte Griekse NT, Haplografie, Sinaïtikus. Bookmark the permalink.

8 Responses to 41. 1Johannes2:23 Wie die Seun erken…

  1. Pingback: 31 Einde van die “Ons Vader-gebed” | Bybelverskille

  2. Pingback: 28. Uitdagings in Vertaaltegniek | Bybelverskille

  3. Pingback: 7. Die ontstaan van die Nuwe Testament; Inspirasie deur die Heilige Gees. | Bybelverskille

  4. Pingback: 6. Hoe verstaanbaar is die vertaling regtig? | Bybelverskille

  5. Pingback: 23.1 Aleksandrynse Tekstipe | Bybelverskille

  6. Kommentaar van Prof. Francois Malan (Emeritus) ontvang:
    Die vertallers van 1933 het baie probleme gehad oor watter teks hulle moes volg. SJ du Toit se vroeëre werk was uit die textus receptus, maar selfs sy seun Totius het gemeen dit moet slegs ‘n vertaling van die statebybel wees, wat sedert Jan van Riebeeck aan die Kaap gebruik is en deur die sinode van Dordt in 1618 goedgekeur is. In 1916 is toe besluit om die statevertaling te vertaal met noukeurige raadpleging van die grondteks (TR) met dieoog op verduidelikkings in kanttekenings. Dit is in 1920 bevestig. Die proefvertaling van die Evangelies en Psalms is egter baie swak ontvang as stompstert Hollands. In 1922 is toe besluit om uit die textus receptus te vertaal. Die proefvertaling van 1923 het groot byval gevind en 70,000 eksemplare is van die Vier Evangelies en Psalme verkoop, maar het ook kritiek gekry oor die taalgebruik bv. van jy en jou. In 1923 is besluit om uit die grondtale te vertaal, en die vertalers het die masoretiese teks vir OT en TR vir die NT gebruik. Daar is in 1927 protes aangeteken deur prof. Jannie du Plessis van Stellenbosch oor hulle kortstondige besluit om die textus receptus te gebruik wat die studie van die NT sedert 1550 misken.

    Omdat die textus receptus en die statevertaling nie 1 Jn 2:23b in gehad het nie, vir die redes wat jy hieronder aanvoer, het dit in die 1933/53 vertalings uitgeval.

    Francois Malan.

  7. Kommentaar van Prof. Bernard Combrink ontvang:

    Dit is bekend dat die 1933-vertalers doelbewus gekies het om nie van die Textus Receptus af te wyk nie, juis om nie van die teks van die Statevertaling (= Textus Receptus) af te wyk nie. Hulle was wel deeglik bewus van die beter bronteks wat toe reeds beskikbaar was, maar dit was ‘n strategiese besluit.

    Groete

    Bernard Combrink

  8. Pingback: Hy;dit | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s