Besondere Manuskripte

Op hierdie bladsy kyk ons na besondere of interessante manuskripte.

11. Griekse manuskrip Nr.7

Eerste blad van die Brief aan die Romeine. Foto: Magdalen, Oxford.

Hierdie pragtige Griekse minuskule manuskrip dateer uit die laat tiende of vroeg elfde eeu. Dit word bewaar in die Magdalen College, Oxford.

Die afbeeldings op hierdie blog is uiters gekompresseer, maar dit bied ‘n aanduiding van die besondere aard van die manuskrip.

Ek vertrou dit prikkel u belangstelling om aanlyn die werklike dokument te sien. Die manuskrip is aanlyn beskikbaar by: http://image.ox.ac.uk/show?collection=magdalen&manuscript=msgr7

Buiten vir die inleidende aantekeninge van Euthalius bevat dit ook die catenae of deurlopende kommentaar toegeskryf aan die Kerkvader Oecumenius.

Opskrif van die Brief aan die Romeine, Magdalen, Oxford.

2. Detail van die versierde opskrif wat die eerste reël bevat: “Van Paulus, ‘n slaaf van Jesus Christus, geroep tot apostel, afgesonder vir die evangelie van God.”

.

Let op die groot versierde Pi waarvan net die regterkant sigbaar is.

Die laaste vier letters, (iû xû) in die eerste reël is die algemeen gebruikte verkorting van “Jesus” en “Christus”.

.

Op folio 9 kom ‘n invoeging links en regs voor. Magdalen, Oxford

3. Op die meeste bladsye word ‘n invoeging aan die binnekant gevind. Op folio 9 kom ook ‘n invoeging aan die buitekant voor.

Detail, regter invoeging. Magdalen, Oxford

4. Die invoeging op folio 9 in detail.

.

.

.

.

.

.

Detail van Folio 6. Magdalen, Oxford

5.

Op folio 6 word Romeine 1:5-7a ingevoeg: “…deur wie ons genade en apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam, geroepenes van Jesus Christus, – aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges …”

.

.

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

10 Lindisfarne Evangelies

Ou Afrikaanse Vertaling Byble Nuwe Testament Nuwe Afrikaanse Vertaling 1983

Vervangende Buiteblad van die Lindisfarne Evangelies

Die Lindisfarne Evangelies is na vermoede die werk van Eadfrith (†721), Biskop van Lindisfarne (Noord-Ooste van Engeland). Dit word aanvaar dat hierdie kunswerk ongeveer in 715 n.C. ter ere van St. Cuthbert vervaardig is. Die oorspronklike fyn leer buiteblad wat met juwele versier was, is deur die Vikings geroof en ‘n vervangende buiteblad is in 1852 vervaardig.

Kunsblad en Versierde Eerste blad van Lukas

Hierdie manuskrip vertoon die tipiese kalligrafie en kuns van die Britse Eilande in die vroeë middeleeue.

Detail van die kunstige ontwerp

Skildery wat Matteus voorstel met sy Simbool, ‘n man met vlerke agter.

Besondere moeite is gedoen. Aan die begin van elke Evangelie is ‘n skildery wat die Evangelis voorstel. Hierdie stel Matteus voor met sy kenteken, ‘n man met vlerke in die agtergrond.

.

.

.

.

.

.

Gedurende die tiende eeu is ‘n woord vir woord vertaling van die Evangelies in Oud-Engels deur Aldred tussen die Latynse reëls ingeskryf.

Dit is die oudste weergawe van die Evangelies in ‘n Engelse taal.

.

.

.

Laaste blad met inskripsie in Oud Engels in bruin bygeskryf.

Op die laaste bladsy het Aldred ‘n uitgebreide uiteensetting van die detail van die Evangelies in Oud-Engels bygeskryf. Al die name wat hy vermeld kan in ander historiese bronne geverifieer word.

.

.

.

Dit word in die Britse Biblioteek, London bewaar.

.

Hierdie kosbare manuskrip kan aanlyn bestudeer word by: http://www.bl.uk/onlinegallery/sacredtexts/ttpbooks.html

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

#9 Kodeks Ephraemi

Ephraemi Palmpses. Foto deur Google

Hierdie kodeks het begin as ‘n Griekse unsiale manuskrip wat ongeveer 450 n.C. op perkament geskrywe was. Dit het beide Ou- en Nuwe Testamente bevat. Gedurende die twaalfde eeu is die perkament afgewas en benut vir ‘n minuskule Griekse vertaling van agt en dertig asketiese preke van die Siriese St. Ephraemus, vandaar die naam. Sowat vyf-agtstes van die Nuwe Testament is behoue, met dele uit elke boek, buiten vir 2Tessalonisense en 2 Johannes.

Minuskules bo oor Unsiale geskrywe. Foto deur Google

Beide die unsiale letters wat baie soos ons hoofletters lyk, en die minuskules met hul kleiner ronde letters in lopende skrif kan onderskei word. Die bladsy met unsiale skrif was onderstebo gebruik toe die minuskule teks daaroor neergeskryf was.

Die teks van die palimpses is gedurende 1840-1841 deur Tischendorf ontsyfer en gepubliseer.

Minuskule opskrif in koperink. Foto van Google

Die tekstipe is ‘n vermenging van die tipes en stem dikwels ooreen met die latere Bisantynse tekstipe.

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

8. Koptiese Vertalings

Koptiese vertalings van die Nuwe Testament.

Lot en sy dogters. Ou Koptiese Byble. Wikipedia

Tot die Christelike era is Kopties, ‘n laat vorm van oud Egipties geskrywe in Hieraties en Demoties, twee afgeleide vorms van Egiptiese hierogliewe.

‘n Bladsy uit Lukas, Wikipedia

Johannes in Kopties. Wikipedia

Die Christene het egter Griekse Unsiale letters gebruik, aangevul met sewe karakters geneem uit demoties, toe hulle die Nuwe Testament vertaal het in die vier Koptiese dialekte. Teen ongeveer 225 n.C. is die Nuwe Testament vertaal in Sahidies, die dialek wat Suid van die Thebes in bo-Egipte gepraat is. Ongeveer ‘n eeu later is die Nuwe Testament ook vertaal in Boharies, wat in die Nyldelta in Noord Egipte gebruik is. Vertalings in Fayyumies en Achmimies is later ook gemaak.

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

7. Papirus 52

P52 is ‘n fragment van net 6.5x9cm. (2½”x3½”) en bevat slegs Joh.18:31-33 op die voorkant en Joh.18:37-38 op die agterkant. Dit is die oudste deel van Nuwe Testament wat oorleef het.

Voorkant. afdruk van Wikepedia

Agterkant. Afdruk van Wikepedia

Vir lank is aangeneem dat die Evangelie van Johannes eers ongeveer 160 n.C. saamgestel is. Die ontdekking van hierdie fragment in 1920 deur Bernard P. Grenfell het egter bewys dat die Evangelie reeds teen ±125 n.C. bekend was, en inderdaad deur Johannes die dissipel van Jesus geskryf kon wees. Soos die enkele voetspoor in die sand vir Robinson Crusoe bewys was van die bestaan van ‘n ander volledige mens op die eiland, so is die waarde van hierdie fragment onberekenbaar!

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

#6 Cureton Siriese Vertaling

Curetonian Syriac Page         Curetonian Syriac Detail

Afbeeldings van Wikipedia

Die Cureton Siriese Nuwe Testament is ongeveer 450 n.C. vertaal, maar verteenwoordig ‘n teksvorm wat vroeg uit die derde of selfs laat tweede eeu dateer. Dit is tipies van die Westerse Tekstipe. Siries is oor ‘n wye gebied oos van Palestina gebruik.

Die Siriese lettertipes is besonder interessant en in hierdie manuskrip meesterlik uitgevoer.

Die skildery vertoon Moses wat voor Farao verskyn.

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

#5. Kodeks Sinaïtikus ±350.

Kodeks Sinaïtikus. Bladsye ±30x25cm elk

Hierdie kodeks word allerweë as die belangrikste volledige manuskrip van die Nuwe Testament beskou. Dit bevat die volledige Ou en Nuwe Testamente asook enkele apokriewe boeke. Dit is een van slegs enkele manuskripte wat in vier kolomme geskrywe is.

‘n Skeurtjie in die perkament herstel. Let op die netjiese handskrif. Die teks is baie duidelik leesbaar in netjiese unsiale letters. Hoewel daar ook foute in die teks voorkom, is dit duidelik identifiseerbaar. Die teks is egter baie suiwer en kom met die oudste manuskripte ooreen.

Einde 1Johannes, begin 2 Johannes

‘n Klein versiering is aan die einde van elke boek aangebring voordat met die volgende begin is. Hier is die einde van 1Johannes em die begin van 2 Johannes.

Hierdie kosbare manuskrip kan volledig op internet bestudeer word by: www.codexsinaiticus.com


—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

#4 Gigas (the Giant) ±1225.

GigasMatchbox

Hierdie is na alle waarskynlikheid die grootste manuskrip in die wêreld. Elke bladsy is 51cm (20 duim) wyd en 91.5cm (36 duim) hoog! Dit bevat die hele Bybel in Latyn asook die Etymologiae (‘n ensiklopedie in twintig boeke), van Isidore van Seville.

GigasTextDetail5

Kodeks Gigas het talle versierings en sketse, onder andere ook die kunstenaar se idee van hoe die Hemel sou lyk. Baie van die eerste letters van die paragraaf is ook versier, soos hierbo.

Gigas1 “Die Reus” word gereed gemaak om by die Koninklike Biblioteek, Stokholm in digitale formaat gekopieer te word.

Buitengewoon is hierdie kodeks beslis!

GigasDevilFullDit is ook bekend as die “Djävulsbibeln” of “Duiwel se Bybel”, na aanleiding van hierdie skets van “die duiwel”.

Kyk gerus na die volledige artikel en ander foto’s by die volgende adres:

http://www.flickr.com/photos/25300312@N08/with/4699268538/

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

#3 Tirana ±1250

Tirana Manuskrip (Center for study of New Testament Manuscripts.

Hierdie pragtige manuskrip is met enkele goue letters versier. Die skrif is gedoen in die minuskel lettertipe wat algemeen gebruik is sedert ongeveer 850 N.C. Hierdie manuskrip is onlangs ontdek. Gevolglik is hierdie manuskrip nog nie amptelik gekatelogiseer nie. Enige variasies wat daarin mag voorkom, is ook nog nie in die teks van die United Bible Societies opgeneem nie. Die sentrum vir die bestudering van Nuwe Testamentiese Manusktipte sal dit so spoedig moontlik verwerk en beskikbaar stel. Kyk gerus na afbeeldings van enkele van die bladsye op hul webwerf.

Manuskrip 157 is in die minuskule letter tipe geskryf en bevat die vier Evangelies.

Ms 157 is te sien by die “Center for the Study of New Testament Manuscripts.” (www.csntm.org )Hierdie manuskrip is geskrywe vir Keiser Johannes 11 Comnenus (1118-1143). Hierdie is ‘n besonder mooi voorbeeld van die minuskule letter tipe. Elke Evangelie bevat ‘n naskrif aan die einde waarin bevestig word dat dit gekopieer en gekorregeer is volgens “antieke manuskripte in Jerusalem.” Hierdie naskrif word ook in ‘n dosyn ander manuskripte aangetref. Die tekstipe is Siseries wat in hoofsaak die Aleksanrdynse teks volg met enkele Westerse bewoording. Die manuskrip word in die Vatikaan bewaar.Detail van Manuskrip157

—===ooo000OOOIIIMWMIIIOOO000ooo===—

1. Kodeks Rossanensis.Hierdie kodeks uit die sesde eeu is een van die mooiste kodekse ooit. Dit is op fyn pers vellum geskrywe en bevat Matteus en Markus. Die eerste drie reëls is in goud, die res van die bladsy in silwer ink geskrywe.

Detail van ‘n kolom. Let op die netjies gevormde letters. Aan die einde van die reëls is soms sametrekkings van woorde gebruik, of afkortings met ‘n horisontale strepie bo die letters as aanduiding.

Die Rossanensis is die oudste kodeks bekend wat met klein waterverf skilderytjies versier is, sewentien in totaal. Hierdie  skets toon Jesus en Barabbas voor Pilatus. Die man by die tafel is die amptelike hof stenograaf of snelskrywer wat die verrigtinge moes neerskryf.

2 Responses to Besondere Manuskripte

  1. Pingback: 23.5 Kodeks Sinaïtikus | Bybelverskille

  2. Rennie Cooper says:

    Dit is ongelooflik pragtig. Baie besonders

Leave a comment