23.4 Bisantynse Tekstipe

23.4. Bisantynse Tekstipe.
Die Bisantynse tekstipe is gebaseer op die harmoniëring wat Lucianus van Antiogië ongeveer 310 nC. voorberei het. Hy en sy helpers het doelbewus die elemente van die verskillende vroeër tekstipes gekombineer.
Die Griekse Ortodokse Kerk het ‘n manuskrip van hierdie teks gebruik om afskrifte vir hul kerke te maak. Dit het veroorsaak dat geweldig baie kopieë van hierdie tekstipe gemaak is. Die vraag ontstaan nou of baie afskrifte van een manuskrip swaarder moet weeg as een afskrif van ‘n manuskrip van ‘n ander tekstipe.

In die lig van die sekondêre oorsprong van die tekstipe as geheel, beskou ondersoekers van die Nuwe Testament, asook die meeste Bybelgenootskappe dit eerder as van minder waarde. Die belangrikste getuies van hierdie tekstipe is:
1) Kodeks Alexandrinus (A); (±450 nC.) Bevat die Ou Testament en die grootste deel van die Nuwe Testament. In 1627 het Cyril Lucar, Patriarg van Konstan¬tinopel dit aan Koning Charles 1 van Engeland geskenk. Dit word in die Britse Museum, London bewaar. In die evangelies is dit die oudste getuie van die Bisantynse Tekstipe. Die res van die Nuwe Testament verteenwoordig die Aleksandrynse Tekstipe en was moontlik van ‘n ander bronteks gekopieer.
, Bevat almal die evangelies en is gedateer in die negende eeu behalwe vir P uit die sesde. 4) Kodeks Washington(W); (375-425 nC.) bevat die evangelies waar gedeeltes verskillende tekstipes verteenwoordig, soos hierbo vermeld. Matteus en Luk.8:13-24:53 verteenwoordig die Bisantynse tekstipe.,2) Kodeks Basiliensis (E); (±750 nC.) Bevat die evangelies. Bewaar in die Universiteit van Basel. 3) Kodekse F, G, H, K, P, S, V,
5) Kodeks 049 (±850 nC.) Bevat Handelinge en Paulus se Briewe.
6) Kodekse 046, 051 en 052; Tiende eeu, bevat Openbaring.
7) Die meeste minuskel manuskripte verteenwoordig die Bisantynse tekstipe en dateer nà die negende eeu.
8.) Die eerste gedrukte Griekse teks wat deur Desiderius Erasmus in 1516 gepubliseer is, later bekend as die Textus Receptus, word beskou as die finale vorm van hierdie tekstipe. Nogtans het Erasmus se teks byna 2000 verskille van die standaard Bisantynse Teks.

Omdat Erasmus se gedrukte Griekse teks so maklik bekombaar was, en so algemeen versprei was, het dit as bronteks gedien vir die meeste vertalings wat nà 1516 gemaak is, soos o.a. die King James Vertaling, die Hollandse State Vertaling en ook die 1933/53 Ou Afrikaanse Vertaling. Die probleem is dat Erasmus se teks gebaseer is op net ses manuskripte (Verskillende dele vd. N.T.) van hierdie tekstipe wat almal uit die tyd 1200 – 1500 n.C. dateer. Hulle bevat feitlik al die veranderinge wat deur die eeue ontstaan het. Omdat ons gewoond geraak het aan hierdie vertalings, word enige regstelling terug na die oorspronklike Outografieë, maklik gesien as afwykings van die “ware Woord ven God”. Die waarheid is egter dat Erasmus se teks eerder die afwyking is.
Kom ons aanvaar eerder die Woord van God soos Hy dit oorspronklik gegee het, “en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord ”. (1Pet2:2) Ek verkies ‘n standpunt wat ooreenstem met Paulus wanneer hy in 2 Kor. 4:2 verklaar: “ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar bring die waarheid aan die lig …”
Wees geseënd!
Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Bisantynse Tekstipe, Desiderius Erasmus, Eerste Gedrukte Griekse NT. Bookmark the permalink.

2 Responses to 23.4 Bisantynse Tekstipe

  1. Pingback: 50 Vrou in die Amp: Is 1Kor.14:34-35 ‘n Glos? | Bybelverskille

  2. Pingback: 50. Vrou in die Amp. | Bybelverskille

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s