Basiese Inligting
Ons begin by Die ontstaan van die Nuwe Testament, Inspirasie van die H.G., en neem die eerste eeu in oënskou en hoe Die Kanon vasgestel is. Ons kyk na die Duplisering van geskrifte; Unsiale en Minuskule manuskripte.
Die Kopieer Metodes van die skrywers beïvloed die Vasstel van die teks.
Die kern is Die oorsake vir verskille, Verwarring van letters, vervolgens verdere Onbewuste veranderings; Foutiewe sien, Haplo en Dittegrafie, ook foute in die geheue en Gehoor en beoordelingsfoute.
Daar was egter ook Doelbewuste veranderings; soos Spelling, maar ook direkte Harmoniering of selfs Uitbreidings aan die teks en veranderinge ter wille van Leerstellige Oorwegings.
Met die koms van Die eerste gedrukte Griekse Teks kon manuskripte makliker vergelyk word en is Die oorsprong van tekstipes. vasgestel.
Ons kyk na Belangrike Griekse manuskripte van die Nuwe Testament. Ook die bydrae van Antieke vertalings en Kerkvaders
Dan kyk ons na Die beoordeling van verskillende lesings. en objektiewe Maatstawwe vir die Evaluering van Variante. en ook enkele Uitdagings in Vertaaltegniek, asook enkele Unieke vertalingsprobleme. Ek pleit by u om die Here te soek, ten spyte van foute wat mense gemaak het.
Apokriewe boeke word soms misbruik, en soms is daar moeilike sake wat vertaal moet word.
Ons kyk na die redes waarom sekere dele tussen die AOV (1933/53) en die ANV (1983) drasties verskil, soos die einde van die Ons Vader-gebed. Waarom is Mat.23:14 nie in die ANV, of die vyf attribute na vier verander in Jesaja 9:5? Maak die ANV die verskrikking van die hel lig , of verminder die belang van vergifnis?
In sommige gevalle help antieke hulpmiddels soos die Eusebiese Kanons ons om die egtheid van ‘n lesing te bepaal.
Daar is tye wanneer jy moet weet en nie raai nie. En as die Ou Vertaling iets belangrik uitlaat? Wat is ‘n “maansieke“? Die einde van Romeine het interessante variasies. Wie sal moeilik in die Koninkryk van God ingaan, en wat het Paulus bedoel met die eerste beginsels van die wêreld?
‘n Enkele letter maak ‘n verskil . Hoeveel maagdelike geboortes was daar? Kan ‘n Jood ‘n Romein voor die hof daag? Korrigeer jou 1983-Vertaling. Die vrou in die amp asook die Triniteitsteks kom ook onder die loep. Dan ‘n voorbeeld van ‘n intrinsieke uniekheid. Hoe hanteer mens dit as Afrikaans self verander? Het Johannes die insident met die vrou wat owerspel gepleeg het, neergeskryf? Dit skud ons begrip van die kànon.
Seën,
Herman