54. Die vrou in Owerspel betrap. (Joh.7:53-8:11)

Die vrou in Owerspel betrap. (Joh.7:53-8:11)
Owerspelige Vrou deur Lorenzo Lotto. Fotocrediet: MookiefSoos in feitlik alle moderne vertalings kom daar ook in die Nuwe Afrikaanse Bybel ‘n nota onder aan die bladsy voor: “Volgens die gebruikte grondteks is 7:53 – 8:11 eers later ingevoeg.”
Wat is die werklike feite?
Die uitdaging waarvoor elke gelowige en spesifiek die vertaler van die Woord van God staan, is om vas te stel wat werklik deur God gegee is as sy Woord. Niks minder nie, maar ook niks meer nie. “Sola Scriptura”, onvervals en onveranderd!
Moet ons hierdie gedeelte behou as “Woord van God”, of moet ons dit as latere invoeging van een of ander onbekende oorsprong verwerp en uitlaat?
Kom ons kyk eers na die werklike feite wat uit die manuskripte na vore kom.

Johannes 7:53 – 8:11

Moontlikhede: Ingevoeg: Uitgelaat:
Getuies: Grieks: Gemerk as onseker, ander plek Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 p66, p75 Diatessaron
201-300 Didascalia Sahidies Clementus, Tertullianus, Origenus, Cyprianus
301-400 Vulgaat, Bohairies Apostoliese Konstitusie, Ambrosiaster,
Ambrosius
א, B, W Oud Latyn, 2 Siries, Bohairies, Achmimies, Goties
401-500 D 3 Oud Latyn, Siries, Armeniaans, Etiopies Augustinus, Hieronimus A, C, T Siries, Armeniaans, Georgiaans. Chrysostomus, Nonnus, Cyrelius
501-600 Oud Latyn N Oud Latyn Cosmas
601-700 2 Oud Latyn, Siries 1 Unsiale manuskrip 2 Oud Latyn
701-800 E L, Ψ
801-900 H, K, M, U F, Λ, Π X, Y, Δ, Θ
901-1000 G, Γ S 1 Unsiale manuskrip
1001-1600 15 Minuskules meeste Bisantynse voorleesbundels 5 Minuskules, f1, f13, 6 Bisantynse voorleesbundels Oud Latyn 12 Minuskules Theohpylact

1. Eksterne kriteria
By die beoordeling van manuskripte moet ons in gedagte hou dat die Nuwe Testament oorspronklik in Grieks geskryf is. Daarom is die Griekse manuskripte van die grootste belang. Kodeks Bezae (D), ‘n manuskrip met buitengewone byvoegings en unieke lesings uit die vyfde eeu, en kodeks Basiliensis (E), waarin die kopieerder self aandui dat hy die egtheid van hierdie gedeelte betwyfel, is die enigste Griekse manuskripte wat die gedeelte tot die jaar 800 n.C. in het. Daarteenoor ontbreek dit in twaalf unsiale Griekse manuskripte tot 800 n.C.!
Wat vertalings betref het beide moontlikhede gelyke getalle, maar die invoeging word deur vyf tale verteenwoordig, teenoor agt wat dit nie in het nie.
By die Kerkvaders verwys ses na hierdie deel, terwyl tien, waarvan Origenes, Chrysostomus en Nonnus wat ‘n vers vir vers kommentaar op die hele NT geskryf het, dit nie ken nie. Dit is opvallend dat Tatianus wat maklik tekste manipuleer, dit nie in sy saamgestelde geskrif, die Diatessaron ingesluit het nie. Moontlik het hy dit nie geken nie.
Die feite vanuit die Griekse manuskripte, antieke vertalings asook die  aanduiding dat weinig Kerkvaders van hierdie perikoop bewus was, dui sterk teen die insluiting van hierdie perikoop in die evangelie van Johannes.
2. Interne gegewens.
Hier let ons op die kriteria vanuit die kopieerders self. i) In baie manuskripte dui die kopieerder self aan dat hy die egtheid van hierdie perikoop betwyfel. ii) Dit kom op verskeie ander plekke in die NT voor soos nà Joh.7:36, of Joh.7:44, of Joh. 21:24, of selfs nà Luk.21:38, en Luk.24:53. iii) Waar dit tans staan, onderbreek dit die gesprek wat Jesus in die tempel met die Fariseërs voer. Daar is ‘n breuk in logika; want elkeen het weggegaan (vs.9) en niemand het gebly nie (vs.11), en tog spreek Jesus weer met hulle (vs.12)
Weereens leun die feite swaar teen die insluiting van hierdie perikoop in Johannes.
3. Intrinsieke kriteria.
Hier is veral twee sake ter sprake. i) Is die woordgebruik en styl in ooreenstemming met Johannes? Matteus gebruik die kombinasie “skrifgeleerdes en Fariseërs” in 11 verse, Markus in 3 en Lukas in 6. Die twee woorde kom ook in baie ander kombinasies by hulle voor. Johannes daarteenoor verwys 18 keer na “Fariseërs” alleen in sy Evangelie, maar “Skrifgeleerdes” kom net èèn keer in die hele Evangelie voor, nl. hièr. Wat styl betref is dit algemeen dat Johannes ‘n besondere gebeurtenis opvolg met ‘n uitgebreide teologiese gesprek deur Jesus, maar by hierdie gebeurtenis wat uitroep vir so ‘n gesprek, ontbreek dit. Hierdie perikoop toon alle aanduidings dat dit nie deur Johannes geskrywe is nie.
ii) Wat van groter belang is, is of hierdie gebeurtenis as eg “Jesus” beskou kan word. Alles dui daarop. Geen asketiese monnik sou dit uitdink en die vrou so lig laat vrykom nie! Jesus veroordeel nie, maar bemagtig. Jesus gee ‘n tweede kans, maar plaas die verantwoordelikheid op die persoon self.
Wat die intrinsieke kriteria is dit duidelik dat heirdie perikoop nie deur Johannse neergeskryf is nie, maar dat dit eg en outentiek aan Jesus se benadering en bediening is.

Beoordeling:
Daar is ernstige vrae oor die oorsprong en posisie van hierdie perikoop in die Evangelies, of in Johannes.
Daar is duidelike bewyse dat dit nie deur Johannes geskryf is nie, of deel van die oorspronklike Evangelie was nie. Maar dit is juis Johannes wat sê dat Jesus “nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie.” (Joh.21:25)

Kopieerders wat in ‘n skriptorium gewerk het, (ná ±320 n.C.) is per reël (15-16 letters) wat hulle kopieer het, betaal. Omdat individuele kopieerders meer of minder letters in ‘n reël sou skryf, is ‘n standaard telling vir die geskrifte opgestel. Matteus is vergoed teen 2,560 reëls, Markus teen 1,616, Lukas teen 2,750 en Johannes teen 2,024 reëls. Tel ons die letters in Johannes, is dit duidelik dat hierdie amptelike telling die vrou wat in owerspel betrap is, uitgesluit het. Dit was in daardie tyd nog nie  deel van die Johannes Evangelie nie!
Nogtans is hierdie gebeurtenis eg aan Jesus.
Hoe moet ons hierdie perikoop beoordeel?
Hierdie perikoop was na alle waarskynlikheid ‘n swewende tradisie in die Westerse kerk, wat as ‘n los velletjie perkament in die manuskripte ingevoeg is. Kopieerders het dit later moontlik ingeskryf waar hulle dink dit kon pas.

Die kànon vraag.
Die geskrifte wat ons as die Nuwe Testament ken, het almal gedurende die eerste eeu ontstaan. Maar in dieselfde tyd en veral daarná het baie ander geskrifte ontstaan wat ook geestelike inhoud bevat het, maar wat ook verdigsels en verdraaiïings bevat het, dikwels as pseud-epigraaf onder die naam van ‘n apostel geskryf is. Vroeg reeds het dit geblyk dat net sommige geskrifte as riglyn of kànon vir die geestelike lewe aanvaar en gebruik is, Toe daar by die sinode van Hippo in 393 n.C. besluit is watter geskrifte amptelik as kànon aanvaar is, was ‘n apostel as skrywer die belangrikste kriterium. Kyk ons na die manuskripbewyse is dit baie moontlik dat hierdie perikoop nie deel van die evangelie van Johannes was toe hierdie evangelie as kànon aanvaar is nie. Dit bring die vraag na vore: Wat is ons begrip van die kànon, wat Sola Scriptura, alleenlik die Skrif bepaal? Sluit ons die kànon met die geskrifte van die Apostels, en ‘n afsnydatum van 100 n.C.? Of die sinode van Hippo in 393 n.C.? Of die Roomse Vulgaat van Hieronimus, ±382 n.C.? Of die Griekse meerderheidsteks wat veranderinge en aanpassings tot ±1500 bevat? Of moet ons aan Desiderius Erasmus die finale gesag toeken met sy gedrukte Griekse teks van 1516?
Of moet ons ‘n oop kànon aanvaar? Op grond waarvan aanvaar of verwerp ons ‘n geskrif of skrifgedeelte? Moet ons as kriterium dít neem waaraan ons gewoond geraak het, al dui die objektiewe bewyse op ‘n onbekende skrywer, of op ‘n baie later datum?
Die egtheid van Jesus se ontmoeting met die vrou wat in owerspel betrap is, roep myns insiens op die insluiting in die Bybel. Maar alles dui daarop dat Johannes dit nie neergeskryf het nie, en dit veroorsaak ‘n onderbreking in Jesus se gesprek met die Fariseërs in die tempel! Moet vertalers dit nie eerder aan die einde van Johannes plaas nie?

As u die finale besluit moes neem, wat sou u keuse wees en wat die motivering daartoe?

Vertaling is ‘n geweldige verantwoordelikheid, want ons het te doen met die Woord van die Lewende God!

Seën

Herman.
Laat asseblief enige opmerking onder aan die bladsy.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Diatessaron, Glos, Inspirasie deur Heilige Gees, Kanon and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to 54. Die vrou in Owerspel betrap. (Joh.7:53-8:11)

  1. Pingback: 55 Oop of Geslote Kànon. | Bybelverskille

  2. Jan Olivier says:

    Met die inligting hierbo deur u verskaf, wil dit so al vir my lyk of die gedeelte dalk uitgeval het by een van die ander drie evangelieskrywers ?
    Groete in Jesus
    Jan Olivier

    • Beste Jan, Baie dankie dat jy my blog besoek het en hierdie kommentaar gelewer het.
      Hierdie is ‘n baie moeilike probleem om tot bevredigning op te los. Die beste verklaring is dat dit deur ‘n onbekende skrywer geskryf is, maar van vroeg reeds as ‘n los velletjie perkament saam met die evangelies saamgestuur is. Dit is waarom party kopieerders dit later op twee verskillende plekke in Lukas ingesluit het, en ander dit op vier verskillende plekke in Johannes. Baie van die kopieerders het ook direkte aanduidings gegee dat hy die egtheid daarvan betwyfel. Dit is so tipies Jesus, dat mens dit nie sou wou verloor nie. Daarom is dit vir ons bewaar.
      Al is dit nie deur een van ons vier evangeliste geskrywe nie, kan ons dit onteenseglik as Woord van God aanvaar met volle gesag soos die res van die Nuwe Testament. Dit bly net ‘n vraag waar die beste plek sou wees om dit in te voeg. Na my opinie sou dit die beste wees aan die einde van Johannes sodat dit nie enige redinasie sal onderbreek nie.
      Seën
      Herman Grobler.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s