148 Leraar vir die Heidene; 2 Timoteus 1:11

Dit was gebruiklik dat die skrywer van ‘n brief homself deeglik aan sy leser sou bekendstel. Paulus stel homself ook op so ‘n wyse aan Timoteus bekend in 2 Timoteus 1:1. Maar wanneer Paulus by die kern van die boodskap aan Timoteus kom, beklemtoon hy sy gesag en outoriteit waarmee hy na Timoteus kom. Hiervoor is hy aangestel. Hier vind ons egter twee variasies, waarvan die een Paulus aandui as aangestel in ‘n algemene bediening;

1983: “Van hierdie evangelie het Hy my aangestel as prediker en apostel en leraar.”

Die ander variasie spesifiseer Paulus tot die “heidene”, bedoelende diegene buite die Joodse agtergrond.

1933/53: “…die evangelie waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.”

Hoe het Paulus homself gesien en bekendgestel?

Om ‘n antwoord te vind kyk ons eers na die manuskripte tot ons beskikking. Die oudste manuskripte is uiteraard nader aan die oorspronklike outografie, en daarom vry van latere veranderinge wat kon ontstaan het.

Die weergawe wat ‘n algemene bediening stel, vind ons in kodeks Sinaïtikus (±350) en twee kodekse uit ±450 asook een minuskul manuskrip ±1050 n.C. Hierdie weergawe kom ook voor in ‘n Siriese vertaling uit ±450 n.C.

Die weergawe wat Paulus spesifiek aandui as leraar vir die heidene vind ons weer in unsiale kodekse Efraemi (±450) en Bezae (±550) asook vier kodekse later as 850 n.C. Verder ook in 21 minuskuls later as 900 n.C. en die meerderheid van die middeleeuse Griekse manuskripte en leesbundels. Al die antieke vertalings selfs Sahidies (±250) het egter ook hierdie weergawe. Dit sluit nege Oud Latynse vertalings (±500 – 1250) en die Vulgaat (±450) in. Verder ook die Siriese, Koptiese, Gotiese, Aramese en Ethiopiese vertalings (±250 – 650). Al sewe Kerkvaders (±373 – 749) gebruik ook die weergawe wat Paulus aandui as leraar vir die heidene.

Afgesien van die feit dat die oudste Griekse manuskrip tot ons beskikking die algemene bediening het, maak die groot geografiese verspreiding van die antieke vertalings ‘n baie sterk saak uit dat Paulus homself bekendstel as geroep vir die heidene.

Ons tweede maatstaf waarmee ons die weergawes beoordeel, is om te probeer vasstel hoe die variasies kon ontstaan het. Ons noem dit die interne kriteria. Paulus het homself reeds in 1 Tim. 2:7 bekendgestel as aangestel vir die heidennasies. Indien die bepaling hier in 2 Timoteus nie oorspronklik was nie, kon dit maklik vanuit die geheue bygevoeg word. Daar is egter geen rede waarom iemand hierdie bepaling sou verwyder nie. Daarom moet die weergawe wat Paulus as leraar vir die heiden nasies aandui, eerder as ‘n afwykende variasie gesien word.

Derdens kyk ons na die konteks.
Paulus begin sy gesprek met Timoteus in vers 3 met die uitspraak dat hy net soos sy voorouers die Here met ‘n skoon gewete dien. Sy voorouers het sekerlik niks van Jesus die Gesalfde Verlosser geweet nie. En sy gewete is skoon in die opsig dat hy aanvanklik die “afvalliges” van die Joodse geloof vervolg het. Hy verwys ook na Timoteus se ouma en ma wat dieselfde geloof as Timoteus gehad het. Dit moes ook ten minste aanvanklik, die Joodse geloof gewees het, voordat hulle aan Christus bekend gestel kon word. Vir Paulus is daar dus ‘n voortgang van die Ou Testamentiese geloof na die Nuwe Testamentiese geloof in die Verlosser Jesus die Gesalfde. Paulus het ook die Jode in die verskillende stede opgesoek en eerste aan hulle die Evangelie van die verlossing deur Jesus Christus verkondig. Direk na sy bekering het Paulus in die sinagoge in Damaskus begin om te verkondig dat Jesus die Seun van God is.(Hand.9:20) Ook in Jerusalem het hy openlik verkondig dat Jesus die Verlosser is en met die Griekssprekende Jode gepraat. (Hand.9:29) Vanaf sy eerste sendingreis het Paulus telkens by die sinagoges begin om die Evangelie te verkondig (Hand. 13:5) Waar daar nie ‘n sinagoge was nie, het hy die bidplek van die Jode opgesoek. So het hy byvoorbeeld in Filippi na die riviertjie buite die dorp gegaan om ‘n Joodse bidplek op te soek.(Hand. 16:13)
Dit is duidelik dat daar vir Paulus geen breuk of verskil was in sy roeping na beide Jode en nie-Jode. Petrus moes eers ‘n openbaring en direkte opdrag na die nie-Jode ontvang. (Hand. 10) Hy het inderdaad die boodskap duidelik aanvaar as hy in 2 Petrus 3:9 skryf: “(Die Here) wil nie hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.”
In 1 Timoteus 2:7 Stel Paulus hom duidelik bekend as aangestel as prediker, apostel en leraar “om die heidennasies” te onderrig … Maar binne daardie konteks is dit noodsaaklik omdat hy daar aandring dat voorbidding gedoen moet word vir alle mense, selfs vir die wat regeer, wat op die gehate Romeine dui, hier waar hy uit die tronk in Rome aan Timoteus skryf! Maar hier in 2 Timoteus is die konteks duidelik die verkondiging van die evangelie in die voortgang vanaf die Joodse gelowiges na die nie-Joodse mense, soos hierbo verduidelik. Verder handel die brief oor verskeie kwessies rondom die werk van die leraar binne die gemeente. Daar is geen spesifieke toespitsing op die bediening aan die nie-Jode nie.

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die konteks eerder sou dui op ‘n algemene bevestiging van Paulus se gesagsposisie en nie spesifiek vir die heidene nie.

Gevolgtrekking:
Daar is geen logiese rede vir die verwyder van hierdie sinsnede indien dit die oorspronklike sou wees nie. Daar is egter heelwat redes waarom hierdie sinsnede ‘n toevoeging tot die oorspronklike vanuit 1 Timoteus 2:7 kon wees.
Gevolglik moet aanvaar word dat die oorspronklike outografie die korter variasie sou wees en die byvoeging ‘n afwykende variasie verteenwoordig.

Seën,

Herman.

Enige kommentaar is welkom onder aan hierdie bladsy, of per e-pos aan my by bibledifferences@gmail.com

 

 

Advertisements

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Eksterne Maatstawwe (Gegewens), Interne Kriteria, Intrinsieke kriteria. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s