23.5 Kodeks Sinaïtikus

23;5 Kodeks Sinaïtikus

Kodeks Sinaiticus,  א is ‘n Griekse Unsiale kodeks wat beide die Ou en Nuwe Testamente bevat, asook enkele apokriewe geskrifte. Dit dateer uit ongeveer 350 n.C. Die Nuwe Testament in ‘n uitstekende voorbeeld van die Aleksandrynse tekstipe. Dit word by verre gereken as die beste getuie van die Nuwe Testament.
Dr. Constantine von Tischendorf, ‘n dosent aan die Universiteit van Leipzig het die klooster van St. Catharine by die berg Sinai in 1844 besoek, op soek na antieke manuskripte. In ‘n snippermandjie wat vir die kaggel bestem was, ontdek hy 43 perkamentbladsye. Dit kom uit die Septuagint, die Griekse vertaling van die OT. Hy is toegelaat om dit te neem, en het dit gepubliseer as Kodeks Frederico-Augustanus. Tydens ‘n volgende besoek in 1853 kon hy niks verder vind nie, maar met sy derde besoek in 1859 het hy ‘n afskrif van sy gepubliseerde kodeks aan die hoof opsigter van die klooster geskenk. Diè het hom toe sy eie antieke kodeks gewys. Tischendorf het dit dwarsdeur die nag bestudeer. Hy wou dit koop, maar is geweier.

Hy moes die volgende dag na Kairo vertrek, waar hy die hoof van die klooster ontmoet het en deur hòm die manuskrip laat haal het. Daar het hy en ‘n Duitse apteker en ‘n boekhandelaar binne twee maande die meer as 110,000 reëls van die manuskrip gekopieer. Met die hulp van die tsaar van Rusland, destyds die beskermheer van die Grieks Ortodokse Kerk, is die kodeks aan die tsaar geskenk in ruil vir aansienlike finansiële geskenke, asook bepaalde dekorasies aan senior personeel van die klooster. Die kodeks is toe na Rusland geneem. ‘n Uitgawe met lettertipes wat geskep is om so na moontlik aan diè van Sinaiticus te vertoon, is in 1862 gepubliseer. In 1933 het die Britse Museum, Londen, met die hulp van die staat en privaat donateurs daarin geslaag om die Sinaiticus vir £1000 van Rusland te koop. Aanvanklik het Sinaiticus die volledige Ou en Nuwe Testamente bevat, asook enkele apokriewe boeke. Dele van die OT het verlore gegaan. Die Nuwe Testament is nog ongeskonde, geskryf in netjies unsiale skrif, pragtig gedoen en volledig leesbaar. Ongelukkig het die kopieerder baie oppervlakkige foute gemaak. Gelukkig kan die bronkopie waarvan hy gekopieer het, nogtans duidelik nagevors word as ‘n vroeë voorbeeld van die Alexandrynse tekstipe. Normaalweg kan twee tipes korrektors in ‘n manuskrip geïdentifiseer word. Die eerste is korreksies nog voor die dokument die kopieersentrum verlaat, hetsy deur die kopieerder self, of deur sy opsigter. Die tweede tipe is iemand wat op ‘n latere stadium die dokument wil aanpas by die kopie wat hy op daardie stadium by hom het. In die Sinaïticus kan ten minste vier latere korrektors aangedui word. Ireneus wat in 202 oorlede is, het al ‘n ernstige bede uitgespreek dat toekomstige kopieerders nie die inhoud van dokumente moet verander nie. Vir die vasstel van die oorspronklike outografie is die oorspronklike bewoording van die manuskrip van uiterste belang, en nie die aanpassings wat selfs honderde jare later aangebring is nie.

Hierdie kodeks word in die Britse Museum, London bewaar. Vanweë sy groot belang wêreldwyd, word die hele kodeks tans op die internet beskikbaar gestel en kan bladsy vir bladsy bestudeer word by http://www.codexsinaiticus.com

Ons dank God dat Hy hierdie kodeks vir ons bewaar het terwyl so baie ander beskadig of vernietig is.

Wees geseënd

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Betroubaarheid van Teks. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s