108 Die hewige stryery tussen die Fariseërs en die Sadduseërs. Hand 23:9

In Handelinge 23:1 – 10 vertel Lukas van die keer toe Paulus voor die Joodse Raad verskyn het, en rusie tussen hulle laat ontstaan het. In vers agt noem Lukas drie sake waaroor die Fariseërs en die Sadduseërs verskil het. Eerstens die opstanding van die dode, en dan ook die bestaan van engele en geeste. Paulus roep die eerste op as die rede vir sy inhegtenisneming en veroorsaak daarmee ‘n verdeeldheid in die Joodse Raad.

In die manuskripte vind ons twee weergawes. Een groep manuskripte vermeld net hierdie drie sake wat Lukas spesifiek noem. ‘n Ander groep manuskripte het ‘n vierde saak, waaroor die Fariseërs en Sadduseërs juis sou saamstem by, naamlik “laat ons nie teen God te stry nie.”

OAV: “Toe was daar ‘n groot geroep, en die skrifgeleerdes van die party van die Fariseërs het opgestaan en heftig gestry en gesê: Ons vind geen kwaad in hierdie man nie; en as ‘n gees met hom gespreek het, of ‘n engel, laat ons nie teen God stry nie.” (Atous 800; Mutinensis 850; Angelikus 850; Porfirianus 850; asook die meeste Griekse minuskul manuskripte ná 900 n.C.)

Die 1983 – Vertaling, asook die NLV en die ASV laat die woorde in donker uit, soos die BDV: “… Ons vind geen kwaad in hierdie man nie. Sê nou ‘n gees of ‘n engel het met hom gepraat?” (Sinaïtikus 350; Vatikanus 350; Aleksandrinus 450 Efraemi 450; Atous Laurae 750; en sommige Griekse minuskul manuskripte.)

Volgens die manuskripte is die weergawe sonder hierdie vierde saak die sterkste verteenwoordig.

Kyk ons na die konteks vind ons hier ‘n hewige stryery. Die twee groepe het sekerlik ook handgemeen geraak, sodat die kommandant Paulus uit hul midde moes red. (Vs.10) Dit is hoog onwaarskynlik dat iemand in so ‘n situasie hierdie verdeelde vergadering sou aanmoedig om nie “teen God te stry nie”. So ‘n oproep pas net waar daar eensgesindheid oor die saak bestaan, maar dat die besluit wat geneem moet word, moontlik teen God se wil in kan gaan. Daar is so ‘n voorbeeld in Hand. 5:39: “…maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie–dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.

Die vraag is egter hoe sou hierdie variasie sou kon ontstaan het. Sou iemand so ‘n direkte oproep om nie teen die wil van God in te gaan nie, uit die manuskrip verwyder het? Dis onwaarskynlik.

Dit is eerder moontlik dat iemand vanuit die vroeëre voorbeeld van ‘n hofsaak tussen die Joodse Raad en in daardie geval Petrus en die ander dissipels, ‘n kantaantekening in sy manuskrip kon aanbring van die raad wat Gamáliël aan die Joodse Raad bedien het. “En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word; maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie–dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.”(Hand.5:39)

So ‘n glos kan maklik aangesien word as iets wat per toeval uitgelaat was, en nou deur ‘n welmenede kopieerder ingevoeg word. Dit kan moontlik ook verklaar waarom hierdie weergawe vir die eerste keer in middeleeuse manuskripte voorkom.

Die weergawe sonder hierdie laaste sinsnede het die grootste moontlikheid om ooreen te stem met die oorspronklike outografie.

Wanneer die manuskripte bestudeer word, kom mens onder die besef dat kopieerders uiters verantwoordelik hul werk gedoen het. Die foute wat wel tot variasies gelei het, het feitlik altyd ‘n logiese verklaring.

Kommentaar onder aan hierdie bladsy of per e-pos aan my by bibledifferences@gmail.com is baie welkom.

Seën

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Glos, Harmoniëring, Konteks. Bookmark the permalink.

Leave a comment