155 Hoeksteen, Sluitsteen of Belangrikste klip? Matteus 21:42.
Taal is 'n baie interessante studieveld. Woorde moet uitdrukking
gee aan wat ons in ons gedagtes het en wat ons wil oordra. En dit
is juis hier waar daar soms verwarring of onsekerheid ontstaan
wanneer van een taal na 'n ander vertaal moet word.
Dit is die geval met Matteus 21:42. “Jesus sê vir hulle: Het julle
nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp
het, dit het 'n HOEKSTEEN geword. Hy het van die Here gekom en is
wonderbaar in ons oë?” (1933/53 – Bybel). Verwys die steen hier na
'n “hoeksteen” (1933/53 – Bybel en Die Bybel, 'n Direkte Vertaling),
na 'n “hoekklip” (Nuwe Lewende Vertaling), of na “die belangrikste
klip” (1983 - Bybel)? Of moontlik 'n “sluitsteen”, soos die Nuwe
Lewende Vertaling beide Handelinge 4:11 en Psalm 118:22 vertaal?
Waarheen sou hierdie aanhaling verwys?
Die Hebreeuse woord wat in Psalm 118:22 gebruik word kan eerder
verstaan word as verwysend na 'n hoeksteen vanwaar alle afmetings
vir die oprigting van die hele gebou gemaak word. “Die klip wat
die bouers verwerp het, het nou die HOEKSTEEN geword.” Maar in die
Nuwe Testament word twee verskillende woorde gebruik wat óf 'n
hoeksteen, óf 'n sluitsteen kan wees.
In Matteus 21:42, Markus 12:10, Lukas 20:17 asook Handelinge 4:11,
word Psalm 118:22 aangehaal as verwysend na Jesus. Almal gebruik
“kefalyn gõnias” wat “kop of hoof van die hoek” beteken.
In Efesiërs 2:20 gebruik Paulus egter “akrogõnaios” wat “sluitsteen”
beteken. Paulus sê dan in die volgende vers dat in Christus die
hele gebou “saamsluit” en saam verrys tot 'n tempel vir die Here.
Petrus gebruik “akrogõnaios” (sluitsteen) in 1 Petrus 2:6 waar hy
daarop wys dat God vir Jesus uitverkies het vir 'n ereplek. Maar
Petrus gebruik in die volgende vers weer die term “kefalyn gõnias”
wat “kop of hoof van die hoek”, die “hoeksteen” beteken.
1 Petrus 2:6 – 7: “Daarom staan dit in die Skrif: Kyk, Ek lê in
Sion 'n SLUITKLIP, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo word
nooit teleurgestel nie. Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar
vir dié wat nie glo nie, geld die woorde: Die klip wat deur die
bouers afgekeur is, juis Hy het die BELANGRIKSTE KLIP in die gebou
geword ...” (1983 – Bybel). Ongelukkig maak beide die 1933/53 –
Bybel en “die Bybel, 'n Direkte Vertaling” geen onderskeid tussen
hierdie twee verskillende woorde wat Petrus nie, en gebruik slegs
“hoeksteen” vir albei. Uit Petrus se gebruik van beide hierdie
woorde bymekaar, is dit duidelik dat hulle na twee verskillende
boustene moes verwys het.
Wat was 'n sluitsteen in ou geboue, en wat 'n hoeksteen?
Wanneer 'n boog gebou is, soos by 'n poort of selfs 'n brug, was
daar 'n wigvormige steen in die middel wat skuins na beide kante
toe gekap was. Dit voeg dan die twee dele van die boog van
weerskante saam tot 'n eenheid. Hierdie steen as sentrale
fokuspunt van die boog, was dikwels versier. Sonder hierdie steen
tuimel die twee dele van die boog ineen. Paulus en Petrus sê dat
Jesus hierdie SLUITSTEEN is.
Maar wat was dan 'n “hoeksteen”?
Dit was 'n groot, perfek gekapte steen wat as deel van die fondasie
van die gebou heel eerste op die hoek in presiese plek geplaas is.
Al die afmetings en rigting van die mure van die gebou is dan van
hierdie hoeksteen geneem sodat die hele gebou haaks en perfek gebou
kon word.
In vandag se tyd gebruik ons gewoonlik die term “hoeksteen” vir 'n
versierde klip met inskripsie wat op 'n opsigtelike plek in die
gebou ingemessel is as 'n herdenking aan die geleentheid en/of
persoon wat die gebou ontwerp, gebou of ingewy het. Dit het geen
funksie anders as slegs 'n herdenkingsteen nie. Geen afmetings word
ooit van hierdie “hoeksteen” geneem nie. Ek vermoed dat dit die
rede is waarom die 1983 – Bybel van “hoeksteen” wegstuur en eerder
praat van “die belangrikste klip” in die gebou.
Matteus verwys in Matteus 21:44 daarna dat Jesus, hierdie klip
(lithon) is. Daar verwys hy na iets wat beide met 'n hoeksteen, ́en
'n sluitsteen kon gebeur, maar gebruik hy net “lithon” wat nie een
spesifiek aandui nie. “En hy wat op hierdie steen val, sal
verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.”
(1933/53 – Bybel) Mens kan op 'n hoeksteen val, en 'n sluitsteen
kan vanuit die boog op jou val!
Jesus is die hoeksteen vanwaar alle rigting en uitlewing van ons
lewe en geloof sy oorsprong moet hê. Maar Hy is ook die sluitsteen
wat saamvoeg wat saam gevoeg moet word.
Omdat daar onsekerheid bestaan na watter een van die twee stene
Jesus verwys het in Matteus 21:42, kan daar nie met sekerheid
besluit word hoe hierdie vers vertaal behoort te word nie. Al die
variasies beklemtoon 'n sekere interpretasie, en elkeen dra by tot
die ryke verstaan van hierdie aanhaling uit Psalm 118. Maar of dit
'n hoeksteen of 'n sluitsteen moet wees, is onseker.
Sëen,
Herman.
Kommentaar onder aan hierdie bladsy of per e-pos aan my by
bibledifferences@gmail.com is baie welkom.
Like this:
Like Loading...
Related
About Herman of bibledifferences.net
The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs.
Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters.
God is alive and omnipotent! Glory to His Name!
Herman Grobler.