In Efesiërs 5 vind ons ‘n baie interessante verskil tussen die 1933/53 – Bybel en moderne Bybels. Maar dit is eers wanneer ons die dieper betekenis en toepassing van woorde bestudeer dat impak van hierdie variasie verstaan kan word.
Efesiërs 5:8 – 9: “Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig. Want die VRUG VAN DIE GEES bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.” (1933/53 – Bybel)
“Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef as kinders van die lig. Die VRUG VAN DIE LIG bestaan immers uit alle goedheid en geregtigheid en waarheid.” (Die Bybel, ‘n Direkte Vertaling)
Ons gebruik drie kriteria om ‘n antwoord te vind.
1. Eksterne kriteria.
Heel eerste kyk ons na wat ons uit die manuskripte tot ons beskikking kan aflei.
Efesiërs 5:9
Variasie: | VRUG VAN DIE LIG | VRUG VAN DIE GEES | ||||
Getuies: | Grieks: | Vertalings: | Kerkvaders: | Grieks: | Vertalings: | Kerkvaders: |
101-200 | Papirus46 | |||||
201-300 | Papirus 49 | Sahidies | Origenes*, Gregorius Thaumaturgas | |||
301-400 | Sinaïtikus,
Vatikanus |
Bohairies, Vulgaat, Goties |
Ambrosiaster, Lucifer, Victorinus-Rome | |||
401-500 | Aleksandrinus,
Bezae |
2 Siries, Armeens, Oud Latyn |
Heronimus Augustinus, Euthalius | Chrysostomos*, Theodore, Theodoret | ||
501-600 | ||||||
601-700 | Siries | |||||
701-800 | Moskouensis, Atous-Laurae | Johannes-Damaskus | ||||
801-900 | Boernerianus, Porfirianus, Minuskul 33 |
4 Oud Latyn | ||||
901-1000 | 2 Oud Latyn | Bisantynse manuskrip, Leesbundel | ||||
1001-1600 | 8 Minuskuls | 3 Oud Latyn | 13 Minuskuls |
Tot die jaar 500 n.C. het Papirus 49 van ±250 n.C. tesame met 4 ander unsiale Griekse manuskripte en 8 Antieke Vertalings het “vrug van die Lig”. In dieselfde periode het slegs Papirus 46 van ±200 n.C. “vrug van die Gees”. Die 1933/53 – weergawe kom eers weer voor na 700 n.C. Ook 8 kerkvaders teenoor slegs 3 bevestig die sekerheid dat Paulus hier vrug van die Lig geskryf het. Maar die middeleeuse manuskripte het egter die verandering opgeneem en so beland dit in die Textus Receptus wat gebruik is vir die 1933/53 – Bybel.
2. Interne kriteria.
Maar hoe sou hierdie verandering kon ontstaan het? Ek is oortuig dat dit bloot ‘n fout was wat ongemerk vanuit die geheue uit Galasiërs 5:22 hier ingedra is. Daar gee Paulus ‘n lys van die praktyke van die sondige aard van die mens. Daar teenoor noem hy dan die vrug van die Gees en gee dan weer ‘n lys van hierdie vrugte.
3. Intrinsieke kriteria.
Ons derde kriterium is om na die konteks en die betekenis van die woorde wat Paulus gebruik, te kyk.
Dit is logies dat beide die vrug van die Gees, of die vrug van die Lig deur die Heilige Gees bewerk moet word. Is daar dan enigsins ‘n verskil tussen die vrug van die Gees en die vrug van die Lig? Is dit nie maar dieselfde nie? Hiervoor moet ons die twee gedeeltes baie fyn bestudeer.
In Galasiërs gaan dit duidelik oor die dade wat in die praktyk na vore kom. Daaroor stel Paulus die dade van die sondige natuur van die mens teenoor die vrug van die Gees. Hy gee dan in Galasiërs ‘n lys van beide die dade van die sondige natuur van die mens asook dade wat gedoen word as die vrug van die Gees; dit wat uitgeleef word.
Hier in Efesiërs gaan dit egter oor iets anders. In hierdie paragraaf gebruik Paulus spesifiek die beeld van die lig wat openbaar wat andersins in die duisternis onsigbaar en daarom onbekend sou wees. Die lig bring ‘n onderskeidingsvermoë na vore. Daarom roep Paulus sy toehoorders op om te bepaal of iets vir die Here aanneemlik is of nie. Die vrug van die lig is nie ‘n aantal dade nie, maar eerder drie vermoëns waarmee dade beoordeel kan word. “Goedheid” is nie ‘n daad nie, maar ‘n norm van onderskeiding of waardebepaling. So ook “geregtigheid” om te onderskei of iets aan die reg van God sou voldoen. Dieselfde met “waarheid”. Hierdie drie vrugte van die lig help ons om beter te kan sien en die dade wat ons doen, te evalueer. Die vrug van die Gees verwys spesifiek na die uitleefbare dade. Die vrug van die lig verwys weer na die onderskeidingsvermoë om die gesindheid van ons hart te bepaal sodat ons ons dade kan evalueer. Vir my is dit ‘n interessante onderskeid hoewel albei natuurlik deur die Heilige Gees in ons bewerk word. Wanneer Paulus iets skryf, het hy dit fyn onder leiding van die Heilige Gees uitgewerk, en sy woorde versigtig gekies!
4. Gevolgtrekking.
Met al drie kriteria ten gunste van “vrug van die Lig” is dit die weergawe wat verkies moet word.
Laat ons dan bewustelik die vrug van die lig in ons alledaagse lewe tot werklikheid ontwikkel. Dan het ons nie nodig om telkens te vra of iets sonde is nie; ook nie of iets teen die wet is nie. Deur ons onderskeidingsvermoë te ontwikkel en die vrug van die lig binne ons te laat groei, sal ons self die lig daarop laat val.
Seën,
Herman.
Jy het die verskil tussen die vrug van die ‘LIG’ en die vrug van die ‘GEES’ pragtig uiteengesit, Herman, en dit herinner my aan die verskil tussen hoe die Vader sy volk onder die ou verbond en die nuwe verbond lei: In die ou verbond gee Hy sy volk ‘LIG’ om die regte pad te kies, maar onder die nuwe verbond verlos Hy die dissipel van sy eie gees en lewe met die sondige natuur en gee Hy die dissipel DIE GEES EN LEWE VAN SY SEUN om sy/haar Herder VAN BINNE HOM-/HAARSELF te wees!
Dankie Chris,
Jy plaas ‘n ander ewe belangrike saak op die tafel.
Seën,
Herman.