71 Is die Textus Receptus onfeilbaar?

Is die Textus Receptus onfeilbaar?

In Openbaring 17:8 kry ons ‘n interessante verskil wat nie maklik in vertalings raakgesien word nie, maar inderdaad in die Grieks duidelik is. Dit bring die wese van die besware teen die Textus Receptus na vore. Moet ons aanvaar dat ‘n verandering in die bewoording van die Woord van God, wat eers in 1516 ontstaan het, ‘n regstelling deur God self is? Sou God vir 1500 jaar toelaat dat ‘n fout in alle Griekse tekste voortleef net om dit op daardie laat stadium eers reg te stel? Indien ons die Textus Receptus as die onfeilbare teks van die Nuwe Testament aanvaar, moet ons dan ooglopende veranderings wat duidelik met ALLE Griekse manuskripte verskil, aanvaar as God se “voorsienige bewaring van die teks”? Of moet ons die feit in die oog staar dat Desiderius Erasmus werklike foute gemaak het, en dat die Textus Receptus daarom nie as onfeilbare Woord van God aanvaar kan word nie? Dan moet die TR objektief aan dieselfde wetenskaplike bestudering en evaluering onderwerp word, net soos ook alle en elke manuskrip tot ons beskikking.

Desiderius Erasmus het self die fout gemaak toe hy twee woorde op ‘n verkeerde plek verdeel het. In plaas van και παρεσται (kai parestai, “sal teenwoordig wees”) het hy die woorde wat aanmekaar geskryf was, verdeel as καιπερ εστιν (kaiper estin “inderdaad hy is”).

Wanneer dit vertaal word, is die verskil nie so opsigtelik nie.

(AOV)  Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

(ANV) “Die dier wat jy gesien het, was eers en is nie nou nie. Hy gaan uit die onderaardse diepte uit kom en gaan na die verderf toe. Die bewoners van die aarde wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskrywe staan nie, sal verwonderd wees as hulle die dier sien, want eers was hy en nou is hy nie en tog sal hy wees.

(Die Latynse Vulgaat laat hierdie woorde uit, terwyl die oorspronklike teks in die Sinaïticus lees “…en tog sal hy weer wees.”)

Erasmus was bewus daarvan dat die Nuwe Testament (Grieks en Latyn) van Ximenes de Cisneros (1437-1517) se poliglot, reeds op 10 Januarie 1514 gedruk was, maar hierdie getroue Spaanse kardinaal het vir Pous Leo X se toestemming gewag voordat hy sy publikasie geskikbaar sou stel. Erasmus wou Ximenes voorspring en die eerste gedrukte Griekse NT in die mark kry. Inderhaas het hy ‘n teks voorberei en laat druk. In sy haas het hy talle foute gemaak. Hierdie spesifieke fout is nooit reggestel nie en so het dit deel van die Textus Receptus (TR) geword. Dit is maar een van die sowat 2000 plekke waar die TR van die standaard Bisantynse Griekse teks verskil. Uiteraard kom hierdie lesing in geen Griekse manuskrip voor nie, slegs in Erasmus se gedrukte teks en die uitgawes wat daarop gevolg het.

Wat ons onsself eerlik moet afvra, is of ons van Erasmus die finale redaktor van die Nuwe Testament kan maak? Het hierdie Roomse Katoliek, wat eintlik ‘n kenner op Latyn was, die Goddelike sanksie gehad om aan te pas, in te voeg en te verander soos hy goedgedink het? Moet ons hierdie teks wat hy inderhaas uit slegs vyf manuskripte vir die verskillende dele van die Nuwe Testament saamgestel het, verhef tot DIÉ Woord van God? Moet ons tekste soos dié van Nestle Aland en die United Bible Societies daaraan ondergskik stel? Tekste wat nie deur net een man saamgestel is nie, maar deur talle spanne van kenners van die Griekse manuskripte, met in agneming van nie net vyf manuskripte nie, maar meer as 5600 Griekse manuskripte en meer as 18000 manuskripte van antieke vertalings asook die aanhalings van meer as 200 ou kerkvaders!

Dit is die feite! Wat is jou keuse?

Lewer gerus kommentaar onder aan hierdie bladsy

Seën

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Desiderius Erasmus, Kanon, Textus Receptus, United Bible Societies Teks. Bookmark the permalink.

One Response to 71 Is die Textus Receptus onfeilbaar?

  1. Yf Veldhuizen says:

    Die kwessie van die onfeilbaarheid (en ook die ge-inspireerdheid) van die Bybel is ‘n baie moeilike saak, in elk geval vir my. Ja, ons glo dit, maar in ‘n redenasie met ‘n ongelowige is ‘n persoonlike oortuiging nie ‘n argument of selfs ‘n bewys om in ‘n argument te gebruik nie. ‘n Oortuiging moet deur ander bewyse gesteun word. Dit help ons ook nie om ons op spesifieke teksverse te beroep nie, want dit word as ‘n sirkel argument beskou.

    Alle bronne wat ek al geraadpleeg het, handhaaf die standpunt dat die oorspronklike epigrafieë onfeilbaar en ge-inspireerd was, maar nie die afskrifte wat ons het nie. Dit lyk vir my al te veel na ‘n ontsnapdeurtjie om die kwessie te ontduik. So ‘n uitgangspunt los ons met feilbare en onge-inspireerde materiaal wat niks beter is as enige teologiese werk nie. Dit word uitgewys deur die voorbeeld van die TR wat jy aanhaal.

    ‘n Verdere teenargument teen die bogenoemde stelling is dat Christus die OT in sy geheel onvoorwaardelik aanvaar het (omdat die teendeel nêrens in die NT aangedui word nie). Die NT skrywers het dit ook so aanvaar en tog is die LXX (‘n manuskrip) in Christus se tyd gebruik. As Christus self dan manuskripte as onfeilbaar beskou het, dan is die standpunt dat manuskripte onfeilbaar en onge-inspireerd is, mos heeltemal ongeldig?

    ‘n Ander vraag is natuurlik of gramatikale foutloosheid sinoniem is met onfeilbaarheid en ge-inspireerdheid? Nie vir my nie, in elk geval.

    Ek dink ons moet op ‘n ander manier kyk na aanduidings om die oortuiging van onfielbaarheid en ge-inspireerdheid te rugsteun. Elke outeur se persoonlikheid skemer tog in sy werk deur? In baie kort, as ons die Here se persoonseienskappe kyk, soos Hy dit aan ons openbaar, en ons kan dieselfde eienskappe in die Bybel identifiseer, dan omdat Hy onfeilbaar is, kan ons mos met vertroue sê dat die Bybel ook onfeilbaar is. Maar glo my, ek studeer hierdie dinge nog, maar dit voel net vir my reg. Betroubaarheid, onveranderlikheid, is 2 waaraan ek vinnig kan dink, maar daar moet nog wees en ek sal; dit so waardeer indien jy (of enigiemand anders) nog aan my kan uitwys.

    In Vrede

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s