119 Verweer van ‘n manuskrip kan lei tot ‘n variasie.

Kon ‘n verweerde manuskrip ‘n variasie veroorsaak? Dit is die vraag op die tafel in die ondersoek na 2 Tessalonisense 2:3.

Het Paulus die “antichris” soos ons hom uit Openbaring leer ken, beskryf as die “sondige”, of die “wettelose” mens! In ons gemoed en in die praktyk maak dit nie ‘n groot verskil nie. Daar is egter twee verskillende woorde ter speake. Is dit “anomias”, wetteloos, of “hamartias”, sondig? Deur na te vors hoe so ‘n verskil kon ontstaan het, kan ons die beginsels toets en in ander gevalle toepas.

1933/53: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.”

Die meeste moderne vertalings het egter ‘n ander vertaling:

Laat niemand julle op enige manier op ‘n dwaalspoor bring nie; want hierdie dinge kan nie gebeur voordat die afvalligheid eers plaasgevind het en die wettelose mens geopenbaar is nie.

Om te probeer bepaal watter die oorspronklike en watter die variasie is, gebruik ons drie objektiewe kriteria.

Eerstens kyk ons na die manuskripgegewens.

Volgens die United Bible Societies teks het “anomias”, wetteloos, ‘n geringe voorsprong om die oorspronklike woord te verteenwoordig, eerder as “amartias”, sonde. Dit is egter nie oortuigend nie.

  1. Interne kriteria.

Ons tweede kriterium is om te probeer konstrueer hoe hierdie variasie kon ontstaan. Twee moontlikhede bied hulle aan.

1.) ‘n Geheuefout.

Dit kan baie maklik gebeur dat iemand in die proses van beweeg tussen die bronteks en die kopie wat hy besig is om te skryf, ‘n woord in dy gedagtes met ‘n sinoniem kan vervang. Hier is dit inderdaad ‘n moontlikheid. Ons het egter geen aanduiding watter woord oorspronklik in die outografie sou gestaan het en watter woord dan die variasie sou verteenwoordig nie.

2.) ‘n Lees of bredeneringsfout.

Die Griekse manuskripte van die Nuwe Testament is aanvanklik almal in unsiale lettertipe (vergelykbaar met ons hoofletters) geskryf. Verder is die skryfgebruik van scriptua continua gebruik. Dit kom daarop neer dat daar geen spasies tussen woorde gelaat is nie, en dat doodgewoon met die volgende letter op die volgende reël aangegaan is sodra die reëltjie vol is. Dit het tot gevolg dat ‘n woord aan die einde van ‘n sin op enige plek onderbreek kon word.

Die verweer en slytasie op papirus – kodekse vind hoofsaaklik by die hoeke van die bladsye plaas. Dit kan daarom maklik gebeur dat die laaste letters in ‘n reël verlore raak. Met scriptua continua word ‘n woord meestal in die middel onderbreek met die middelste deel aan die einde van die reëltjie. Dís die deel wat by slytasie dan verlore raak, terwyl die begin en einde van die betrokke woord onaangeraak leesbaar bly. Normaalweg kan die kopieerder ‘n logiese afleiding maak, maar in hierdie spesifieke geval is hy genoodsaak om tussen twee sinonieme te kies! Let op die twee woorde met die omkringde deel wat verlore sou kon wees hieronder.

Ons sou die probleem van ‘n verweerde bladsy as volg kon voorstel:

Skade aan 'n manuskrip

Ontbrekende letters.

Die begin van die betrokke woord, naby die einde van die reëltjie is duidelik. Die res van die reëltjie met die middelste deel van die woord (wat omkring is) is verlore. Die einde van die woord, op die volgende reëltjie is weer leesbaar.

Hoe moet die kopieerder weet of bepaal watter letters verlore sou wees? Al twee woorde pas in en al twee woorde maak sin!

In hierdie geval help die bestudering van ‘n moontlike verklaring van hoe die variasie sou kon ontstaan het ons nie. Ons kom geensins nader aan ‘n versekering oor watter die oorspronklike en watter die variasie sou wees nie.

  1. Intrinsieke kriteria.

Ons derde kriterium om te probeer bepaal wat die oorspronklike en wat die variasie sou wees, is om na Paulus se woordkeuses en na die konteks te kyk.

Vir verlore mense asook mense wat teen God is, gebruik Paulus beide die uitdrukkings “wetteloos” en “sondig “ in al sy briewe sonder dat daar ‘n onderskeid of voorkeur aangedui kan word.

Vervolgens kyk ons na die onmiddelike konteks van 2 Tessalonisense. Die onderwerp van die “antichris” wat vóór Jesus se wederkoms na vore sal tree, kom net hier in hoofstuk 2 voor.

Die woord “hamartia”, sonde, kom nêrens in 2 Tessalonisense voor nie.

Die woord “nomos”, wet, word in vers 7 gebruik (anomias) wetteloos, ‘n presiese herhaling van die een variasie van ons ondersoek. Verder kom die woord ook voor in vers 8 (anomos) die wettelose (mens).

Dit is duidelik dat Paulus in hierdie bespreking van die “antichris” na sy opstand teen God se orde verwys, soos gestruktureer in sy wette. Dit gaan nie oor sonde in die algemeen nie.

Intrinsiek is “wettelose” duidelik eerder die oorspronklik woord in die biografie, en “sondige” die variasie.

Evaluasie

Uit bogenoemde dui twee uit die drie kriteria daarop dat “wettelose” eerder die oorspronklike woord in die ouografie sou wees, en “sondige” die variasie.

Die effek van die variasie.

Hoewel dit in die praktyk nie ‘n baie groot verskil maak nie, is die opstand van die teenstander van Christus nie maar net sy sondigheid nie, maar spesifiek sy opstand teen die geordende bedeling van God. Dit is objektief aanduibaar en meetbaar. Sy oortredinge is ook nie maar iets wat op gevoel of afleidinge gegrond is nie, dit is opstand teen die spesifieke wette wat deur God geformuleer is en bekend gemaak is. Daar is geen onsekerheid nie.

Seën,

Herman.

Kommentaar onder aan hierdie bladsy of per e-pos is baie welkom. My e-adres is bibledifferences@gmail.com

Verweer in Papirus 46

Verweer in ‘n manuskrip kan veroorsaak dat letters totaal verlore kan wees.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Antieke Vertalings, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s