60 Die Engel by Betesda, Joh.5:4

60 Die Engel by Betesda, Joh.5:4

Die uitdaging voor ons is om te bepaal of die beskrywing van die Engel wat die water by die bad van Betesda geroer het, oorspronklik deur Johannes self geskryf was, en of iemand anders dit later ingevoeg het. (Joh.5:4).

Die manuskripte tot ons beskikking, val in twee groepe uiteen. Dié wat vers 3b en 4 in het, (soos ook die KJV en die 1933/53 Afrikaanse Bybel) en dié daarsonder, (soos die NIV en die 1983-Vertaling).

Die verlamde man meld sy nood in vers 7. Hy het niemand om hom te help om in die bad te kom wanneer die water geroer word nie – telkens gaan iemand anders voor hom in. Hieruit kan ons aflei dat God die persoon genees wat eerste in die bad kom nadat dit geroer is. Die klem is dus op ‘n totaal afhanklike mens wat ‘n Goddelike genesing benodig. Die verlamde gee egter geen aanduiding van hoe of waarom die water in beweging kom nie.

Dat mense graag sou wou weet wie vir die roering verantwoordelik sou wees, is daarom te verstane.

Ons kyk na die 1933/53-Vertaling. Die gedeeltes in donker kom nie in later vertalings voor nie. Joh.5:3-5: “Daarin het ‘n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het. Want ‘n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het. En ‘n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.”

Aangesien die laaste deel van vers 3 en die hele vers 4 in feitlik dieselfde manuskripte teenwoordig is of uitgelaat is, gee ek slegs die feite oor vers 4.

Johannes 5:4

Moontlikhede: Uitgelaat: Ingevoeg:
Getuies: Grieks: Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 p75 , p66 Diatessaron
201-300 Sahidies Tertullianus
301-400 Sin., B, W Siries, Bohairies, Agmimies 1 Oud Latyn, Bohairies Ambrosius, Didimus
401-500 C, D, Unsiaal 0125 1 Oud Latyn, Georgiaans Nonnus* A 3 Oud Latyn, 2 Siries, Armeniaans Chrysostomus*, Cyrelius
501-600 2 Oud Latyn Unsiaal 078
601-700 1 Oud Latyn 2 Oud Latyn
701-800 1 Oud Latyn L, At.L.
801-900 33 K, X, Sang., Kor., Unsiaal 063
901-1000 Unsiaal 0141
1001-1600 Huidige Vulgaat f1, f13, 18 Minuskuls, Voorleesbundel 1 Oud Latyn, Vulgaat

Afgesien van die manuskripte in die tabel hierbo, word die uitbreiding in vier verdere unsiale, twee minuskules en ‘n Siriese vertaling aangetref, maar telkens met ‘n duidelike aanduiding dat die egtheid daarvan betwyfel word.

Waar die uitbreiding aangetref word, kom dit in ses verskillende weergawes, elk met variasies voor.

Vir die evaluering gebruik ons drie objektief wetenskaplike kriteria.

Eksterne Kriteria. (Dit behels die manuskripte self.)
1. Die uitbreidng ontbreek in al die agt oudste Griekse manuskripte tot die jaar 500 n.C., twee van hulle slegs sowat 100 jaar ná die skryf van die Evangelie! Gedurende die eerste 500 jaar kom die uitbreiding in net een Griekse Manuskrip voor. Tot die jaar 800 n.C. vind ons dit in drie verdere Griekse manuskripte. (Een ±550 n.C. en twee ±750 n.C.) Na die jaar 800 n.C. kom dit meer algemeen voor.
2. Kyk ons na antieke vertalings is dit opmerklik dat buiten vir Latynse vertalings waar sommige die uitbreiding bevat, en ander nie, ontbreek dit in vyf vertalings teenoor slegs drie wat dit wel in het. Dit is ook opmerklik dat die hersiene Vulgaat onder Wordsworth and White (1898) hierdie uitbreiding uitlaat teenoor die vroeër Vulgaat wat dit bevat het.
3. Die oudste kerkvader wat hierdie verduideliking bevat, is Tatianus wat uit al vier Evangelies een dokument saamgestel het, die Diatessaron. Dit bevat heelwat eie samestellings, byvoegings en weglatings soos Tatianus goedgedink het. Hoewel hierdie dokument van die begin af deur leiers binne die Kerke sterk afgekeur is, is baie van Tatianus se byvoegings of veranderinge tog in sommige afskrifte van die Nuwe Testament ingesluit. Vyf ander karkvaders meld ook die rede vir die roering van die water in hulle geskrifte. So ‘n verwysing kan wel ‘n aanhaling uit sy manuskrip wees, maar dit kan net so wel sy eie interpretasie of verduideliking wees.

Die eksterne kriteria dui sterk daarop dat hierdie verduideliking nie oorspronklik deel van Johannes se Evangelie was nie.

Interne kriteria. (Wat kopieerders self sou doen.)
1. ‘n Kopieerder kon maklik ‘n nota in die kantlyn aansien as iets wat die vorige kopieerder van sy bronkopie uitgelaat het, en dit daarom invoeg.
2. Vir ‘n kopieerder om woorde wat wel in sy bronkopie voorkom, uit te haal moes daar duidelike aanduidings wees. In hierdie verhaal is geen logiese aspekte aan te dui waarom enigiemand die betrokke woorde sou uithaal nie. In manuskripte waar dit dus ontbreek, moet ons aanvaar dat dit nie in die bronkopie voorgekom het nie.
3. Die feit dat die uitbreiding in ses verskillende weergawes elk met verskeie variasies voorkom, dui eerder op iets wat vanuit die geheue ingevoeg is, as iets wat van ‘n bestaande dokument afgeskryf is.

Die interne kriteria roep ook sterk om hierdie verduideliking nie as oorspronklik te aanvaar nie.

Intrinsieke Kriteria. (Die gebruik van die skrywer self, asook die vloei van die gebeure)
1. Hoewel nie ernstig nie, onderbreek hierdie verduideliking tog die vloei van die verhaal tussen die opnoem van die verskillende ongesteldhede en die vermelding van hierdie spesifieke persoon.
2. Die verduideliking lei die aandag na iets op die periferie nl. die oorsaak vir die roering van die water en weg van die kern nl. dat die verlamde hulp benodig het (vs.7) en dat God alleen genesing bring.

Die intrinsieke kriteria dui ook daarop dat hierdie verduideliking nie oorspronklik deel van hierdie verhaal was nie.

Evaluasie:
Al drie logiese kriteria dui op die uitsluiting van hierdie verduideliking as nie deel van die oorspronklike outografie nie. Die soek na ‘n rede vir die roering van die water, is verstaanbaar, maar nie essensieel tot die verstaan van die gebeure nie.

Johannes skryf “…daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het…” (Joh.21:25) wat Johannes nie vermeld nie. Maar die dinge wat Johannes wel vermeld word meestal opgevolg met die groter en dieper betekenis wat agter die insident self lê. Met hierdie genesing is dit ook die geval. Die res van hoofstuk vyf word gewy aan verskillende aspekte wat Jesus se Godheid as Seun van God beklemtoon, o.a. dat Hy ook Here oor die sabbat is, (10, 18) dat Hy een met die Vader is, (20) dat Hy verlossing bied, (24) dat Hy finaal sal oordeel, (27) dat die Vader en die Skrif, en selfs Moses oor Jesus getuig. (37, 39,46)
Dit is dus duidelik dat hierdie gebeurtenis fokus op die feit dat Jesus op dieselfde wyse, en met dieselfde gesag as die Vader genees. Die genesing deur ‘n woord te spreek, juis sonder enigiets of enigiemand anders staan dus sentraal. Wie of wat die water in beroering gebring het, is nie van belang nie. slegs die Goddelike genesing. Dit is moontlik dat ‘n engel die water direk voor God se besoek aan die bad kom roer het. Dit is ook moontlik dat die water deur suiwer natuurlike omstandighede in beroering kon kom. Die poel kry blykbaar van tyd tot tyd water wat uit die Kedronspruit inloop wat die roering kon veroorsaak – soos tydens die opgrawings opgemerk is. Slegs Jesus se genesende ingrype in die lewe van die verlamde man speel enige verdere rol in die res van die hoofstuk.

Die insluit of weglaat van hierdie verduideliking speel geen rol in die verstaan van die insident nie. Dit bring iets na vore wat geen rol in die res van die hoofstuk speel nie.

Seën,

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Antieke Vertalings, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Glos, Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria. Bookmark the permalink.

4 Responses to 60 Die Engel by Betesda, Joh.5:4

  1. Annemarie says:

    Goeie more Herman, baie dankie vir die bogenoemde verduideliking. Dit maak soveel oop om die gedeelte beter te verstaan. Ek besef net opnuut dat Heb ook meer klem op Jesus; as die engele begin le het, om sodoende vir die volk die fokus op Jesus te kon bring sodat hul nie meer hul oe op engele gefokus sou hou nie. Kan dit ook wees dat die n allegorie was, wat later bygevoeg is? Groete Annemarie

    • Beste Annemarie,
      Dankie vir hierdie waardevolle opmerking. Dit is inderdaad so dat mense soms meer van engele gemaak het as van Jesus.
      Ek sien nie hierdie verhaal as ‘n allegorie nie. ‘n Allegorie gee spesiale betekenis aan die onderdele van ‘n verhaal of gebeurtenis. So het ek eenmaal gehoor dat die klippies wat Dawid opgetel het toe hy Goliat genader het, die een geloof was, die ander hoop, liefde, verdraagsaamheid ens.ens. Ek wonder net watter klippie toe vir Goliat getref het?
      seen,

      Herman.

  2. Yf Veldhuizen says:

    Dag Herman,
    hierdie opmerking is heel subjektief van aard – ek maak nie van enige wetenskaplike gronde gebruik nie. Ek moet sê verse 3b – 4 het by my nog altyd vrae laat ontstaan. Waarom sou hierdie daaglikse wonderwerk opgehou het? Wat, of watter gebeurtenis sou dit laat ophou het. Het die Here dan skielik Sy genade teruggetrek van mense wat onskuldig was aan die oorsaak van hulle eie siekte? Dit strook nie met Sy karakter nie. En as die aanvallers van ons geloof hierdie vrae vra, wat sou ons kan antwoord? Jou opklaar en evaluering van hierdie saak is vir my ’n verligting en daarom dankie daarvoor. Vir my beteken dit tog wel iets. Yf

    • Yf, Goed om van jou te hoor.
      Ons het geen aanduiding wanneer hierdie genadige ingrype van God in die lewe van siek mense opgehou het nie. Dit was waarskynlik toe Rome Jerusalem in 73 n.C. binnegeval het en feitlik die hele stad vernietig het.
      Seën

      Herman.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s