55 Oop of Geslote Kànon.

Oop of Geslote Kànon.

Die hele kwessie van die kànon kom telkens na vore in die beoordeling van variasies in manuskripte. Daarom plaas ek hier ‘n aantal vrae wat daaroor ontstaan het, tesame met my antwoord daarop.
Onder “kànon” verstaan ek die geskrifte wat deur die verskillende Kerke as riglyn vir hul geestelike lewe aanvaar word. Ek ervaar kànon op twee vlakke, nl. 1), “makro kànon” wat die Bybelboeke self behels. As protestante aanvaar ons die 66 boeke wat in ons Bybles voorkom. Die Roomse Katolieke Kerk, die Griek Ortodokse Kerk en die Koptiese Kerk aanvaar egter ‘n paar ander geskrifte wat ons onder die Apokriewe hanteer, ook as gesaghebbend en bepalend vir hul geestelike lewe. 2) Die tweede aspek wat onder kànon sorteer, sien ek as “mikro kànon”. Dit behels spesifieke woorde en sinsnedes waaroor daar verskillende variasies in die manuskripte tot ons beskikking bestaan. Met deeglike wetenskaplike studie en met die benutting van aanvaarbare kriteria moet die vertaler van die Woord van God vasstel watter bewoording die oorspronklike outografie sou verteenwoordig. Dit kan ‘n enkele letter (Luk.2:14), woord (Markus 9:29), sinsnede (1Joh.5:7-8) tot selfs ‘n paragraaf (Joh.7:53-8:11) behels.

Na aanleiding van Joh.7:53-8:11 het ek die volgende vrae ontvang wat ek kortliks beantwoord:

• Watter gedeeltes in die Bybel kan ek as waar aanvaar en watter is “onwaar”, of slegs ‘n latere bygevoeging?
Alles wat ons in ons Nuwe Bybel het, is waar en kan volkome aanvaar word as Woord van God. In Joh.7:53-8:11 gaan dit net daaroor dat Johannes dit nie self geskryf het nie. Ons weet nie wie dit geskryf het nie, maar dis so duidelik eg van Jesus dat ons nie daaroor hoef te twyfel nie.
• Watter gedeelte van die kánon is dus “korrek”
Kànon gaan om dit wat ons as gelowiges aanvaar as riglyn vir ons geestelike lewe. Nêrens in die Nuwe Testament kry ons so ‘n opdrag van God self nie, maar tussen al die verwarrende geskrifte wat in daardie tyd ontstaan het, moes die gelowiges besluit wat hulle as bindend beskou, en wat nie. Hul riglyn was die geskrifte wat deur die apostels self (insluitend Paulus) geskrywe was. Dat hierdie gebeure rondom die owerspelige vrou nie deel van Johannes was nie, maar as belangrike “mini-getuienis” saam versprei is, maak dit duidelik dat dit vroeg reeds as kànon aanvaar was. Dit is net so ‘n riglyn vir ons eie geestelike lewe, al het dit nie voldoen aan die “bepalings” van die Kerk by Hippo in 393 n.C. nie.
• Is persone, veral moderne teoloë wat die Bybel en die gesag daarvan betwis, dan tog gedeeltelik reg?
Die leuen ry dikwels op die waarheid! Verskille en variasies in die manuskripte is ‘n feit – dit kan nie weggeredineer word nie. Wat ons daarmee doen is van belang. Dat daar valse leraars sal wees, het Jesus reeds voorspel. Dis waarom ek liewer die feite openlik op die tafel sit en as iemand wat werklik in die Drie-Enige God as die enigste ware God glo, riglyne gee oor hoe ons dit moet hanteer. Dan sal ons nie heen en weer geslinger word deur hierdie mense se dwaalleer nie.
• Hoe werk die “inspirasie van die Heilige Gees” met die skryf van die Bybel.
Die Heilige Gees het van binne uit die apostels gevul, geleer en gelei om God se openbaring te verstaan en hoe dit vervul is in Jesus. Dit beteken nie dat die apostels net lewelose “skryfmasjiene” was nie. Inteendeel sien ons hul eie manier van skryf, voorkeur aan spesifieke woorde en ‘n toespitsing op hul bedoelde lesers duidelik in elkeen se geskrifte. Jesus het belowe dat die Heilige Gees sy volgelinge in die volle waarheid sal lei. Tot vandag toe “inspireer” die Heilige Gees die verkondigers van die Goddelike Woord. Die verskil is net dat ons vandag die Woord van God uitlê en van toepassing vir ons omstandighede maak, en ons verkondiging aan die kànon meet, maar nie nuwe openbarings skep nie. God het homself voldoende in die geskrifte van die Bybel openbaar. Niks meer is nodig nie!
• Maak die feit van die keuse wat die vertaler moet uitoefen, die Bybel subjektief? (Die vertaler se eie interpretasie?)
‘n Vertaling van die Bybel mag nooit subjektief wees nie. ‘n Parafrase wel. Bybelvertalers maak groot erns om presies te bepaal wat die aanvanklike boodskap is, en hoe die eerste lesers dit sou verstaan. Dan gee hy dit weer op so ‘n manier dat ons dieselfde sal verstaan, of hy daarvan hou of te nie!.Hy mag nie sy eie idees, voorkeure of interpretasies “invertaal” nie. Dit skep natuurlik probleme met begrippe wat vandag heel anders verstaan en toegepas moet word. Bv. ‘n slaaf is ‘n heel ander begrip as ‘n bediende of ‘n werknemer, en die onderdanigheid van die vrou aan haar man het ‘n ander inhoud in die Bybelse tyd as wat ons huweliks verhoudinge vandag het. Maar die vertaler moet “vertaal”, en die prediker moet eksegese doen, interpreteer en toepas sodat binne ons omstandighede dieselfde wil van God sal deurkom. Beide persone moet biddend afhanklik na die stem van die Heilige Gees luister. Nêrens is daar ruimte vir subjektiwiteit nie.
• Word die vertaler wat die keuse uitoefen, nou die finale bepaler van die kànon?
Dit is ‘n geweldige uitdaging om regtig objektief na die hele kànon vraagstuk te kyk. Deur dit net te vermy, maak ons in wese vir Desiderius Erasmus in persoon die finale bepaler van die kànon. Oor hierdie uiters belangrike onderwerp is daar groot dwaalstrome. Die vertaler moet bepaal watter bewoording die oorspronklike Woord van God verteenwoordig. Daardeur bepaal hy nie die kànon nie, maar bevestig hy dít wat reeds aan die begin deel van die kànon was.
• Is dit nie beter om die Textus Receptus as God se “voorsienige bewaring van die teks” te aanvaar, ipv die die keuse van ‘n moderne vertaler vanuit die UBS-teks as God se “voorsienige vasstelling van die teks” nie?
Ek vervaardig nie “feite” nie, en so ook nie die Bybelvertalers nie! Dat daar variasies, foute en selfs doebewuste veranderinge deur die jare in sommige manuskripte ontstaan het, is ‘n feit. Om hierdie veranderinge net lukraak te aanvaar as “voorsienige bewaring van die teks”, plaas mens steeds voor die vraag: Watter veranderinge en watter teks moet ons as kànon aanvaar? Die Textus Receptus wat in vroeër vertalings as bronteks gebruik is, verskil met meer as 2000 plekke van die Standaard Griekse teks van die Grieks Ortodokse Kerk! Dat God toegelaat het dat mense deur die eeue wel die teks verander het, moet nie gesien word as dat God sy openbaring “aangepas” het nie. Nee, in sy genade het Hy dit ongestraf toegelaat. Maar dit beteken nie dat ons nou hierdie teks moet aanvaar nie. God het vir ons antieke manuskripte, vertalings en aanhalings deur kerkvaders laat bewaar sodat ons met nugtere denke en aanvaarde metodes die variasies kan evalueer sodat ons kan bepaal wat God oorspronklik laat neerskryf het.
• Hoe bepaal mens wie regtig die waarheid oor die oorspronklike teks beethet?
Ek besef terdeë dat baie van ons mense liewer die onderwerp vermy en vashou aan die vertaling wat ons verkies, maar feite is feite, of mens dit konfronteer en hanteer of nie! Sonder om die feite objektief onder oë te neem, is mens uitgelewer aan die propageerders van die ouer vertalings soos die KJV en die 1933/53 Bybel aan die een kant en die NIV en Nuwe vertaling aan die ander kant. Dis waarom ek die werklike feite op die tafel plaas en die ongemaklike vrae vra! Alles wat bedek is, kom een of ander tyd aan die lig. Deur as gelowige self daarmee te worstel, kry mens insig, ook in die geweldige verantwoordelikheid waarmee die vertaler voor God en mens staan!

Seën

Herman.

Laat gerus u kommentaar onder aan die bladsy.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Apokriewe, Inspirasie deur Heilige Gees, Ontstaan van NT. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s