134 Genade teenoor Werke in Romeine 11;6

Somtyds lees mens oor ‘n vers heen sonder om die funksie daarvan binne die groter konteks in ag te neem. Ek is van opinie dat dit onder andere in Romeine 11:6 gebeur wanneer ons die Ou Afrikaanse vertaling lees. Die tweede gedeelte van die sin (wat in moderne vertalings ontbreek) is net die teenoorgestelde van die eerste. Maar het dit ‘n invloed op die verstaan van die geheel? Maak dit ‘n verskil?

1933/53 Vertaling; “En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.”

Die “Nuwe Testament, ‘n Direkte Vertaling” bied dit as volg aan: “ Maar as dit uit genade is, is dit nie meer op grond van ons dade nie; want anders sou die genade nie meer genade wees nie.

1. Eksterne kriteria.

Ons kyk eers na wat in die manuskripte beskikbaar is:

Romeine 11:6

Variasie: As dit uit die werke is, is die genade nie genade nie. As dit uit die werke is, is die genade nie genade nie, en as dit uit die genade is, is die werk geen werk nie.
Getuies: Grieks: Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 Papirus 46
201-300 Sahidies Origenes*
301-400 Sinaïtikus Vulgaat, Bohairies Ambrosiaster Vatikanus
401-500 Aleksandrinus, Efraemi, Bezae Oud Latyn, Armeens Chrysostomos*, Theodoret Siries, Etiopies Chrysostomos*, Theodoret
501-600 Gennadius
601-700 Siries
701-800 2 Oud Latyn Johannes-Damaskus Atous-Laurae
801-900 Boernerianus, Porfirianus 5 Oud Latyn
901-1000 Bisantynse Leesbundel Ps-Oekumenius
1001-1600 5 Minuskuls 15 Minuskuls Theophylact

Waar die tweede deel bygevoeg is, kom dit in drie variasies met verskeie kleiner verskilletjies voor. Wanneer daar soveel verskille in ‘n enkele sin voorkom, is die oorsprong daarvan gewoonlik iets wat uit die geheue ingevoeg word, of waar twee verskillende variasies tot een saamgevoeg word.
Tot op die jaar 500 n.C. is dit duidelik dat die variasie sonder die tweede deel baie sterker verteenwoordig is, met 5 Griekse manuskripte, insluitend Papirus 45 uit die jaar 200 n.C., teenoor slegs die Vatikanus. Ook is daar 5 antieke vertalings en 4 ou kerkvaders teenoor slegs twee antieke vertalings en twee kerkvaders. Wat baie opvallend is, is dat beide Chrysostomos en Theodoret in hulle besprekings van die teks, die korter weergawe aanhaal, maar elders weer die langer weergawe. Dit laat mens wonder of een of albei van hulle moontlik juis die oorsprong van die variasie is. Teen die jaar 1000 is die korter weergawe nog sterker verteenwoordig.
Die beskikbare manuskripte pleit baie sterk vir die korter weergawe.

2. Interne kriteria.
Vervolgens probeer ons verstaan hoe hierdie variasie kon ontstaan. Dit kan ‘n aanduiding gee van watter weergawe die oorspronklike kon wees, en watter die variasie. Dit is duidelik dat die langer weergawe dieselfde saak in die teenoorgestelde herhaal. As dit uit die werke is, is die genade nie genade nie, en as dit uit die genade is, is die werk geen werk nie. Dit is duidelik dat die tweede deel slegs ‘n teenoorgestelde herhaling van die eerste is. Dit toon alle tekens van ‘n logiese konstruksie sonder enige grond binne die teks self. Aan die ander kant sou ons moet probeer verklaar waarom iemand die tweede deel uit die teks sou verwyder indien die langer weergawe die oorspronklike sou wees. Daar is egter geen moontlike verklaring vir so ‘n stap nie. Dit wil voorkom asof die korter weergawe eerder die oorspronklike sou wees.

3. Intrinsieke kriteria.
Derdens kyk ons na die konteks vir enige aanduiders.
Paulus hanteer in verse een tot tien die redding van Israel. Hy verwys eers na die onverdienstelike Israeliete wat in Elia se tyd die profete doodgemaak het, maar dat God uit genade sewe duisend laat oorbly het wat Baäl nie aanbid het nie. Die redenasie is dat redding suiwer deur die genade van God bewerkstellig word. Genade teenoor werke of verdienste is ter sprake. In verse 11 tot 24 hanteer Paulus weer die redding van die heidene, en spesifiek die Romeine wat tot geloof gekom het. Weereens alleenlik deur die genade van God. Daarom is die genade teenoor verdienste van beland, maar gladnie verdienste teenoor genade nie. Wat genade ongeldig kan maak is van belang, maar nie dat genade verdienste ongeldig sou maak nie. Gevolglik het die omgekeerde van die eerste deel van vers ses, geen funksie nie in hierdie sin nie. In teendeel bring dit eerder ‘n klemverskuiwing mee wat die redenasie belemmer.
Intrinsiek is dit duidelik dat die korter variasie eerder die oorspronklike sou verteenwoordig.
Met al drie kriteria ten gunste van die korter weergawe is daar geen twyfel nie, dat dit die oorspronklik outografie verteenwoordig.

4. Die effek van die variasie.
In die korter weergawe speel die sinsnede ‘n belangrike rol nl om die werke waarop die Israeliete vertrou, teenoor die genade te stel; nl die pad wat God met mense loop. In die langer weergawe word die twee stellings net teenoor mekaar gestel as ‘n losstaande stelling buite die konteks waarin dit ingebed is. So verloor die eerste stelling sy krag en betekenis binne die konteks van Romeine 11: 1 – 10.

Seën,
Herman.

Kommentaar onder aan hierdie bladsy of per e-pos aan bibledifferences@gmail.com is baie welkom.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Direkte Vertaling, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria. Bookmark the permalink.

One Response to 134 Genade teenoor Werke in Romeine 11;6

  1. Chris Steenkamp says:

    Hallo Herman – ‘n Interressante redenasie wat jy aanvoer, nl. dat die gedagte van verdienste nie TEENOOR genade kan staan nie, want dan sou dit in ‘n bepaalde geval die genade tot niet maak; wáre redding en wáre verlossing sal ongetwyfeld goeie werke tot gevolg hê, want DIT is immers die genade, nl. dat die ware dissipel DEUR GENADE daartoe in staat gestel word tot goeie werke, nl. om volledig in harmonie met die Wet en voorskrifte van die Skepper te KAN lewe, en nou, juis OMDAT die dissipel INDERDAAD in harmonie met God se Wet lewe, het hy vrye toegang tot sy Vader se woning.
    Indien NIE so nie, sal God se genade en sy eis vir geregtig nooit in harmonie wees met mekaar nie, en Hy sal nimmer afstand doen van sy eis vir geregtigheid nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s