101 Wat Robin Williams ons van die Bybel kan leer.

 

Wat Robin Williams ons van die Bybel kan leer.

Robin Williams is dood. Hulle sê hy het selfmoord gepleeg. Wat kan hy ons van Jesus en die Bybel leer?

Lees ek die berigte oor Williams in die verskillende koerante, is daar talle verskille, soms selfs teenstrydighede. Elke joernalis bekyk immers die saak vanuit sy eie hoek en beklemtoon dié aspekte wat die perspektief ondersteun wat hy bied. Dis goeie joernalistiek. En “Evangelistiek” dan? Moet ons nie juis met dankbare respek die verskille wat tussen die Evangelies bestaan, waardeer nie. En wanneer ‘n Skrif vanuit die Ou Testament in die Nuwe aangehaal word, moet ons nie juis dan die nuanse verskille fyn bestudeer en die Nuwe Testamentiese skrywer toelaat om sy eie unieke klem en toepassing te waardeer sonder om die Ou Testament dienooreenkomstig te wil verstaan of selfs aanpas nie?

Ek sou ook kon vra: “Hoe is dit moontlik dat iemand met so ‘n goeie sin vir humor, so ‘n suksesvolle akteur, so ‘n briljante brein kan selfmoord pleeg?” Ek dink dis nie die waarheid nie. Hulle moet mooi ondersoek instel.  Hy is sekerlik vermoor. Maar selfmoord? Nooit – dit pas nie in my prentjie van wie Williams is, en hoe iemand soos hy sou optree nie! En as Jesus of die Vader anders optree as wat in my prentjie pas?

Veronderstel dat iemand die berig in Beeld sou wou “regstel” en aanvul met die gegewens wat in die Volksblad staan sodat hulle ooreenstem. Veronderstel nou verder dat iemand jare later ontdek dat hierdie gegewens deur ‘n goeie mens daar ingeskryf is, en hy haal dit uit omdat hy die berig wil herstel tot wat Beeld oorspronklik berig het, gaan ons hom kruisig? En as uiters verantwoordelike Bybelondersoekers en Byblevertalers wêreldwyd uit Matteus ontdek uithaal wat een of ander goeie monnik vanuit Markus daar ingeskryf het, sodat ons kan hê wat God aanvanklik vir Matteus laat neerskryf het, moet ons hulle kruisig? Hoe raak dit my wanneer ons huidige Bybelvertalers met soveel meer manuskripte en wetenskaplike bewyse tot hul beskikking, die Woord herkonstrueer tot wat oorspronklik neergeskryf was?

Kyk net na al die verskillende berigte oor Williams. Mense sou my sekerlik as kranksinnig beskou indien ek die afleiding sou maak dat daar nooit iemand soos Williams gelewe het nie – dat hy net ‘n miete sou wees wat deur Hollywood geskep is om hulle filmbedryf te bevorder. En wanneer mense op grond van die verskille in die Bybel die afleiding verkondig dat Jesus slegs ‘n miete is wat deur die vroeë kerk geskep is om die Christelike geloof geloofwaardig te maak?

Johannes skryf: “Hierdie brief skryf ek vir julle sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.”

Seën,

Herman

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Evaluering: maatstawwe, Harmoniëring, Konteks. Bookmark the permalink.

Leave a comment