36 Beskrywing van die hel afgewater?.

36: Die Hel, afgewater
5 Augustus

Midde eeuse illustrasie van die Hel in die Hortus deliciarum manuskrip van Herradus van Landsberg, ±1180. Wikipedia.

In die 1933/53 Afrikaanse Vertaling (AOV) lees ons in Markus 9:43-44: “En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, 44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.”
Die woorde van vs. 44 word in vs. 46 herhaal. Beide verse ontbreek in die ANV, hoewel dit wel in albei vertalings in vs. 48 voorkom.
Wanneer ‘n volledige vers in die nuwer vertalings ontbreek, is dit goed om op die redes te let.
Ons let op die manuskripbewyse. Beide verse het feitlik identiese bewyse:

Markus 9:44 Waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.

Moontlikhede Uitgelaat: Ingevoeg:
Getuienisse Grieks: Vertalings: Kerkvaders: Grieks: Vertalings: Kerkvaders:
101-200 Diatessaron
201-300 Sahidies Ireneus
301-400 א , B, W 1 Siries, Boharies, Fayumies 1 Oud Latyn, Vulgaat, Goties
401-500 C 1 Oud Latyn, Armeniaans, Georgiaans A, D 3 Oud Latyn, 1 Siries Augustinus
501-600
601-700 3 Oud Latyn, 1 Siries
701-800 L, Ψ 2 Oud Latyn
801-900 Δ K, X, Θ, Π
901-1000 f1 f13
Minuscules 4 Minuskules 9 Minuskules Oud Latyn

Kyk ons na die tabel hierbo, is dit duidelik dat die meeste ouer Griekse manuskripte die betrokke verse uitlaat.
Wat ons onmiddelik opmerk, is dat die oudste manuskripbewys vir hierdie verse die Diatessaron van Tatianus is. Hy het ± 150 n.C. ‘n aaneenlopende verhaal van die vier Evangelise geskep. Daarin het hy doelbewus die weergawes binne ‘n Evangelie asook die weergawes van die een Evangelie met die ander geharmonieer. Dit is heel moontlik die oorsprong van hierdie verse.
In hierdie geval veroorsaak die invoeging van vs. 48 na verse 43 en 45 ‘n vreemde herhaling van die “vuur wat nie uitgeblus word nie”. Word die perikoop egter geneem soos dit in die oudste manuskripte voorkom, is daar ‘n logiese opbou. Markus 9:43-48, ANV: “As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur. En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word. En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word.”
Die belang van hierdie perikoop is nie die herhaling van die verskrikking van die hel nie, maar die belang om te waak oor wat mens doen, waarheen jy gaan en waarna jy kyk. Sonde volg gewoonlik in die teenoorgestelde volgorde. Eers kyk mens na iets begeerliks, of dit iets materialisties is, of ‘n mooi persoon met wie jy nie getroud is nie, of selfs pornografie. Op hierdie punt is dit nog die maklikste om “halt” te roep! Indien jy nie hier stop nie, soek jy gewoonlik ‘n plek om hierdie groterwordende drang te ontmoet, en kort daarna beleef jy weer die pyn van hartseer omdat jy nog ‘n keer misluk en gesondig het. Die hartseer is dat hoe langer mens aan die sonde toegee, hoe sterker word sondige genot! Dit maak nie saak hoe dikwels of hoe skrikaanjaend die naderende hel beskryf word nie, dit verloor sy krag!
Elke mens moet self beheer neem en breek met die sonde wat in sy lewe vastrapplek wil kry!

Seën!

Herman.

About Herman of bibledifferences.net

The reasons for the differences between older Bibles like the King James Version and newer Bibles like the New International Version have fascinated me ever since my studies in Theology at the University of Pretoria in the seventies. I have great respect for scribes through the ages as well as Bible translators, so there must be good reasons for the differences. With more than 5600 Greek manuscripts and more than 19000 manuscripts of ancient translations to our disposal, the original autographs of the New Testament can be established without doubt. I investigate the reasons behind the differences and publish the facts in a post on my blogs www.bibledifferences.net (Afrikaans: www.bybelverskille.wordpress.com) to enable my readers to judge for themselves. Personally I love to make an informed decision based of facts. That is why I endeavor to provide that same privilege to the readers of my blogs. Since 1973 I am married to my dear wife and greatest friend, Leah Page, founder director of Act-Up Support (www.actup.co.za) a prayer ministry for families struggling with drug-, occult- and other dependencies. We are blessed with two daughters and two sons, four grand sons and two grand daughters. God is alive and omnipotent! Glory to His Name! Herman Grobler.
This entry was posted in Diatessaron, Harmoniëring. Bookmark the permalink.

4 Responses to 36 Beskrywing van die hel afgewater?.

  1. Pingback: 20 Doelbewuste Veranderings 3. | Bybelverskille

  2. Pingback: 18. Geografiese en Harmonierings Veranderings | Bybelverskille

  3. Jaco says:

    Ek dink buitendien “hel” het onwelkome konnotasies. “Ewige verderf,” “vergetelheid,” “doderyk” dra baie beter die Grieks-Joodse konsep van “gehenna” oor.

  4. Ek stem saam, Jaco, maar dis nou eenmaal die woord wat in Afrikaans gebruik word. “Vergetelheid” hou moontlik gevaar in dat mense kan dink dat daar nie regitg straf kom nie, en dat verlore mense net maar in ‘n soort slaap ingaan.

Leave a comment