23.1 Aleksandrynse Tekstipe

23;1 Die Aleksandrynse Tekstipe.
Hierdie tekstipe het in die omgewing van Aleksandrië in Noord Afrika ontstaan. Dit word baie wyd aanvaar dat die Aleksandrynse Tekstipe ‘n baie ou vorm van die teks in al die belangrike punte verteenwoordig. Dit was voorberei deur bekwame taalversorgers wat opgelei is in die wetenskaplike taalkundige tradisies van Aleksandrië, in Noord Afrika. Verskeie belangrike papirus kodekse, soos o.a. p66 en p75 wat dateer uit die einde van die tweede of begin derde eeu, bewys dat hierdie tekstipe ‘n argetipe van vroeg in die tweede eeu verteenwoordig. Dit het ook nie die sistematiese grammatikale of stilistiese veranderinge ondergaan waaraan ander tekstipes onderwerp is nie. Feitlik alle spesialiste van die Griekse Nuwe Testament beskou hierdie tekstipe as die betroubaarste getuie en die naaste aan die oorspronklike bron manuskripte.

Hierdie tekstipe word egter nie slaafs deur die moderne tekssamestellers vir die Bybelgenootskappe nagevolg nie. As voorbeeld kyk ons na Mat.27:49. In Kodekse Sinaitikus en Vatikanus (die hoofgetuies van hierdie tekstipe uit ±350 n.C.), tesame met Ephraemi (±450), Regius (±750), 1010 (±1150) asook ‘n Siriese vertaling van voor 500n.C. en enkele andere, kom die volgende woorde daarin voor: “Die ander het ‘n spies geneem en in sy sy gesteek en water en bloed het uitgekom.” Die Bybelgenootskappe aanvaar dat hierdie woorde vanuit Joh.19:34 hier in Matteus ingevoeg is. Omdat die bewyse, asook ander oorwegings meer oortuigend is, laat hulle hierdie vers eerder uit, as om net vas te hou aan die Aleksandrynse tekstipe. Die hoofgetuies van hierdie tekstipe is:
1. Proto of Vroeë-Aleksandryns:
1) Papirus 66, 150-200 nC., bevat Joh.1:1-14:26. Vertoon ‘n Aleksandryns met Westers gemengde tekstipe met soms unieke lesings soos Joh.7:52: “Ondersoek en sien dat die profeet nie uit Galiléa opgestaan het nie.” Alle ander manuskripte lees: “’n profeet” of “geen profeet”
2) Papirus 75, 175-225 nC., bevat dele van Lukas en Johannes. Sedert 2007 word hierdie manuskrip saam met p74 in die Vatikaan bewaar.
3) Papirus 45, 200-250 nC., bevat Handelinge, (+evangelies in Sesareaanse tekstipe.)
4) Papirus 46, 200 nC., bevat dele van Romeine, Hebreërs, 1+2 Korintiërs, Efesiërs, Galasiërs, Filippense, Kolossense and 1Tessalonisense.
Hoewel die papiri nie groot dele van die Skrif bevat nie, kan hul waarde, as oudste dokumente waarteen latere meer volledige kodekse vergelyk kan word, nie oorbeklemtoon word nie.
In die laat 1880’s en nà 1970 is groot hoeveelhede brokkies papirus asook grafskrifte ontdek. Baie hiervan kan gedateer word in die eerste en tweede eeue, feitlik in die tyd wat die NT. geskrifte ontstaan het! Sommige van hulle bevat net enkele woorde, of ‘n sinsnede uit Nuwe Testamentiese geskrifte wat byvoorbeeld as ‘n seën in amulette gebruik is. Weereens is die waarde hiervan dat ons kan weet dat ‘n spesifieke sinsnede of bewoording in daardie tyd só bestaan het.
5) Kodeks Sinaiticus, א Griekse Unsiale kodeks. OT+NT. Teks Alexandryns (±350 n.C.)” Dit bevat die hele Bybel. Dit word by verre gereken as die beste getuie van die Nuwe Testament.

Dr. Constantin von Tischendorf. Wikipedia
Die Sinaiticus word in die Britse Museum, London bewaar. Tans word dit volledig op die internet beskikbaar gestel juis vanweë die uiterste belang van hierdie kodeks.www.kodexsinaiticus.com
6) Kodeks Vaticanus (B) ±350 nC. Dit bevat beide Ou en Nuwe Testamente, asook die apokriewe Boeke behalwe die Makkabeërs. Tans is drie dele verwyder, nl. die eerste 46 hoofstukke van Genesis, 30 Psalms en vanaf Heb. 9:14, 1 en 2 Timoteus, Titus, Filemon en Openbaring. Hierdie is die tweede belangrikste getuie van die Nuwe Testament en is in die Vatikaan in Rome.
7) Kodeks Alexandrinus (A) ±450 nC. Dit bevat die Ou en die grootste deel van die Nuwe Testament. In die evangelies is dit die oudste getuie van die Bisantynse Tekstipe. Die res van die Nuwe Testament is waarskynlik van ‘n ander Bronteks gekopieer, en verteenwoordig die Aleksandrynse Tekstipe, gereken saam Sinaiticus en Vaticanus.
1b. Later Alexandryns:
1) Kodeks Ephraemi (C) Palimpsest ±450 nC. Bevat 5/8e van elke deel van die NT behalwe 2 Tessalonisense en 2 Johannes. Die teks is ‘n voorbeeld van ‘n mengsel van al die tekstipes.
2) Kodeks Regius (L) ±750 nC. Bevat die evangelies feitlik volledig. Dit is swak geskryf met talle nalatige foute, maar bevat ‘n goeie tekstipe, wat dikwels ooreenstem met Vaticanus. Word bewaar in Bibliothèque Nationale, Paris.
3) Kodeks Washington(W) 375-425 nC. Dit bevat die evangelies. Dit is vreemd dat verskillende dele verskillende tekstipes verteenwoordig. H.A. Sanders gaan van die standpunt uit dat hierdie kodeks moontlik gekopieer is van ‘n bronteks wat saamgestel is uit fragmente van verskillende manuskripte wat aanmekaar gelas is na die poging van Diocletianus (245-313 nC.) om die Christendom te vernietig deur hul heilige boeke te verbrand.

Matteus:       Bisantyns

Markus:        1:1 tot 5:30, Westers

5:31 tot 16:20, Siseriaans Stem ooreen met Papirus 45

Lukas:          1:1 tot 8:12, Aleksandryns

8:13 tot 24:53, Bisantyns

Johannes:    1:1 tot 5:11 Gemengde teks, ‘n katern (quire) wat ±650 die vorige vervang het.

5:12 tot 21:25, Aleksandryns

‘n Interessante invoeging kom na Markus 16:14 voor. Op Jesus se verwyt oor die dissipels se ongeloof oor die berigte van Sy opstanding het hulle Hom glo geantwoord: “En hulle het hulleself verskoon en gesê, ‘hierdie eeu van wetteloosheid en ongeloof is onder Satan, wat nie die waarheid en krag van God toelaat om te heers oor die onrein dinge van die geeste nie. Daarom, openbaar U geregtigheid nou’ – dit het hulle vir Christus gesê. En Christus het hulle geantwoord, ‘die tydperk van jare van Satan se krag is vervul, maar ander verskriklike dinge kom nader. En vir hulle wat gesondig het, is Ek oorgelewer aan die dood, sodat hulle kan terugkeer na die waarheid en nie meer sondig nie; sodat hulle die geestelike en onverderflike glorie van geregtigheid mag erf wat in die Hemel is.’ “
4) Minuskel manuskrip (MS) 33; ±875 nC. Dikwels genoem “die koningin van minuskuls”. Bevat die hele NT. behalwe Openbaring. Uitstekende voorbeeld van die Aleksandrynse tekstipe maar met Bisantynse invloed in Handelinge en die Paulusbriewe. Word bewaar in die Nasionale biblioteek, Parys.
5) MS 383 ±1250 n.C. Bevat die Pauliniese asook die Algemene briewe in die Alexandrynse tekstipe, en Handelinge in Westerse tekstipe. Dit beslaan 181 perkament bladsye van 18x13cm. Slegs Heb.13:7-25 ontbreek. Word bewaar in die Bodley biblioteek in Oxford.
Die Aleksandrynse tekstipe word ook verteenwoordig deur 12 ander unsiale kodekse en ten minste 13 minuskel manuskripte.

Wees geseënd

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Aleksandrynse Tekstipe, Sinaïtikus, United Bible Societies Teks. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s