69 Vyftien mites

69 Vyftien mites aangaande Bybelvertaling

‘n Vrye vertaling van ‘n publikasie deur Daniel B. Wallace op 8 Oktober 2012 in Bible Translation

Let daarop dat ek telkens my eie toepassing vir die Afrikaanse situasie met betrekking tot die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel teenoor die 1983 Nuwe Bybel begin met “HG:”

  1. Die nommer een mite aangaande Bybelvertalig is sekerlik dat ‘n  woord-vir-woord vertaling die beste soort vertaling is. Enigeen wat meer as een taal magtig is sal weet dat ‘n woord-vir-woord vertaling nie moontlik is indien die mens verstaanbaar in die ontvangertaal wil kommunikeer nie. Ironies genoeg is daar selfs Bybelkenners wat beter behoort te weet, wat ‘n woord-vir-woord vertaling propageer, asof dit die beste sou wees. Wycliffe se 1380 vertaling van die Latynse Vulgaat is seker die mees woord vir woord vertaling maar dis nouliks verstaanbaar in Engels.
  1. Aanverwant aan die eerste is dat  ‘n letterlike vertaling die beste is. (Waar ‘n woord konstant met dieselfde woord vertaal word sonder verduidelikende uitbreiding.) In wese is dit gelyk met die eerste punt. Afhangend van watter uitgawe gebruik word, beslaan die Griekse Nuwe Testament 138,000 – 140,000 woorde. Geen Engelse vertaling het so min woorde nie. Hier volg enkele voorbeelde:

RSV                173,293

NIV                  175,037

NKJV              177,980

KJV                 180,565

HG: Die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel het sowat 186,419 woorde.

Die taal en grammatikale struktuur van elke taal is verskillend, daarom sal ‘n vertaling nooit volkome woord vir woord vertaal kan word nie. Die verledetyd in Afrikaans het meestal twee woord (het + gedoen) waar dit in ander tale slegs een woord het (Engels “did”).

3.    Die King James Version is ‘n direkte vertaling. Wallace wys daarop dat die KJV-vertalers reeds in die voorwoord meld dat hulle hulself nie bind om ‘n spesifieke woord konstant met dieselfde woord te vertaal nie, aangesien woorde binne ‘n bepaalde konteks nie altyd dieselfde betekenis dra nie.

HG: Dieselfde beginsel geld natuurlik ook die 1933/53 Bybel.

4.    Die King James Version is foutloos. Hierdie mite word vandag steeds verkondig terwyl selfs die vertalers van die KJV gemeld het dat hulle op talle plekke onseker was van die korrekte vertaling. Hulle het verwys na Augustinus wat ‘n verskeidenheid van vertalings aanbeveel het om die werklike betekenis van ‘n bepaalde sin vas te stel. Die oorspronklike KJV het sowat 8000 kant- en voetnota’s gehad, wat later weggelaat is. Sedert die eerste KJV in 1611 verskyn het is meer as 100,000 verandrings en aanpassings tot die 1769 uitgawe gemaak, maar steeds het talle foute voortgeleef.  In Heb.4:8 is die naam vir Joshua, wat in Grieks dieselfde is as Jesus, wel van “Jesus” na “Joshua” verander om verwarring uit te skakel.

HG: Ongelukkig word op dieselfde wyse onverstaanbare sinne of sinsnedes steeds in die Ou Afrikaanse Bybel herdruk sonder om die nodige veranderinge aan te bring. As voorbeeld haal ek 2Pet.2:13 aan: “Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;”. Woorde wat wys klink, maar in wese onverstaanbaar is.

5.    Die King James Version was moeilik verstaanbaar toe dit aanvanklik gepubliseer is. Weereens meld die voorwoord dat dit selfs vir die eenvoudige, alledaagse (vulgar) leser verstaanbaar moet wees. Maar na 400 jaar het die taal soveel verander dat baie dele vir ons vandag onverstaanbaar is.

HG: Dieselfde probleem bestaan in die 1933 Ou Afrikaanse Bybel waar talle woorde of uitdrukkings nie meer verstaan word nie, of as argaïes dikwels verkeerd verstaan word.

6.     Daar was geen gemagtigde hersiening van die KJV nie. Tussen 1611 en 1769 was daar drie hersienings. Die Revised Version van 1885 het ‘n ander Griekse teks gebruik.

HG: Ongelukkig is nog geen hersiening van die 1933 Afrikaanse Bybel gedoen nie, behalwe vir enkele taalaanpassings vir die 1953 herdruk.

 7.    Die Apokriewe boeke kom slegs in die Roome Katolieke Bybels voor. Hoewel die apokriewe boeke, deur die Katolieke “deutero – kanonieke boeke” genoem, ‘n integrale deel van hul Skrifte uitmaak, is dit ook in sommige Protestantse Bybels ingesluit, o.a. in alle KJV – Bybels tot ± 1850. Hulle is wel aan die einde van die Ou Testament geplaas om hulle so van die res van die kànon te plaas.

HG: Geen apokriewe boeke is ooit in die Afrikaanse Bybels ingesluit nie.

8.    Homoseksuele het die vertaling van die NIV beïnvloed. Dit is wel waar dat ‘n vrou wat later erken het dat sy lesbies is, ‘n stilerings redakteur was. Volgens Dr. Ken Barker voormalige redakteur van die NIV het sy egter geen inspraak in die inhoud van die NIV gehad nie.

9.   Geen vertaling kan aanspraak maak om die woord van God te wees nie, behalwe die King James Bybel nie. Die KJV-Only groep maak steeds hierdie bewerings. Elke vertaling, hoe swak ookal, maak tog die wil van God bekend. Maar in wese kan slegs die oorspronklike outografieë as Woord van God aanvaar word, want met alle en elke vertaling gaan iets verlore.

HG: Dit is dieselfde situasie met diegene wat slegs die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel as woord van God aanvaar en alle ander vertalings verwerp.

10.    Moderne vertalings het woorde en verse uit die Bybel verwyder. Die meeste Bybelkenners – beide konserwatief en liberaal – sal in teendeel eerder erken dat die KJV woorde en verse bygevoeg het. Dit is omdat hierdie woorde of verse in die oudste en mees betroubare manuskripte ontbreek.

HG: Dit is dieselfde situasie met die 1983 – Nuwe Afrikaanse Bybel en die komense 2016 Kerkbybel. Hulle keer terug na die oudste manuskripte wat vry is van die aanpassings en byvoegings wat deur die eeue ontstaan het.

11.    Esseniële leerstellinge word bedreig deur die moderne vertalings. In wese word geen leerstelling, beide modern of antiek deur die vertalings geraak nie – behalwe by vertalings wat spesifiek vir sekere sektegroepe aangepas is.

HG: Geen van die leerstellinge van die drie formuliere van Eenheid word deur die vertalings geraak nie. In my studie van talle verskille het ek net een verskil gevind wat die wese van die leerstellinge raak, nl. Openbaring 22:14. Daar stel die 1933/53 – Bybel die voorwaarde vir die reg op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte van die stad as “…die wat sy gebooie doen”. Dit kan as die nakom van die wet of werkeheiligheid verstaan word. Die oudste Griekse manuskripte het die vereiste as die “…was van hul klere” wat op die reiniging deur die bloed van die Lam dui.

12.    “Jong vrou” in die RSV vertaling van Jesaja 7.14 was veroorsaak deur liberale partydigheid. In wese is “jong vrou” die mees korrekte vertaling van die Hebreeuse ‘almah. Hoewel hierdie vertaling in 1952 ‘n klein opskudding veroorsaak het, gebruik selfs die “NET Bible” wat deur “evangelicals” vertaal is, “jong vrou” hier. So ook die TEV, REB, en die NJB. In die 2011 NIV, die TNIV en die NLT word “jong vrou” as alternatiewe vertaling onder aan die bladsy aangedui. Die NRSV meld dat die Griekse Vertaling van Jesaja hier “maagd” het.

HG: Die 1983 Bybel het ook “jong vrou” hier.

13.    Vertalings wat beide geslagte insluit, is deur ‘n sosiale agenda gedryf. In sommige gevalle kan dit waar wees, maar nie altyd nie. Die 2011 NIV strewe byvoorbeeld daarna om ‘n akkurate vertaling vir die moderne Engelse spreker te wees. En die taal verander. In werklikheid kan ouer vertalings daartoe lei dat aanvaar word dat dele waar “man” en “broers” in voorkom, slegs op manlikes van toepassing is. Vertalings moet rekening hou met ook die ontwikkeling van die ontvangertaal. As voorbeeld noem Wallis die lesing in die 1952 – RSV van Psalm 50.9, “I will accept no bull from your house.” In vandag se Engels sal dit iets heel anders beteken. Daarom vertaal die NRSV dit as: “I will not accept a bull from your house.”

HG: Ek is oortuig dat min jongmense vandag sal weet wat ‘n “stier” is, soos in hierdie selfde vers in die 1933/53 Ou Afrikaanse Bybel: “Ek hoef uit jou huis geen stier te neem…” Die 1983 – Bybel praat gelukkig van ‘n “jong bul”.

14.    Rooiletter-uitgawes van die Bybel dui die presiese woorde van Jesus aan.  Kenners is egter nie seker van die presiese woorde van Jesus nie. Antieke historici was sterk ingestel om die eintlike betekenis te verstaan van wat ‘n spreker gesê het, en nie noodwendig sy eksakte woorde nie. Wanneer ons dieselfde gebeurtenis in die verskillende evangelies vergelyk, sien ons dat die evangeliste nie altyd Jesus se woorde op dieselfde wyse aanhaal nie. Die terme ipsissima verba “die presiese woord” en ipsissima voxare “die presiese stem” het in die verlede die verskillende aanhalings van Jesus in die evangelies onderskei. Dit dui die presiese woorde aan teenoor die kern gedagte van wat Jesus wou oordra. Pogings om hierdie weergawes met mekaar in verband te bring, word ongelukkig sterk teologies beïnvloed, sodat mens se oordeel skeefgetrek kan word. Die feit is dat, hoewel die rooiletter-uitgawes ‘n gerustheid by lesers kan wek dat hulle met die eksakte woorde van Jesus te doen het, dit eintlik ‘n valse sekerheid is.

15.    Hoofstuk en versnommers is geïnspireer. Hierdie hulpmiddels is eeue later eers by die teks gevoeg. Stephen Langton, die Aartsbiskop van Canterbury het in die vroeë dertiende eeu die hoofstuk indelings gemaak. Robert Estienne (ook bekend as Stephanus), ‘n drukker uit Parys het eers in 1551 die vers indelings in sy vierde uitgawe van die Griekse Nuwe Testament gedruk. Hierdie uitgawe is te sien by: www.csntm.org . Dit het drie kolomme. Grieks in die middel en twee Latynse weergawes weerskante; Hieronimus se Vulgaat en dié van Erasmus. Nie die hoofstukindeling, of die vers indeling is geïnspireerd nie.

In die volgende plasing hanteer Wallace nog vyf mites aangaande Bybelvertaling.

Seën,

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Dinamies Ekwivalente Vertaling, Direkte Vertaling, Inspirasie deur Heilige Gees, United Bible Societies Teks. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s