Ek het onlangs op ‘n uitstekende artikel van prof. Larry Hurtado afgekom en deel dit graag met my lesers.
Dit is my eie vry vertaling maar wie belangstel in die oorspronklike tesame met kommentare daarop, kan dit gerus lees by:
https://larryhurtado.wordpress.com/2016/06/24/dating-ancient-papyri/
Prof. Hurtado skryf as volg:
“In aansluiting by my onlangse publikasies aangaande voorstelle vir die datering van sekere NT papiri, wil ek kortliks die proses verduidelik vir die datering van papiri, iets wat vir iemand wat nie daarmee vertroud is nie, ‘n vraagstuk kan wees.
Daar is hoofsaaklik twee tipes papiri: “dokumentêre” papiri (Briewe, amptelike dokumente soos land-oordrag dokumente, huwelikskontrakte, skeepsvragbriewe ens.) en “literêre” papiri (Verhandelinge, digkuns, geskiedskrywings, fiksie, ens.). Dokumentêre tekste is dikwels/gewoonlik deur die skrywer gedateer, wat die datering van die geskrif voor die hand liggend maak. Maar literêre papiri is byna nooit gedateer nie. Gevolglik is ons enigste uitweg om ‘n berekening van hul tydsgleuf te maak. Continue reading →