63. Waarom kon die Dissipels nie die duiwel uitdryf nie?

Is Matteus 17:21 later ingevoeg?
Waarom kon die dissipels nie die duiwel uit die seun dryf nie? Het Jesus een of twee redes genoem?
Volgens ouer vertalings soos die 1933/53 Ou Afrikaanse Vertaling en die KJV was daar twee redes: Mat.17:20-21: “Deur julle 1) ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur 2) gebed en vas nie.”
Moderne vertalings soos die 1983 Nuwe Afrikaanse Bybel en die NIV meld net die eerste rede nl: “ongeloof”.

Kom ons kyk na die manuskripte tot ons beskikking:

Matteus 17:21

Variasies: Uitgelaat: Ingevoeg:
Getuies: Grieks: Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 Diatessaron
201-300 Sahidies Origenes*
301-400 Sinaïtikus, Vatikanus 2 Siries, Bohairies Eusebius Washington 1 Oud Latyn, Vulgaat Hilarius, Basilius, Ambrosius
401-500 1 Oud Latyn, 1 Siries, Georgiaans Efraemi, Bezae 4 Oud Latyn, Siries, Armeniaans Augustinus, Chrysostomus*
501-600 1 Oud Latyn
601-700 4 Oud Latyn, Siries
701-800 Regius
801-900 Koridethi, Minuskul 33, 1 Minuskul Siprius, Monacensis, Sangallensis, Petropolitanus, 1 Minuskul

1 Oud Latyn
901-1000 1 Oud Latyn Voorleesbundel
1001-1600 2 Etiopies Familie 1, Familie 13, Minuskul 28, 17 Minuskuls 1 Oud Latyn, Etiopies

Eksterne faktore.
Eerste oorweeg ons die eksterne kriteria wat die manuskripte self ondersoek.
Kodekse Sinaïtikus asook Vatikanus, albei van ongeveer 350 n.C. bevat nie vers 21 nie. Kodeks Washington (±50 jr later) wat dit wel bevat, is ‘n kodeks waarvan die bronteks blykbaar saamgestel is uit verskeie fragmente van manuskripte nadat Diocletianus die Christendom wou vernietig deur al hul dokumente te verbrand. Die groot meerderheid latere manuskripte bevat wel hierdie teksvers.
Antieke vertalings bied verdere inligting. Vertalings versprei vanaf Egipte, oor Etiopië en Sirië, Georgië tussen die Swart en Kaspiese seë, en selfs in Europa met Oud Latynse Vertalings, bevat nie hierdie vers nie. Aan die ander kant word dit hoofsaaklik in Oud-Latynse manuskripte en die Vulgaat gevind, maar ook in Sirië, Rusland en Etiopië. Watter waarde moet ons heg aan die feit dat die oudste Vertalings, asook met die wydste geografiese verspreiding nie die vers in het nie?

Interne faktore.
Hoe sou ‘n kopieerder die probleem van twee verskillende weergawes normaalweg hanteer? Om te verseker dat niks wat deel van die oorspronklike outografie kon wees, per abuis uitgelaat kon word, het kopieerders eerder woorde of sinne waaroor twyfel bestaan, ingevoeg. Daarom is latere manuskripte dikwels langer en meer uitgebreid.
‘n Dokument wat onmiddelik die insluiting van hierdie vers verdag maak, is die Diatessaron (±170 n.C.). Tatianus van Sirië het ‘n aaneenlopende verhaal van die vier Evangelies saamgestel. Dit was baie populêr, moontlik omdat een dokument in plaas van vier Evangelies alles sou bevat. Vanweë sy wye verspreiding kon dit maklik as kontroledokument dien waarteen afskrifte van die Evangelies vergelyk en aangepas kon word. Vanuit so ‘n saamgestelde dokument kon sinne wat met mekaar verband het, maklik ingevoeg word, soos moontlik in hierdie gaval vanuit Markus 9:29.

Intrinsieke kriteria:
In vers 20 gee Jesus ‘n uitgebreide verduideliking waarom die dissipels se gebrek aan geloof hulle verhinder het om die duiwel uit die seun te dryf. Markus noem weer die belang van gebed. Indien hierdie vers vanuit Markus by Matteus ingevoeg word, staan dit eintlik op sy eie. Die uniekheid en egtheid van ‘n ooggetuieverslag hang nie daarvan af dat elke getuie presies dieselfde sou onthou nie. Die handhaaf van unieke verskille bevestig eerder die egtheid van die getuienis.
Die effek van hierdie woorde in Matteus:

Die genesing van hierdie seun word in drie Evangelies aangeteken. Die detail stem grootliks ooreen.  Lukas (37-43) hanteer gladnie die vraag waarom die dissipels nie die duiwel kon uitdryf nie. Markus skryf die dissipels se onvermoë toe aan ‘n gebrek aan gebed. By Matteus vind ons as rede die gebrek aan geloof. Matteus se besondere beskrywing van geloofsvertroue en toepassing met die mosterdsaadjie vind ons ook in Lukas 17:6 waar dit saam met ‘n aantal losstaande uitsprake van Jesus aangeteken is.
Dat elke Evangelis meld wat sy ooggetuie onthou, en dat dit dan van die ander sou kon verskil, dui juis op die egtheid van die verslag. Die harmoniëring van feite is nie nodig nie.

Seën,

Herman.

Kommentaar is baie welkom, soos die van Yf onder aan hierdie blad.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Diatessaron, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria. Bookmark the permalink.

2 Responses to 63. Waarom kon die Dissipels nie die duiwel uitdryf nie?

  1. yfveldhuizen says:

    Goeiedag Herman,
    Dankie vir weereens ‘n leersame en goed saamgesteld stuk, soos immer. Ek het net gewonder tot watter mate of in hoeverre die Christendom in die 4de eeu al in die platteland versprei het of was dit maar nog hoofsaaklik ‘n stedelike godsdiens? Indien wel, dan is dit seker waarskynliker dat die ‘nuwer’ geskrifte van die 4de eeu nog nie die platteland bereik het nie. Alternatiewelik kan dit seker ook wees dat a.g.v. ‘n gebrek aan hulpbronne (veral oorskrywers) die nuwer geskrifte nog nie meer algemeen in die plattelans te voorskyn gekom het nie. Met die vervolging van Diocletianus, die verbranding van geskrifte en die hersamestelling met fragmente as enigste bronne (soos jy noem) kry ons dan die nuwe geskrifte. Sou hierdie ‘traagheid van verspreiding’ dalk die verskynsel verklaar soos wat jy uitwys dat die oudste manuskripte van plattelandse oorsprong is (en ook die verste weg van die groot sentra af was)? Indien wel so, kan dit dan as kriteriuim gestel word dat die ‘plattelandse’ manuskirpte ‘beter’ bronne is omdat dit nader aan die grondteks sou wees?

    nog iets, is dit nie so nie dat die Evangelie skrywers elk ‘n ander ‘teikengroep’ in gedagte gehad het? Dan sou hulle sekerlik net inligting aangebied het wat tot daardie teikengroep sou spreek of vir hulle belangirk was? Verskille in manuskripte is dus meer verskille van perspektief as verskil in dogma of gebrek aan inligting?

    In Vrede

    • Beste Yf,
      Baie dankie vir jou navraag.

      Die “geografiese verspreiding” waarna ek verwys, het nie met ‘n teenstelling tussen platteland en stad te doen nie. Dit het te doen met taal en bevolkingsgroepe wat ver van mekaar geleë was. Dit is onwaarskynlik dat ‘n bronteks met dieselfde “voorvader” gebruik sou wees vir die vertalings in Egipte (Sahidies en Bohairies) en Etiopië (Noord-Oos Afrika), èn ook vir die vertalings in Sirië (Oos van Israel) en Georgië (Noord van Griekeland), èn ook vir Oud Latyn (Italië, Frankryk of Spanje). Dit gee ‘n aanduiding dat hierdie weergawe algemeen in gebruik was en nie latere veranderinge bevat nie. Dit kan eerder die oorspronklike outografie verteenwoordig,
      Wat die Washington-kodeks betref is dit ‘n unieke manuskrip wat grotendeels op sy eie staan. Die Griekse manuskripte word in vier tekstipes verdeel, elk met unieke eienskappe. Hier word gewys op die volgorde van die Evangelies, die spelling van eie name, weglaat of plasing van ‘n bepaalde perikoop binne die evangelie of elders (soos die vrou in owerspel betrap), en ‘n magdom ander kenmerke. Dele van hierdie kodeks is duidelik gekopieer van manuskripte uit elk van die vier tekstipes. Maar dan kom daar ook ‘n perikoop voor wat in geen ander manuskrip gevind word nie. Wanneer hierdie spesifieke manuskrip die oudste Griekse bron van ‘n bepaalde variasie of verskil is, is dit net logies dat daar ernstige twyfel sal wees of hierdie weergawe nou eerder die oorspronklike outografie sou verteenwoordig.
      Dat die Evangelie skrywers vir ‘n bepaalde groep geskryf het, is duidelik in die klem wat elkeen lê. Sommige verskille in manuskripte het as toevallige skryf- of geheue-foute ontstaan. Maar daar was ook doelbewuste “aanpassings” soos om die Evangelies met mekaar te harmoniëer, of om dogmatiese sake soos “om te vas” by “gebed” te voeg. Dan is daar ook gevalle waar ‘n nota in die kantlyn van ‘n manuskrip, as ‘n glos in ‘n opvolgende kopie ingeskryf is. Ek hanteer voorbeelde van al hierdie verskille op my blog.

      Baie seën,
      Herman.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s