152 Sonder rede, Mattheus 5:22.

152 Sonder rede, Mattheus 5:22.

In die 1933/53 Bybel vind ons ‘n bepaling wat nie in die latere vertalings van die Bybel voorkom nie. Let op die woorde in donker gedruk:
“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg…”

Om ‘n objektiewe antwoord te vind, ondersoek ons die rede vir die weglating van hierdie woorde deur drie objektiewe kriteria te gebruik:

1. Eksterne gegewens.

Heel eerste kyk ons na die manuskripte tot ons beskikking om te sien watter variasies in hulle verteenwoordig word.

Mattheus 5:22

Variasie: Sonder die bepaling: Met “sonder ‘n rede”:
Getuies: Grieks: Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 Papirus 67 Evangelie vd. Nasareners, Ptolemios, Justinus Diatessaron,
201-300 Irenaeus (Latyn), Tertullianus, Origenes* Sahidies Irenaeus, (Grieks), Origenes*, Ciprianus
301-400 Sinaïtikus, Vatikanus Vulgaat Eusebius, Basilius 1 Oud Latyn, Bohairies, Goties Eusebius, Lucifer
401-500 Etiopies Augustinus Bezae, Washington 4 Oud Latyn, 5 Siries, Armeens, Georgies Augustinus, Cassian, Ps- Justinus, Chrysostomos*, Cyrelius – Aleksandrië
501-600 Pseudo-Ambrosius
601-700 3 Oud Latyn
701-800 Regius
801-900 Siprius, Sangallensis, Koridethi, </span Petropolitanus, Minuskul 33 2 Oud Latyn
901-1000 1 Oud Latyn
1001-1600 1 Minuskul Familie 1, Familie 13, 16 Minuskuls, Bisantynse meerderheid, Leesbundels 1 Oud Latyn

Wat onmiddellik opval is dat ons oudste Griekse manuskrip, papirus 67 (±200 n.C.) asook drie verteenwoordigers uit die kerkvaders voor die jaar 200 n.C. hierdie vers aanhaal sonder die bepaling “sonder rede” in. Aan die ander kant het die Diatessaron uit dieselfde tyd die bepaling juis in. Maar die Diatessaron van Tatianus uit die jaar ±170 n.C. is ‘n geskrif wat op baie wankelrige gronde staan. Tatianus het die 4 Evangelies in een saamgestelde relaas saamgevat, maar hy het daarby ook verskeie variasies uit sy eie bygevoeg, of dele uitgelaat soos hy dit goedgevind het. Nogtans is sy geskrif baie wyd gelees en versprei omdat dit nou die hele verhaal van Jesus se lewe op aarde in een dokument saamgevat het, in plaas van vier. Eers heelwat later het die gelowiges besef dat hy inderdaad baie veranderinge in die teks veroorsaak het. Toe eers is sy geskrifte met wortel en tak uitgeroei en met die oorspronklike evangelies vervang.
Wat verder opvallend is, is dat Ireneus (†202 n.C.) in sy Latynse geskrifte hierdie vers sonder die bepaling aanhaal, maar in sy Griekse geskrifte mét die bepaling. Was dit juis as gevolg van die Griekse Diatessaron? Origenes (†254 n.C.) haal ook die vers aan soms sonder, en soms mét hierdie bepaling by. Eusebius (†339 n.C.) en Augustinus (†430 n.C.) haal ook beide variasies aan.
Die Sinaïtikus en Vatikanus (±350 n.C.) wat albei deur manuskripkenners wêreldwyd as van die betroubaarste Griekse manuskripte beskou word is beide sonder hierdie bepaling. ‘n Honderd jaar later vind ons die eerste Griekse manuskripte met die bepaling in, maar beide die kodekse Bezae en Washingtoniënsis word as minder gesagvol beskou. Latere Griekse manuskripte, almal ná 700 n.C. asook die meerderheid antieke vertalings van die Nuwe Testament het weer almal hierdie bepaling in.
Die manuskripbewyse dui baie sterk daarop dat hierdie uitspraak van Jesus oorspronklik eerder sonder hierdie bepaling gewees het.

2. Interne gegewens.

Vervolgens kyk ons of ons uit die tipiese werk van die kopieerders kan bepaal hoe hierdie variasie kon ontstaan het.
‘n Logiese bepaling soos hierdie kon baie maklik ongemerk bygevoeg word, maar vir ‘n kopieerder om iets uit die teks weg te laat, moet daar baie sterk redes voor wees. Hier kan geen rede vir die verwydering van hierdie bepaling uit die teks aangevoer word nie. Die oorspronklike moes eerder sonder die byvoeging gewees het.

3. Intrinsieke gegewens.

Ons derde objektiewe kriterium is om na die konteks en funksie van die betrokke woorde in hierdie sin te kyk. Sou Jesus inderdaad hierdie bepaling bygevoeg het, of sou Hy die stelling eerder daarsonder gemaak het?
Kyk ons na die konteks waarbinne hierdie sin voorkom, sien ons die volgende:
1) Matteus 5:17: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”
Jesus wil aandui hoe die Wet “vervul” moet word, of sy “ware betekenis” moet verkry.
2) Vers 20: “Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.”
Is “sonder rede” nie presies wat die skrifgeleerder en Fariseërs sou leer nie? Maar Jesus sê dat ons geregtigheid “oorvloediger” moet wees as wat hulle leer.
3) Vers 22 b: “…elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.”
Jesus beklemtoon dat dit oor veel meer gaan as net die letter van die wet.
4) Vers 23: Selfs as “…jou broeder iets teen jou het, 24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder…”
Weereens plaas Jesus die verantwoordelikheid nie op die skuldige nie, maar op sy volgelinge.

Uit die konteks is dit duidelik dat nie oor geregverdige kwaadwees gaan nie, maar op veel meer; op iets wat van binne die gelowige uit moet kom.

Kyk ons na die funksie van hierdie spesifieke sinsnede binne die sin self, is dit duidelik uit die ander voorbeelde wat Jesus aanhaal dat Hy nie praat van sake waar daar enigsins grond vir die kwaadwees bestaan nie. Vir Jesus gaan dit nie oor kwaadwees “sonder rede” nie, maar doodeenvoudig oor kwaadwees as sodanig. Om kwaad te wees vir jou medemens het reeds die verhouding versuur, en dit is ‘n oortreding van die wese van hierdie gebod.

4. Gevolgtrekking.

Met al drie die objektiewe kriteria ten gunste van die weergawe waar die byvoeging “…sonder rede…” nie voorkom nie, aanvaar ons dat dit die oorspronklike bewoording verteenwoordig.

Seën,

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s