Meta
-
Nuwe Publikasies
Category Archives: Intrinsieke kriteria
157 Het Jesus aan die Gevange Geeste Gepreek of Aangekondig? 1 Petrus 3:19
In 1 Petrus 3:19 vind ons ‘n belangrike verskil met verreikende gevolge tussen sommige Afrikaanse vertalings. In die 1933/53 Bybel, ook die Afrikaanse Standaard Vertaling vind ons die volgende vertaling. Let op die woord “gepreek” wat in donker gedruk is: … Continue reading
155 Hoeksteen, Sluitsteen of Belangrikste klip? Matteus 21:42.
155 Hoeksteen, Sluitsteen of Belangrikste klip? Matteus 21:42. Taal is ‘n baie interessante studieveld. Woorde moet uitdrukking gee aan wat ons in ons gedagtes het en wat ons wil oordra. En dit is juis hier waar daar soms verwarring of … Continue reading
148 Leraar vir die Heidene; 2 Timoteus 1:11
Dit was gebruiklik dat die skrywer van ‘n brief homself deeglik aan sy leser sou bekendstel. Paulus stel homself ook op so ‘n wyse aan Timoteus bekend in 2 Timoteus 1:1. Maar wanneer Paulus by die kern van die boodskap … Continue reading
145 Dood of Nutteloos Jakobus 2:20
Indien ons geloof nie deur dade bevestig word nie, is ons geloof dood of of is dit nutteloos? Albei hierdie twee moontlikhede kom in die manuskripte voor. Watter een sou die oorspronklike verteenwoordig? Hierdie is ‘n uiters belangrike verskil. “Dood” … Continue reading
143. Omdat Ek na die Vader gaan. Johannes 16:16
Die slotopmerking wat ons in die 1933/53 in Johannes 16:16 vind, ontbreek in die moderne Afrikaanse vertalings. Die woorde is in donker gedruk: “’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle … Continue reading
140 Tekens van die Begin van die Smarte. Markus 13:8
Kan jy glo dat daar op die laaste woord in ‘n sin nie minder nie as nege variasies voorkom! Dit is die geval met Markus 13:8. Maar hoe kan ons bepaal watter variasie met die oorspronklike outografie sou ooreenstem? Net … Continue reading
139 Julle wat glo in die Naam van die Seun van God
Toe ek op skool was moes ons dikwels lang hoofstukke van die swartbord afskryf. Een van die dinge wat soms gebeur het, was dat ek en van my klasmaats ‘n woord of sin twee keer neergeskryf het. Dit word dittografie … Continue reading
138 “Seun van God” of “Seun van die Mens”?
Hoe het Jesus na Homself verwys? As Seun van God, of as Seun van die mens? Jesus het ‘n man wat blindgebore was, genees. Hierdie man is later deur die Fariseërs uit die tempel geban. Toe Jesus hierdie man raakloop, … Continue reading
137 Die dag waarneem of nie, Romeine 14:6.
Sommige manuskripte bevat addisionele bewoording in Romeine 14:6 aangaande die waarneem van die Sabbat en ander heilige dae wat ons nie in die meeste moderne vertalings vind nie. Die 1933/53 Bybel bevat hierdie woorde wat ek in donker gedruk het: … Continue reading
136 Seun of donkie of skaap in die put, Lukas 14:5
Lukas vertel van die keer toe Jesus die man wat aan watersug gely het, op die Sabbat genees het. Jesus het Homself verdedig deur die Fariseërs te vra wie van hulle nie in ‘n noodgeval op die Sabbat iets uit … Continue reading