144 Bestaan daar nog manuskripte van Q?

Hierdie is ‘n vrye vertaling van ‘n artikel wat prof. Daniel Wallace op 16 Januarie geplaas het. (https://danielbwallace.com/2013/01/16/do-manuscripts-of-q-still-exist/)

Prof. Wallace skryf as volg:

n Algemene argument teen die bestaan van die bron Q is eenvoudig dat geen manuskripte van hierdie bron nog ooit gevind is nie. Gewoonlik word nie meer as hierdie aanname gemaak nie. Maar ‘n bietjie ondersoek toon dat hierdie argument moontlik ernstige leemtes bevat.

In besonder staan drie uit: (1) Indien Q volledig in Matteus en Lukas opgeneem is, waarom sou ons verwag om nog enige spesifieke manuskripte van Q self te vind? Om dit anders te stel, Lukas sê dat hy meer as een bron, vermoedelik geskrewe bronne gebruik het. Indien wel, waarom het ons hulle nie gevind nie? Die feit dat ons hulle nie gevind het nie, beteken tog nie dat Lukas nie eerlik met ons is nie, of hoe? (2) Selfs die evangelie van Markus het weinig kopieë uit die eerste eeue. Nogtans was dit reeds deur Ireneus as amptelike evangelie bevestig. Markus is as ‘n kanonieke evangelie met bepaalde gesag aanvaar, reeds voor die einde van die eerste eeu of ten laaste die eerste of tweede dekades van die tweede eeu. Dis vanweë sy verbintenis met Petrus. Maar as daar net twee kopieë van Markus voor die vierde eeu bestaan (indien ons let op wat tot op datum gepubliseer is), wat is die kanse dat ons ‘n nie – kanonieke evangeliebron uit die vroeë eeue sou vind? En soos die eeue voortrol, word die moontlikheid dat so iets steeds gekopieer sou word, nóg kleiner. (3) Afgesien daarvan dat ons die teks van Q het, soos dit uit Matteus en Lukas gerekonstrueer is, watter ander kriteria sou noodsaaklik wees om so ‘n manuskripontdekking as Q te bevestig? Sou iemand ‘n opskrif verwag soos :”Die evangelie volgens Q”? So ’n moderne aanname hou nie water nie. Moontlik was daar reeds sodanige manuskrip fragmente van Q ontdek en verkeerdelik as manuskripte van Matteus of Lukas geïdentifiseer! Die doel van hierdie plasing is juis om hierdie moontlikheid te ondersoek.

Agt papirus manuskripte is bekend wat dele van slegs Lukas bevat. Op die aanname dat Lukas nader is aan die direkte bewoording van Q as Matteus, (soos onderskryf deur almal wat die twee-bron teorie aanvaar), aanvaar die skrywer van hierdie artikel dat dit hipoteties moontlik is dat een of twee van hierdie papiri in werklikheid manuskripte van Q kan wees eerder as van Lukas! ‘n Nadere ondersoek beperk egter hierdie moontlikheid. Ons ondersoek dit. Die agt papiri is die volgende:

P3 (VI/VII): L 7.36–45; 10.38–42

P4 (III): L 1.58–59; 1.62–2.1; 2.6–7; 3.8–4.2; 4.29–32, 34–35; 5.3–8; 5.30–6.16

P7 (III–IV?): L 4.1–3

P42 (VII/VIII): L 1.54–55; 2.29–32

P69 (III): L 22.41, 45–48, 58–61

P82 (IV/V): L 7.32–34, 37–38

P97 (VI/VII): L 14.7–14

P111 (III): L 17.11–13; 17.22–23

Om werklik manuskripte van Q te kan wees, kan ons die volgende verwag: (1) ‘n Vroeë datum, moontlik nie later as die vierde eeu nie; (2) Besliste dubbel – tradisie materiaal (wat gevolglik nie in Markus nie, maar wel in Lukas en Matteus voorkom); (3) Geen aanduidings deur die oorspronklik outeur wat die teks spesifiek aan Lukas bind nie (Soos die opname in die Eusebiese kanons.); (4) Die volgorde van die materiaal mag verskil van die Lukas – weergawe. (a) Dit bevat slegs materiaal wat elders in Lukas gevind word (intra-perikoop materiaal) eerder as materiaal wat ook in Matteus gevind word (inter-perikoop materiaal), of (b) die die inter-perikoop fragmente van ‘n enkele manuskrip het nie dieselfde volgorde as in Lukas nie; (5) Moontlike klein verskille van hierdie fragment met die weergawe van Lukas, veral as die weergawe in die fragment ‘n meer primitiewe teks verteenwoordig.

In werklikheid is nie een van hierdie verwagtinge regtig ‘n vereiste nie, maar indien almal teenwoordig is in ‘n spesifieke manuskrip, skep dit dan ‘n groot moontlikheid dat daardie manuskrip wel as ‘n kopie van Q geïdentifiseer kan word. Maar hierdie verwagtinge is nie noodsaaklike voorvereistes om ‘n spesifieke manuskrip as een van Q te identifiseer nie.

Let op die volgende:

(1) Dit is moontlik dat Q wel vir eeue lank gekopieer was. Ons het die bewyse dat “Die Evangelie van die Hebreërs”, ‘n eerste-eeuse evangelie, na alle waarskynlikheid (soos vermeld deur Papias) vir eeue bestaan het. (sien James Edwards: The Hebrew Gospel and the Development of the Synoptic Tradition [Grand Rapids, Eerdmans, 2009]) Indien hierdie dokument kon voortbestaan, waarom nie Q ook nie?

(2) Dit is moontlik dat Q net in Lukas gevind kan word en nie in beide Lukas en Matteus nie. Dat daar 235 verse in beide Lukas en Matteus voorkom maar nie in Markus nie, maak ‘n baie sterk saak uit vir die bestaan van Q. Maar dit beteken nie noodwendig dat Q uit net hierdie 235 verse bestaan het nie. Dit sou ‘n verkeerde aanname wees. Veronderstel dat ons die bestaan van Markus slegs kon bewys uit die gebruik daarvan in Matteus en Lukas, dan sou ons moes aflei dat Markus net sowat die helfte sou wees as wat Markus in werklikheid is. Ons sou ook kon verwag dat sommige materiaal van Q met Markus sou ooreenstem.

(3) Aanduidings deur die oorspronklik outeur wat die papirus spesifiek aan Lukas bind is die een bewys wat ‘n spesifieke manuskrip sal uitskakel as Q. Die rede hiervoor is eenvoudig: die oorspronklike kopieerder van die manuskrip sou die hele Lukas kopieer, en nie net ‘n fragment nie. Indien die teks egter ‘n amulet of slegs ‘n klein brokkie van ‘n teks was, kon die kopieerder dit verkeerdelik as van Lukas aangedui het.

(4) Ons het regtig geen idee wat die volgorde van die perikope in Q was nie. Ons aanvaar dat Q wel ‘n enkele geskrewe dokument was, maar dit is ‘n aanname wat nog nie bo enige twyfel bewys is nie. Indien ons gevolglik enkele perikope in dieselfde volgorde as Lukas vind, skakel dit nie die moontlikheid uit dat dit wel ‘n kopie van Q kan wees nie. Maar indien ons ‘n dokument vind waar verskeie perikope in ‘n ander volgorde as Lukas voorkom, sou dit ‘n sterk saak uitmaak dat dit eerder ‘n kopie van Q sou wees.

(5) Teksverskille, veral indien die papirus wat bestudeer word, ‘n meer primitiewe vorm van teks as Lukas vertoon, sou ‘n sterk aanduiding van ‘n moontlike kopie van Q wees. Maar indien Lukas nie die teks van Q in die spesifieke perikoop verander het nie, sou ons geen veranderinge tussen Lukas en die papirus wat ons bestudeer vind nie, behalwe vir die tipiese kopieerder-korrupsies wat wel mag voorkom.

In die lig van bogenoemde riglyne en teenwigte sou ons moet aanvaar dat die sekerste moontlikheid dat ons wel ‘n afskrif van Q gevind het, sou wees indien al vyf die riglyne teenwoordig sou wees. Kom ons kyk dan of enige van bogenoemde Lukas – papiri voldoen aan die meeste of al die kriteria.

(1) Datum: Vyf van die papiri dateer uit die vierde eeu of ouer: P4, P7, P69, P82 (vierde of vyfde eeu) en P111. Die ander kriteria sal net vir hierdie moontlikhede ondersoek word.

(2) en (4) Van die vyf oudste Lukas papiri is P4 nie beperk tot die twee-bron tradisie materiaal nie. Dit het ook fragmente wat meer as een perikoop bevat en op een plek selfs vyf opeenvolgende perikope wat met Lukas ooreenstem. P69 beslaan meer as een perikoop en stem ook ooreen met beide Matteus en Markus, dus die trippel tradisie. P82 beslaan ook twee perikope, met die tweede ook in die trippel tradisie. P111 het ‘n enkel tradisie perikoop, gevolg deur ‘n trippel – tradisie perikoop.

Die beste kandidaat is P7, wat slegs Lukas 4:1-3 in die dubbel – tradisie bevat. Maar dis natuurlik vergesog om ‘n fragment van slegs drie versies aan te kondig as ‘n kopie van Q! Tensy daar verdere sterk bydraende bewyse is.

(3) Ek het nog nie P7 bestudeer om enige direkte aanduidinge te vind dat die oorspronklike kopieerder van opinie was dat hy wel Lukas kopieer het nie.

(5) Volgens die Nestle apparatuur, is daar geen afwyking in die teks van P7 vir Lukas 4:1-3 nie.

Neem ons alles in oënskyn is die beskikbare inligting nie voldoende om ‘n saak uit te maak dat enige fragment van Q reeds gevind is nie. Maar hierdie manuskripte wat bestudeer is, het die beginsels met redelike verwagtinge getoets. Dit kan hipoteties aangewend word om toekomstige papirus ontdekkings te bestudeer vir die moontlikheid dat ons dan wel met ‘n afskrif van Q te doen kan hê.

Maar nogtans het ek nie ‘n groot verwagting hiervoor nie.

Daniel Wallace.

Aldus prof. Dan Wallace se artikel.

Ek twyfel gladnie daaraan dat daar heel moontlik ‘n dokument was wat sekere uitsprake en insidente uit die lewe van Jesus op skrif gestel het nie. Ook nie dat dit inderdaad deur beide Matteus en Lukas gebruik was in die opstel van hulle evangelies nie. Die 235 verse wat feitlik woordeliks in beide Matteus en Lukas voorkom, maar nie in Markus nie, maak ‘n sterk uit vir die bestaan van Q. Bybelkenners noem hierdie veronderstelde dokument Q vir “Quelle”, die Duits vir ‘n bron.

Enige kommentaar onder aan hierdie bladsy is welkom, of per e-pos aan my by bibledifferences@gmail.com

Seën,

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Betroubaarheid van Teks, Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Eusebiese Kanons. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s