129 Soos Christus julle, of ons aanvaar het. Romeine 15:7

In baie plekke in die Bybel word twee of meer groepe mense teenoor mekaar genoem. Afhangend van met watter groep ons onsself identifiseer, kan ons maklik ‘n belangrike saak in daardie Skrif mislyk. Sien ons onsself as deel van die oorspronklike stam van Israel, of as deel van die gelowiges wat uit die heidenwêreld gered is? In Romeine vyftien vers sewe het ons ‘n geval waar die posisie wat ons inneem, ons vir so ‘n saak kan verblind.

Let op die geringe variasie wat in die Afrikaanse Bybels voorkom:

1933/53 Bybel: “Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.”

Al die ander Afrikaanse vertalings stem ooreen met “Die Byblel, ‘n Direkte Vertaling”: ”Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het.”

Ons ondersoek die variasies om vas te stel wat ons daaruit kan leer. Drie kriteria kan ons kan help om ‘n objektiewe gevoltrekking te maak.

1. Eksterne kriteria.

Ons kyk eerste na die manuskripte wat oorleef het. Albei variasies word deur sterk manuskripte onderskryf, maar “julle” het nogtans ‘n sterker en ouer verteenwoordiging as “ons”.

2. Interne kriteria.

Vervolgens kyk ons of die manier waarop die variasie kon ontstaan het, ‘n aanduiding kan gee van watter variasie eerder die oorspronklike sou wees. In die unsiale letters waarin die manuskripte tot die negende eeu gekopieer was, kan daar nie ‘n lees – verwarring tussen die letters wees nie, die letters verskil te veel.

Die variasie kon wel ontstaan het as ‘n denk- of geheuefout. In die eerste deel van hoofstuk vyftien tot vers vier, gee Paulus aanwysings wat op alle Christene van toepassing is. In verse vyf tot ses hanteer Paulus die noodsaak van eenheid spesifiek onder die gelowiges in Rome. ‘n Kopieerder kon die hele deel in gedagte gahad het en “ons” geskryf het, of hy kon die laaste deel onthou het en “julle” neergeskryf het. Wat ook al oorspronklik in sy bronkopie geskryf was, op hierdie manier kon hy onbewus die een na die ander verander het. Hoewel dit ‘n logiese verklaring vir die ontstaan van die variasie bied, gee dit nie ‘n oplossing van watter die oorspronklike woord sou wees en wat die variasie nie.

‘n Derde moontlikheid is dat die variasie as ‘n gehoorfout kon ontstaan het. Die Edik van Milan (313 n.C.) deur Konstantyn en Lisinius het die Christelike geloof gewettig. Meteens is groot getalle afskrifte van die Nuwe Testament benodig vir die nuutgestigte kerke en is kopieë in skriptoriums vervaardig. In ‘n skriptorium het ‘n voorleser uit sy bronkopie gelees terwyl ‘n aantal kopieerders dan hul kopieë gemaak het. So kon ‘n gehoorfout ontstaan. In Grieks klink die meervoud eerste en derde persoonlike voornaamwoorde (humin “julle” en hēmin “ons”) baie dieselfde. Natuurlik kon hierdie tipe variasie na enige kant toe ontstaan het. Die datums van die manuskripte is nou van groter belang. Hoewel al die manuskripte tot ons beskikking ná hierdie datum ontstaan het, is dit opmerklik dat vier manuskripte tot die jaar ±450 n.C. die variasie met “julle” bevat, terwyl “ons” eers vanaf ±550 n.C. voorkom. Dieselfde is ook die situasie met antieke vertalings van die Nuwe Testament. Die weergawe met “julle” is ook oor ‘n baie groter geografiese gebied versprei. Dit gee die aanduiding dat “julle” in die bronkopie vir die vertaling in daardie gebied teenwoordig was.

Hierdie gegewens dui aan dat die variasie met “julle” eerder die oorspronklike sou verteenwoordig.

3. Intrinsieke kriteria.

Nou ondersoek ons die konteks, tipiese woordgebruik of enige indirekte aanduiding vanuit die tekste self vir leidrade wat ons kan help om ‘n logiese afleiding te maak.

Die twee variasies bied rofweg op die volgende implikasies:

1. Met “ons”: “Ek dring daarop aan dat julle mekaar sal aanvaar soos Christus ons aanvaar het, ons wat mede Jode is, en wat binne die Joodse kultuur grootgeword het, en waarvan sommige selfs opgeleide wetgeleerdes is.”

Dit sou maklik vir Jesus wees. Daar is nie eintlik ‘n uitdaging om aanvaar te word nie.

2. Met “julle”: “Ek dring daarop aan dat julle mekaar sal aanvaar soos wat Christus julle aanvaar het, julle wat uit die heidenwêreld kom, julle wat beperkte begrip het (6:19), julle redineer met God (9:20), julle is arrogant (11:19), julle stry onder mekaar (14:1), julle veroordeel mekaar (14:13),” en so vele meer. Lees gerus tussen die lyne waar die gemeentelede in Rome hulleself regtig bevind het. Hierin lê ‘n uitdaging! Dat Christus hierdie andersins onaanvaarbare mense onvoorwaardelik aanvaar het en tot kinders van God aangeneem het, is ‘n uitdaging wat appél maak!

Dit is logies dat Paulus eerder sou geskryf het dat die Christene in Rome mekaar moes aanvaar soos wat Christus vir hulle aanvaar het, eerder as sy medevolksgenote.

‘n Verdere aspek is die samestelling van die hoofstuk tot hier, soos hier bo beskryf. Paulus gaan van die algemene appél in verse een tot vier, na die direkte appél tot harmonie tussen die Christene in Rome in verse vyf tot sewe. Dit bied ook ‘n sterk aanduiding dat “julle” eerder as “ons” die oorspronklike moet wees.

Intrinsiek is dit duidelik dat die variasie met “julle” eerder die oorspronklike bewoording sou verteenwoordig.

Met al drie kriteria ten gunste van “julle” aanvaar ons dat dit die woord is wat deur die Heilige Gees aanvanklik aan Paulus geïnspireer is.

Selfs hierdie vir ons moontlik onbelangrike verskil, bring tog ‘n geweldige verskil in diepte van die Skrif mee.

Seën,

Herman.

Kommentaar onder aan hierdie bladsy of per e-pos aan bibledifferences@gmail.com is baie welkom.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Antieke Vertalings, Betroubaarheid van Teks, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria, Verskille: Geheue, Verskille: Gehoor. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s